Day: November 4, 2020

Fietsryklub: Rekords spat in M2C

Saterdag het die fietsry-entoesiaste die pad vanaf Malmesbury na Yzerfontein aangedurf in die Malmesbury-fietsryklub se jaarlikse M2C-uitdaging. Vanjaar  het  ‘n  rekordget- al van 67 fietsryers hieraan deelgeneem. Ashlin Nicholas is aangewys as King of the Mountain.
Marisa van der Merwe het die titel van Queen of the Mountain ingepalm.Vanjaar het ook die meeste vroulike inskrywings gesien en selfs die jongklomp het deelgeneem. Om by die klub aan te sluit, beloop R100 per jaar.

Vir meer inligting, asook inskrywingsvorms, besoek die klub se web-tuiste op www.malmesburyfietsryklub.co.za

Begroting: Wat jy moet weet

Daar is altyd ‘n gevoel van afwagting voor die toespraak van die Minister van Finansies, Tito Mboweni, en hierdie keer was dit nie anders nie. Inteendeel, die afwagting was waarskynlik hierdie keer meer intens as gewoonlik,  aangesien die begrotingsrede met ‘n week uitgestel is. Maar soos ons nou gewoond geraak het, het die Minister van Finansies onder die omstandighede ‘n redelike matige begroting gelewer, sonder enige groot verrassings. Die  minister het aangevoer dat ons nou in ‘n soortgelyke posisie is as wat die ekonomie hom in 1994 bevind het
– dat daar uitdagings is, maar dat daar groot potensiaal is.
Ekonomiese groei het hierdie jaar in duie gestort, nie uitsluitlik as gevolg van die pandemie nie, maar hoofsaaklik as gevolg daarvan.
Hoewel die Nasionale Tesourie ‘n skerp herstel in ekonomiese groei in die laaste kwartaal van 2020 verwag, sal  die  ekonomie  na verwagting steeds met 7,8% inkrimp (slegter as  die  Minister  se Junie-vooruitkatting). Hierdie onopwindende vooruitsigte beteken dat die dubbele doelstelling om fiskale besparingsmaatreëls in te stel, terwyl daar gepoog word om die ekonomie vinniger te groei, ‘n uitdaging sal bly.
In die konteks van SA se openbare finansies, bly die groot vraag wat  gedoen  gaan  word  aan die enorme skuldlas. Daar word verwag dat SA se skuld-tot- ekonomiese groei (BBP) verhouding sy hoogtepunt sal bereik op 95.3%

teen die jaar 2023/4, terwyl die verwagting vroeër was dat dit die hoogtepunt sal bereik op 87.4%. Dit is weereens ‘n voorbeeld van hoe die doelwitte aanhoudend geskuif word. Ander brandende kwessies soos die loonrekening van die openbare sektor, en die bedrywighede van staatsbeheerde instellings is bloot in die verbygaan aangeraak sonder om enige noemenswaardige hervormings of planne van aksie te bespreek.
Beleggers in aftreefondse sal wel verlig wees om te verneem dat voorgeskrewe bates waarskynlik nie gebruik gaan word om staatsinstellings of -infrastruktuur te finansier nie.
Ten spyte hiervan het die regering daarin geslaag om nog R10,5 miljard vir die SAL te voorsien en is daar steeds slegs lomp praatjies rakende die loonrekening van die openbare sektor. Dit voel asof pogings om dit te verminder ongeveer soveel kans het op sukses as die vervolging van politici wat van staatskaping beskuldig word.
As ons vorentoe kyk, bly ons toegewyd om ons beproefde prosesse en beleggingstrategieë  te volg, wat goeie vrug afgewerp het ten spyte van hierdie onstuimighede in die ekonomie en markte.
Die vooruitsig bly uitdagend, maar daar is beslis munt te slaan uit hierdie onsekerheid, beide in SA en ook in die buiteland.

