Month: March 2021

De Korenvlij opening

Die De Korenvlij-sentrum op Malmesbury het Donderdag amptelik hul deure geopen. By hierdie geleentheid het die kontrakteurs, ontwikkelaars, huurders en ander belanghebbendes kans gehad om mekaar te ontmoet en ook die lint-knipseremonie deur die uitvoerende burgemeester van die Swartland, raadsheer Tijmen van Essen, by te woon.

Motorsport

Eudrich Huysamen (15) van Malmesbury gaan vanjaar in ‘n ander afdeling van motorresies sy stempel probeer afdruk – die Formula V (1600VW).

Dit sal ‘n groot verandering vir hierdie kranige renjaer wees, aangesien hy verlede jaar in die Formula M (Honda 400cc) deelgeneem het. Weens sy ouderdom moes hy spesiale toestemming vanaf MSA (Motorsport Suid-Afrika) ontvang om
hieraan deel te neem. Sy droom is om eendag professioneel in Europa en die VSA te kompeteer, maar vir nou is dit “oefen, oefen, oefen”. Elke Dinsdagaand neem hy ook aan ‘n virtuele resies, iRacing, deel.

CK se Gershwin oor (die) Afgrond

Aan talentvolle mense, is daar geen tekort in Malmesbury. Die voorreg was myne toe ek onlangs met Gershwin Cloete, te sien in die sepie, ‘Afgrond’, kon gesels.
Hy vertolk die rol van ‘Boetie Manie’ en dit word tans gebeeldsend op kanaal 144 op Kyknet & Kie.
Hierdie rustige en beskeie jongman is ‘n trotse boorling van Malmesbury. Sy liefde vir drama het begin blom gedurende sy hoërskool jare.
Hy vertel trots en praat met lof van mnr. Peter-John Davids, wat direk daarvoor verantwoordelik was. Gershwin het destyds by die dramagroep van mnr. Davids, ‘Utando for Theater’, aangesluit waar hy baie ondervinding asook blootstelling aan die kunste ervaar het.
In 2011 voltooi hy sy skoolloopbaan aan Schoonspruit Sekondêr en raak terselfdertyd betrokke by projekte by SA Films.
Hy sluit aan by die agentskap ‘Blue Star’ en kry die geleentheid om verskeie kontakte in die industrie op te bou.
Terwyl hy in 2018 ‘n rol losslaan in die sepie ‘Die Byl 2’, kom alles in sy lewe kort daarna tot stilstand met sy ma se siekbed.
Hy moes voltyds na haar omsien, maar is dankbaar vir die tyd wat hy saam met haar kon deurbring. Na haar dood was hy weer beskikbaar om oudisies te doen.
Alhoewel dit hom besig hou en help om rekeninge te betaal, erken Gershwin dat sy groot liefde eintlik lê by die teater. Die interaksie van ‘n lewende gehoor is baie meer vervullend.
Die opname van ‘Afgrond’ het reeds in 2020 plaasgevind waarvan groot gedeeltes in Kalbaskraal verfilm was. Hy vertel dat die opneem van tonele baie harde werk is en somtyds lang ure kan beteken. Maar almal op die stel is gewoonlik baie vriendelik.
Dit is baie duidelik dat daar ‘n baie rooskleurige toekoms vir Gershwin voorlê.
Uit ons gesprek kon ek aflei dat hy sy voete ferm op moeder aarde het. ‘n Selfversekerde, selfstandige asook nederige jong man.
Hy begin op 29 Maart met opnames vir nog ‘n toekomstige sepie, ‘Alles Malan’. Ons wens hom alle voorspoed en sukses toe op sy pad vorentoe.

