Day: November 12, 2020

MEMORIUM

PIETER LUKAS. 10 November – 4 Jaar van ons weggeneem. Ons koester die mooi herinneringe en mis jou vreeslik. Van: Basson, Sedeman en Lukas gesinne


UNA MAY. 11 November, is dit vier jaar wat jy weggeneem is van ons. Ons mis jou, maar weet jy is ons beskerm-engel. Rus sag. Van: Basson, Sedeman en Lukas-gesinne


CHESTER STUURMAN – 13 November is jy drie jaar weg van ons. Die verlange is nog steeds so groot. Ons is baie lief vir jou. Van: Stuurman-, Afrika en Baadjies gesin.


FILIDA STUURMAN – 14 November is jy vier jaar weg van ons. Ons mis jou
verskriklik baie. Van: Stuurman. Afrika en Baadjies gesin.


ELSIE ADAMS – 11 November, sal Mamma drie jaar van ons weg wees. Ons mis Mamma nog so baie. Rus sag. Van: suster Jomark en Mickyla


MARK VAN DER WESTHUIZEN – 10 November – Ses jaar weg en dit voel nog
steeds soos gister. Ek mis Dadda baie en jy sal altyd in my hart wees. Van:
dogter, Micaela


12 November – FLANCHE ESBACH. Vandag, sou dit jou verjaarsdag gewees het Mammie, maar God het anders besluit. Ons harte is nog seer, maar moet ons daarin berus dat jy op ‘n beter plek is vandag. Ons mis Mammie nog elke dag. Van: jou Dogter, skoonseun en al jou kleinkinders – Rus in vrede


ADAM (BOEL) ADONIS – 15 November, sal dit een jaar wees wat die Here Pa kom haal het. Die genis is groot, ‘n leemte is gelaat, maar ons sê vir die Here dankie vir die mooie “memories” wat ons het. Baie liefde van jou vrou (Lea), kinders, skoondogters en kleinkinders.

GELUKWENSING

CHRISTOPHER FARAO. 12 November. Hartlik geluk met jou verjaardag. Mag die nuwe lewensjaar veel persoonlike vreugde, geluk, liefde en seëninge vir jou bring. Liefde – Almal van ons

JOHNNIC NELL – 15 November. Ons wens vir jou die mooiste lewensjaar toe met emmers vol liefde en kruiwaens vol geluk en seëninge. Baie liefde – Mammie, Oupa en die res van familie

CINDY ABRAHAMS – 16 November – Thank God for adding another year in your life, may God bless and keep your safe. May He always be by your side to protect and uphold you and give you the love and comfort. From-Stoffel Kapira

FABAIN SWARTS – Kyk wie verjaar op 11 November. Baie geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is vir die toekoms wat voorlê. Van: Ma en res van die familie

MICKYLA ADAMS – 12 November. Baie geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is vir jou. Van: ma Wiesa en res van familie

JAPIE – Veels geluk met jou verjaardag op 14 November. God se rykste seëning. Jy moet jou dag geniet, Liefde – Monika en Faren

Baie geluk met julle 2 se verjaarsdae op 14 November. Hoop julle geniet julle dag saam. Van: Faren en kinders .Geluk “guys, take it cool” Van: Monica

15 November – Aan ‘n lieflike suster. Veels geluk met jou verjaarsdag MARIE HENDRICKS, geniet dit. Van: Monica Hendricks, Chantal en kinders

Raai wie word 21 op 14 November? Baie geluk met jou mondigwording. Mag God jou ryklik seën. Liefde – Tannie, Caleb, Keanu, Tammy en Gurty

TE HUUR

Malmesbury : Tuinwoonstel – 1 Slaapkamer, aparte badkamer, Oopplan sitkamer/ kombuis. Netjies en veilige parkering. Kontak: 071 099 4738

TE HUUR

Malmesbury – Ruim 3 slaapkamer huis met toesluit motorhuis. Groot omheinde erf. Veilige omgewing. Loopafstand van Middedorp en skole – R8 250,00 per maand. Kontak: 079 837 7885

Gesoek

Plaashuis in Malmesbury-omgewing gesoek om te huur. Skakel 079 837 7885

Nasionale toernooi bekendgestel

“Sport is die voertuig om baie van ons land se probleme uit te sorteer.”

Dit was Donderdagaand die boodskap toe die Malmesbury Toutrekklub die amptelike bekendstelling gedoen het van die nasionale junior toutrekkampioenskap wat van 26 tot 28 Maart 2021 op Malmesbury plaasvind.