Jac de Wet CFP® MComm PSG Wealth

“Project Survival” vat vlam

Op 6 November 2019 het die heel eerste Swartland Joernaal op straat verskyn. Min weet egter wat agter die skerms gebeur het en het maar net ‘n nuwe gesig op die rakke gesien.
Wel, in die groep van Swartland Joernaal, staan hierdie koerant eintlik bekend as “project survival”, so gedoop deur mede-direkteur, Darren Foot-Lombard.

Die meeste van die personeel van Swartland Joernaal het ‘n week tevore hul werk verloor en het noodgedwone en onder moeilike omstandighede ‘n plan beredder om ‘n toekoms vir hulself te verseker.
“Ons het nie ‘n keuse gehad nie. Ons het nie werk gehad nie en ons moes iets doen. So, na ‘n braai by die verspreider se huis, ‘n groot beplanningsessie en baie hoop, is Swartland Joernaal gebore,” vertel mede-direkteur Izélle Fouché.

Maar, alles het nie net glad verloop tot die Woensdag toe die koerant op straat was nie. Daar was eers onderhandelinge, wat op nommer 99, ‘n paar minute voor saktyd, deur die mat geval het. Skielik moes daar met ‘n nuwe naam, nuwe identiteit en nuwe mashoof opgekom word.
Daar is in die kantoor saamgespan, gedink, idees rondgegooi en so was Swartland Joernaal die naam wat vasgesteek het in almal se koppe.

Daar is voortgestoom om die koerant te finaliseer en na die drukkers te stuur. Ná die dolle week, het almal ‘n slaak van verligting gesluk, want om dit as stresvol te beskryf, is maar om ‘n doring soos ‘n stukkie watte te beskryf. “Ons het nie geslaap nie. Ons moes onsself heeltyd verduidelik aan lesers en kliënte. Ons moes verduidelik wie ons is, wie en wat die koerant is, waar ons vandaan kom, maar ons het dit gedoen. Dieselfde storie dag na dag vertel. Dit was verblydend en bemoedigend om te sien hoe lesers en adverteerders ons ondersteun het en ons verwelkom het,” vertel Fouché.
“Ons het ‘n groot sin van verantwoordelikheid teenoor ons span. Ons is eintlik almal wees- werknemers, want ons het almal met bagasie in die besigheid ingekom. Ons was almal onseker, want ons het nie geweet hoe ons hierdie ding gaan laat werk nie, maar ons het nie ‘n keuse gehad nie. Dit het ons saamgevoeg tot een ysterspan wat vir niks terugstaan nie,” sê Foot- Lombard.


Met ‘n span wat nie omgee om na-ure te werk nie, waar niks ooit onmoontlik is nie, waar alle nuwe moontlikhede probeer word, is dit ‘n plesier om weekliks ‘n koerant op straat te kry – aldus Fouché.
Gedurende die aanvanklike grendeltyd, het Swartland Joernaal besluit om sy deure tydelik te sluit, ter wille van die gesondheid en veiligheid van die personeel en publiek. “Dit was nie maklik nie. Ons het nie geweet wat om met onsself aan te vang nie, want ons was nie gewoond daaraan om nie besig te wees nie,” sê Foot-Lombard.

“Dis toe wat ons met nuwe idees en nuwe planne vorendag gekom het,” sê Fouché. Dit is juis in hierdie tyd wat Swartland Joernaal se moedermaatskappy, Swartland Media, begin vlerke kry het.
Swartland Media voorsien in alle bemarkingsmateriaal asook korporatiewe geskenke aan ondernemings.

Kuberkrakers knak Swartland Munisipaliteit se sisteme

Die Swartland Munisipaliteit was oor die naweek van 24 en 25 Oktober slagoffer van ‘n kuberaanval, waardeur ongemagtigde toegang tot sekere van die munisipale rekenaarnetwerke verkry is.
Gelukkig kan ons meedeel dat hierdie sekuriteitsbreuk nie ons finansiële bestuurstelsel raak nie, en dat verbruikers dus gerus kan wees dat hul rekords en persoonlike rekeninginformasie op ons stelsels nie geaffekteer word nie. Die heffing en betaling van rekeninge, asook voorafbetaalde kragverkope gaan soos gewoon voort.
Sekere van ons interne dokumente- en prosesbestuurstelsels wat deur Microsoft- sagteware bedryf word, word egter wel geraak.