In en om die Huis

Beurtkrag en jou veiligheid

Jou veiligheid en beurtkrag
Beurtkrag tref Suid-Afrikaners meer gereeld die afgelope jare en dit is juis nodig om dan ekstra veiligheidsmaatreëls te tref om jouself en jou gesin en besigheid veilig te hou.
Linden Ferres van Echo Protected Services het ‘n paar veiligheidswenke met Swartland Joernaal gedeel.
Volgens Ferres het elke alarmstelsel sy eie rugsteun-battery. Dit is egter uiters belangrik om seker te maak dat jou battery nog optimaal funksioneer.
Indien die battery ouer as een jaar is, stel Ferres voor dat dit vervang moet word. Wanneer battery se lewensduur korter raak, sal die alarm nie ‘n sein uit kan stuur na jou sekuriteitmaatskappy se beheerkamer nie .
Met beurtkrag in die nag, is dit van kardinale belang om ekstra veiligheidsmaatreëls te tref.
“Eerstens, sorg altyd dat jy toegang tot lig het. Sorg dat daar by elke uitgang ‘n flits is. So ook by jou bedkassie en sorg dat jou kinders gedurende beurkrag naby jou slaapkamer slaap.
“Gee altyd aandag aan die straat se honde se blaf. Hulle reaksie sal jou ‘n aanduiding kan gee van beweging in die straat.
Is daar iets wat ek kan doen wat sal maak dat ‘n inbreker my huis sal oorsien, omdat dit vir hom net te veel na moeite lyk om by my in te breek?
Verseker. Om honde te hê is n opsie, asook ‘n goeie skoon agterplaas niks waar rondstaan wat ‘n inbreker se oog sal vang nie.”
Wat sal jy aanbeveel vir persone wat alleen woon, of waar ‘n enkel ouer saam met ‘n kind woon, om hulself te beveilig. Watter opsies van beveiliging is daar? Pepersproei? Hoe werk dit?
“Beslis pepersproei. Sluit ook aan by jou buurtwag-groepe.
“Leer kinders om altyd deure gesluit te hou en om vir niemand oop te maak nie. Belê beslis in ‘n alarmstelsel. Met ‘n noodknoppie in kinders se kamers, ook in die hoofslaapkamer. Sorg dat kinders nie vir langer aan ‘n halfuur hulle rekenaarspeeltjies speel met hul oorfone op nie. Iets kan gebeur en dan dra hy/sy geen kennis van wat in die huis aangaan nie.”

Huis en Tuin – Caring for your floors…

Top Carpets and Floors gave us these handy hints to care for your floors.
In order to protect your investment, maintain the beauty of your floors, extend its life as well as comply with your warranty instructions, it is crucial that you conform to the correct maintenance procedures. All suppliers of Flooring products have a variety of T’s & C’s which one must strictly adhere to in order for their Warranties to be upheld in the event of a claim. These warranties are in most cases available on the suppliers website. The vast majority of T’s & C’s apply to the correct maintenance of the product so make sure you are fully acquainted with the requirements for the product you have chosen.
Please note: All procedures need to be carefully applied. Never rub vigorously plus only work from the outside of the stain/spill towards the centre. ALWAYS test any method or chemical on an obscure area first to ensure there is no adverse effect on the colour or product.
Carpets: Always treat the affected area immediately. The longer the spill sits there, the harder it’ll be to remove the stain.
Laminates: Avoid excessive quantities of water at all times. Use a properly wrung-out mop. Always dry afterwards.
VINYL PLANKS/TILES/SHEETING: Before placing any chairs or furniture on your new vinyl floor always check the condition of the legs so as to prevent any potential cuts or scratches.
BLINDS: The various types of blinds require specific instructions for cleaning and maintenance.
RIGID BOARD VINYL FLOORING: Avoid excessive quantities of water at all times. Use a properly wrung-out mop. Always dry afterwards.
For more information and care sheets, visist www.topcarpetsandfloors.co.za