Dit word gesamentlik deur die plaaslike toutrekklub en Malmesbury Landbougenootskap gereël.

“Wanneer ‘n dorp se munisipaliteit en sakemanne saamwerk om honderde toutrekspanne en hul gesinne van regoor die land te ontvang, kan dit die dorp ‘op die verhoog plaas’,” het die sakemanne wat die funksie bygewoon het, gehoor.

So ‘n kampioenskap lok jaarliks 5 000 tot 8 000 besoekers. ‘n Nuutjie by die 2021-byeenkoms is die laaste dag se kragmeting, wanneer internasionale spanne teen die sterkste SA-juniors van die byeenkoms sal kompeteer.

Die kameraderie, kultuur en dissipline van toutrek as spansport, asook die fiksheid wat toutrek meebring sodat deelnemers rég is wanneer wintersport kort daarna volg, is ook belig.

“Sedert 2000 het toutrek op plattelandse dorpe begin groei. Malmesbury is bevoorreg om uiters kundige mense in die toutrekbedryf te hê – manne soos Bennie Geldenhuys, Erhard Buhr en ander oud-nasionale trekkers wat nog steeds die sport aktief bevorder,” sê Rentia van den Berg, voorsitter van die Malmesbury Toutrekklub.

“Ons klub het in 2017 weer aktief geraak met junior- en seniortoutrekkers. Selfs sesjariges trek ywerig saam.”

Daar word ‘n beroep gedoen op alle besighede en individue wat by hierdie groot geleentheid op die Malmesbury-kalender betrokke wil raak – hetsy as borg, finansieel of in dienste-kapasiteit – om vir Rentia (060 508 5144) of Bennie Geldenhuys (083 412 3069) te skakel.

• Het jy geweet? Toutrek word wêreldwyd as dié top-amateursport gereken. Die heel eerste spansport wat Suid-Afrika na die Olimpiese Spele gestuur het, was ‘n toutrekspan in Augustus 1920.

•Sarie Nell

Swem

Swem:

Die Swartland Swemklub het die naweek gasheer gespeel vir die jaarlikse uitnodigingsgala. Altesaam 24 klubs en 421 deelnemers het in die swembad meegeding. Swartland het 55 deelnemers gehad en het ‘n algehele eerste plek behaal met 3108.5 punte, waarvan 1371.5 deur die seuns en 1357 deur die meisies aangeteken is. Al het moeder natuur nie haar volle samewerking gegee nie, het die swemmers nie onder die ekstra druk geswig nie en hul goed van hul taak gekwyt. Vanaf 15 tot 18 Desember word die WC Long Course-kampioenskappe ook op Malmesbury aangebied. Hier sal 11 swemmers die Swartland-klub verteenwoordig.

Stem nou!

Die finaliste in die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is Maandag bekend gemaak. Dit volg nadat die nominasieproses, waartydens enigiemand sy (of haar) gunstelingdiensverskaffers kon nomineer, Vrydag gesluit het.

In die kategorie vir klein besighede is Bergzicht Dierekliniek, Beyond Beauty, Echosat, J&E Auto Elektries, Malmesbury Guest House en Octavoscene die finaliste.

Vir medium besighede het Henk’s Vleismark/Kekkel & Kraai, Insulated Project Solutions, Le Minnie Attorneys, Malmesbury Kwekery en Swartland Joernaal die meeste nominasies ontvang.

In die afdeling vir groot besighede kompeteer AR24, Kaap Agri, Malmesbury Superspar, Sabino Canyon Spur en RSA Makelaars met mekaar vir die eerste plek. Vanjaar het die Sakekamer ook ‘n ekstra kategorie bygevoeg, naamlik die individu wat volgens inwoners uitstaande diens lewer en gereeld die ekstra myl stap om kliënte te help. Hiermee moedig die Sakekamer individue binne enige werksopset aan om voortdurend die beste moontlike diens te lewer.

Die genomineerdes vir hierdie afdeling is Dr Sanel Lourens van Bergzicht Dierekliniek, Julian Naicker van Insulated Project Solutions en Maré Nel van RSA Makelaars.

“2020 het uiters harde eise aan ons sakemanne en -vroue gestel, daarom wil ons baie graag hierdeur erkenning gee aan elkeen wat regdeur die jaar vasgebyt en op die koop toe uitmuntende diens verskaf het aan die mense van ons omgewing,” het die Sakekamer Maandag in ‘n verklaring gesê.

Om te stem vir jou voorkeur diensverskaffer of individu, besoek www.sakekamer.co.za

Die stemproses open vandag 3 November om 8:00 en duur tot 15 November 2020 om 23:00.