Hierdie stelsels is tydelik in die geheel afgesluit om te verhoed dat dit verder gekompromitteer word. Die feit dat ons  tans  nie  toegang  het tot hierdie stelsels nie, beïnvloed wel ons effektiwiteit en produktiwiteit, maar met die hulp  van  kundiges  werk  ons  onverspoosd  om toegang te herwin tot hierdie inligting, ingesluit aan gebeurlikheidsplanne om interim bestuurstelsels te skep.
Totdat ‘n nuwe e-posbediener in werking gestel word, is ons personeelkorps tans ook nie in die posisie om u e-posse te ontvang of op hierdie wyse met u te kommunikeer nie. Indien u dringend met ons wil skakel, kontak ons asb telefonies of per e-pos by ons tydelike adres, synde swartland.mun@gmail.com.

Malmesbury Sakekamer: Stem nou vir jou gunsteling

Die finaliste in die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is Maandag bekend gemaak.
Dit volg nadat die nominasieproses, waartydens enigiemand sy (of haar) gunstelingdiensverskaffers kon nomineer, Vrydag gesluit het.
In die kategorie vir klein besighede is Bergzicht Dierekliniek, Beyond Beauty, Echosat, J&E Auto Elektries, Malmesbury Guest House en Octavoscene die finaliste. Vir medium besighede het Henk’s Vleismark/Kekkel & Kraai, Insulated Project Solutions, Le Minnie Attorneys,

Stuur jou nuuswenke na izelle@swartlandjoernaal.co.za of kontak ons by 022 487 1670.
Besoek ons webtuiste by
www.swartlandjoernaal.co.za of raak deel van ons sosiale
gemeenskap op
Instagram by @dieswartlandjoernaal of op Facebook by
@SwartlandJoernaal.

Malmesbury Kwekery en Swartland Joernaal die meeste nominasies ontvang. In die afdeling vir groot besighede kompeteer AR24, Kaap Agri, Malmesbury Superspar, Sabino Canyon Spur en RSA Makelaars met mekaar vir die eerste
plek.
Vanjaar het die Sakekamer ook ‘n ekstra kategorie bygevoeg, naamlik die individu wat volgens inwoners uitstaande diens lewer en gereeld die

ekstra myl stap om kliënte te help.
Hiermee moedig die Sakekamer individue binne enige werksopset aan om voortdurend die beste moontlike diens te lewer. Die genomineerdes vir hierdie afdeling is Dr Sanel Lourens van Bergzicht Dierekliniek, Julian Naicker van Insulated Project Solutions en Maré Nel van RSA Makelaars.
“2020 het uiters harde eise aan ons sakemanne en -vroue gestel, daarom wil

ons baie graag hierdeur erkenning gee aan elkeen wat regdeur die jaar vasgebyt en op die koop toe uitmuntende diens verskaf het aan die mense van ons omgewing,” het die Sakekamer Maandag in ‘n verklaring gesê.
Om te stem vir jou voorkeur diensverskaffer of individu, besoek www.sakekamer.co.za
Die stemproses het gister geopen en duur tot 15 November 2020 om 23:00.

Hoe staan sake in die landbousektor?

LANDBOU KALENDER: NOVEMBER 2020

Wyndruiwe
Die  blomperiode  word  alomweë  beskou as die mees kritieke stadium vir die  beheer  van donsskimmel. Produsente word sterk aangeraai om tydens hierdie periode, ongeag weersomstandighede, ‘n goeie sistemiese middel toe te dien wat onder meeste klimaats toestande primêre infeksie sal voorkom.
Streke wat onderhewig is aan botrytis infeksies, kan gereed maak vir bespuitings vanaf direk voor blom.
Inspekteer gereeld vir die voorkoms van witluis infestasies. Skenk veral aandag aan blokke waar vroeë peritroidbespuitings vir snuitkewer toegedien is. Kruiperbeweging begin normaalweg in die middel van November.
Letvoortsopsporadieselenteplaagkomplekse soos springkane, bladspringers ensovoorts.
Somerloofhantering moet nie agterweë gelaat word nie. Tydige suiering van waterlote

en die top van geil groeiende dralote is nie net heilsaam vir die spesifieke seisoen nie, maar vergemaklik ook die snoeiproses in die komende seisoen. Verwydering van blare in die trossone verbeter die mikroklimaat van die stokke en verhoog die effektiwiteit van bespuitings.