H & T Kwekery gee raad…

Ons is nou amptelik in HERFS !!
Die oggende en aande is heelwat koeler en die ergste warm dae het bietjie gewyk. Kom ons gesels bietjie oor ons HERFSTUINE en die plant van BLOMBOLLE vir laat winter en lente blommeprag. Indien jy nog nie begin het met jou grondvoorbereiding nie, is dit nou die tyd om jou grond reg te kry en te besluit wat plant jy waar.
• Blombolle kan in enige tuingrond geplant word, mits dit goed dreineer, lekker diep omgespit is met genoeg KOMPOS en BEENMEEL ( of ROCK DUST ). Die ideale tuingrond is ‘n LEEMGROND wat bestaan uit gelyke dele; sand, klei en humus (kompos). Die humus gee die grond lewe deur dit brokkelrig te maak sodat lug, vog, voedingstowwe en plantwortels makliker daardeur kan beweeg. Die aksie van BAKTERIEë in die grond breek hierdie organiese materiaal af tot minerale en koolstofdioksied wat deur die plant gebruik word as voeding.
• Die volgende belangrike stap is om seker te maak dat jy net goeie kwaliteit blombolle koop. Blombolle is maklik om te groei, want die blombol het al die energie wat dit benodig reeds opgegaar. Nadat die bol geplant is, het hulle net die regte temperatuur, water en goeie grond nodig om die tuinier te beloon met ‘n skouspel van blomme wat net hulle kan voortbring. Die winterbolle wat nou geplant moet word, het KOEL GROND nodig. Die groep bestaan uit die volgende soorte; Anemone, Hollandse Iris, Freesias, Muscari, Tjienkerientjees, Sparaxis, Tritonias, Freesias, Ranonkels, Hiasinte. So bietjie later by Meimaand kan die Leucojum, Affodille & Lilium (lelies) in die grond kom.
• Alle blombolle se verpakkings dui aan hoe diep en wyd dit geplant behoort te word. Sekere bolle kan oornag in water geweek word, wat sal help dat dit beter en vinniger begin uitloop. Moenie jou bolle elke dag net ‘n bietjie natmaak nie, dit is beter om die beddings (of potte) eerder elke 4 tot 5 dae uitmekaar lekker diep (±15cm) te deurweek, dan kom die vog by die wortels uit. By ons in die Wes-Kaap reën dit wintertyd, maar monitor jou grond, moenie dat jou grond heeltemal uitdroog nie; DAN KAN DIE BOLLE DIE BLOMME ABORTEER.
• Die meeste bolle word met die punt na bo geplant, behalwe ranonkels ( met toontjies na onder). Anemone is ‘n moeilike bol om te weet wat is bo en wat is onder, wanneer die bolle in water geweek was, is dit soms makliker om die “ogie” raak te sien en dit moet na bo wys en dan is dit gewoonlik met die punt na onder. Kleiner soorte bolle lyk goed in groepe van 20 bymekaar en die grooter bolle in groepe van 10. Wees versigtig om winterbolle teen ‘n warm muur of langs ‘n warm oprit te plant – veral tulpe, hiasinte, hollandse irises & affodille sal daar nie goed vaar nie. In hierdie beddings sal ‘n massa ranonkels of anemone ‘n lieflike vertoning maak. Kom steek kers op by jou plaaslike kwekery en begin met jou winter-blomboltuin.
• En nou net kortliks oor die res van die tuintake:
• Vir tuinblomme begin nou saai en plant – daar is ‘n groot veskeidenheid soos byvoorbeeld; pronkertjies, bokbaaivygies, namakwalandse madeliefies. Daar is ook saadmengsels vir son en skadu, asook die geharde namakwalandse blomme mengsel en nog vele meer.
• Wintersaailinge wat in ses-pak bakkies kom, word nou al meer beskikbaar en die eerstes behoort nou al op die kwekery se rakke te begin vertoon.
• Deklaag: moet nie vergeet on ‘n goeie deklaag om jou plante te gooi nie, dit hou nie net die vog in die grond nie, dit beskerm ook die plante se wortels teen uitermatige koue en ryp.
• Grasperke: voed nou jou grasperk met: 4:1:1 of 3:1:5 of 2:3:4 of Atlantic Bio Ganic Lawn om die gras sterk te maak vir die wintermaande. Jy kan ook nou begin om voorkomend te spuit vir wintergras en ander onkruid met LAWNTYL, dit maak die saad dood sodra dit begin ontkiem.
• Plant in die regte seisoen: in die winterreënvalgebied is dit ‘n baie goeie tyd om nou jou nuwe bome en struike te plant, die weer is meer gematig en daar is altyd die vooruitsig van goeie reëns. Die plante kan huself nou beter vestig en wanneer die somer oor 6 maande weer begin is hulle al lekker sterk.
Lekker tuinmaak en ons wens u ‘n GESEëNDE PAASFEES toe.
Ons gesels weer op 28 April.
George Retief

Sport – HSS Krieket

Interskole: jaarlikse interskole die span van Hugenote Hoërskool van Wellington te staan gekom in die s laat spat vir 22 lopies in sy 10 boulbeurte. Wiaan van Reenen en Billy van Zyl van Swartland het ook 2 paaltjies elk laat kantel. Swartland het die 79 lopies met drie paaltjies plat aangeteken en die wedstryd met 7 paaltjies staande gewen. André Pienaar het 45* aangeteken.

Sport – Wesbank Krieket

In ‘n laaste krieketwedstryd van Wesbank Sekondêr op Malmesbury van die jaar, het die ouers en onderwysers die o.19Aspan aangepak op die Malmesbury Krieketklub se veld. Die twee spanne het mekaar Sondag die stryd aangesê. Foto’s: David Howburg

Nuwe sentrum open op Malmesbury

Die De Korenvlij-sentrum open hierdie week sy deure. Die winkelsentrum, met talle nuwe toevoegings vir die Swartland, is die breinkind van Oryx Growth se Jaco Cilliers.

Die nuwe huurders in die sentrum het talle openingsaanbiedinge beskikbaar vir inkopiegangers.