Kleingraan
Alhoewel die gevaar van laatseisoen Bolwurm infestasie  feitlik  verby  is,  mag  dit  in sommige streke steeds nodig wees vir die gereelde monitoring vir die plaag.
Platsny van koring moet slegs oorweeg word
waar:
a) ‘n potensiaal van windskade bestaan
b) groen onkruid tussen ryp grane
voorkom
c) waar onegalige ontwikkeling van die gewas voorkom.
Vir die korrekte stadium waarby koring platgesny word, moet ‘n verteenwoordigende koringpit tussen die vingers gekneus word.

Sodra daar nie meer vry vog sigbaar is nie, kan daar voort gegaan word om plat te sny.
Vir die platsny van canola geld dieselfde redes as by koring. Duidelike kleurkaarte is beskikbaar om die produsent te help met die korrekte tyd van hierdie proses.
Canola kan chemies “platgesny” word. LET WEL!! Slegs geregistreerde handelsmerke mag aangewend word vir hierdie doel. Aankopers van canola gaan streng volgens protokol aankoop.
Wat die oesproses van canola betref moet produsente daarop let dat oesverliese van so hoog as een ton per hektaar maklik kan plaasvind as stroperverstellings nie korrek is. Gereelde monsterneming in die kafry sal vroegtydig kan bepaal of verstellings nog inlyn is.

Frik Potgieter (Onafhanklike Landboukonsultant) Agricure Consult
Sel   083 634 9850
agricure.con@gmail.com

Groot potensiaal vir koring en kanola

Die  gematigde  lenteperiode  wat  die grootste gedeelte van die Wes-Kaap hierdie seisoen geniet het, is duidelik sigbaar in die opbrengspotensiaal van die oes op hande. Wat die kanola betref wil dit voorkom asof daar ongekende opbrengste gerealiseer word.
Hierdie waarneming is veral sigbaar in die droër gedeeltes van die streek (Darling, Aurora, Vredenburg) wat ‘n relatiewe kort seisoen beleef het. Aanvanklike skattings het aan die begin van die seisoen getoon dat dit ‘n gemiddelde seisoen beloof om te wees.
Alhoewel die streek baie onlangs begin stroop het en daar nog baie hektare is om geoes te word, is die aanduidings dat dit die opbrengste van 2018 vêr kan oorskry.
Dieselfde situasie geld vir die middel Swartlandstreek. Die oes van kanola het ook maar pas in aanvang geneem, maar  reeds  is dit duidelik dat goeie, moontlik rekordoeste, verwag kan word. Die koel weer wat tans beleef word kan meehelp in die rypwordingsproses en
kan voordelig wees vir opbrengs en kwaliteit.

Wat koring betref is daar nog baie min geoes, maar dit wat wel gestroop is toon dieselfde tendens as by die canola naamlik goeie opbrengste wat ‘n mens herinner  aan  die oesjare van 2016 en 2018. Sommige produsente is verstaanbaar bekommerd oor die moontlike negatiewe inpak wat reën aan die opbrengspotensiaal/kwaliteit van die oes mag doen. Die voorspellings dui egter daarop dat min indien enige reën vir die onmiddelike periode voorspel word. Die gerusstelling kan ook gegee word dat staankoring min indien enig deur vog benadeel word.
Platgesnyde koring kan egter  benadeel word indien daar genoeg reën val wat die grondvogstatus kan verhoog en wanneer daar min of geen wind is om spoedige afdroging te bewerkstellig nie.
Die hawer en kuilvoer opbrengste was hierdie seisoen duidelik in ‘n klas van hul eie met ongekende opbrengste in beide graanoes en nat massa.