Day: March 3, 2021

Dubbeldore

Die Laerskool Riebeek-Kasteel spog met ‘n hele aantal tweelinge vanjaar. Alhoewel hulle in sommige gevalle eenders lyk, is elkeen se persoonlikheid uniek en uiteenlopend.

Foto: Facebook

Dining with Mr D…

…at Peaberry Café

As you drive into Malmesbury from Paarl you are welcomed by the Peaberry Café on your left hand side, also known as the “Bumble-Bee” building.
Peaberry was established in May 2020, slap bang in the middle of the Covid-19 Lock down by Benitha Nel. Benitha who is no stranger to the Hospitality Industry has always had a passion for what she does, entertaining and coming up with the most amazing dishes in the kitchen comes naturally to her.
As you enter Peaberry Café you are greeted with the most amazing smells coming from the kitchen, if that is not enough you walk right through their deli filled with chutneys, sauces, biscuits, home made foods and rusks to name a few. There is also coffee, t-shirts, mugs, shoes as well as childrens toys that can be purchased.

You can either be seated inside near the roaring fire for those cold winter days or with the weather being the way it has the last few weeks you can be seated outside under their Bedouin tent. The smell of the wood-fired pizzas is enough to make anyone hungry!

The coffee served at Peaberry is a blend supplied by the Black Sheep Coffee Company, smooth and the taste of caramel rolls over your taste buds.
On todays trip we decided to sample a breakfast quiche – Bacon and Mushroom, which made me think back to the time that I would sit in my Granny’s kitchen and watch her make all sorts of delicious things. This was followed by a Peaberry pizza, the thin base and baked to perfection was absolutely to die for!

There is a wonderful enclosed kiddies play area that has sandpits, jungle gyms, slip and slide as well as a jumping castle and all of this can easily be seen from the outside seating so that mommy and daddy can relax while the children get rid of some pent up energy!
We were served by Elmarie who always has the biggest smile on her face, you can see this through her mask! Elmarie is friendly, knows her menu and is super efficient!

There is a private function area that can be booked for small weddings, conferences or private functions. The outside area is perfect for kiddies parties, baby showers or team buildings!
All in all Peaberry Café scores 
For any enquiries you can contact Benitha or the Peaberry team on 071 992 7045 or email – peaberrycatering@gmail.com

Gholf

Die gholfspan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs kragte gemeet teen die span van Porterville en hulle ‘n loesing toegedien toe hulle met 77-27 geseëvier. Johandré Theron en Aiden Julius speel die beste rondtes van die dag met tellings van 24 en 23 onderskeidelik.

HDU se top-leerder: Medies aan UVS

Danielle Kitshoff, die top-leerder van die Hoërskool Dirkie Uys en ook in die Swartland Joernaal se lesersgebied, spog met ‘n gemiddelde persentasie van 91.9%.

Die slimkop het haar laerskooljare aan die Laerskool Dirkie Uys voltooi, waar haar grondslag gelê is.

Op laerskool het sy ook presteer, maar erken self dat sy glad nie lief was vir leer nie.

“Ek het eers in Graad 6 en 7 begin fokus op akademie en ‘n liefde vir leer ontwikkel en gekweek. Dit was eers op hoërskool wat ek begin presteer het,” vertel sy.

Vir haar is daar nie een vak wat uitgestaan het bo die res as gunsteling nie.
” Ek was mal oor al die vakke wat ek geneem het, maar Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe was hoog bo aan my lysie. Dit was vir my interessant om oor die verskillende onderwerpe te leer. Ek het uitstekende onderwysers gehad, wat passievol oor hulle vakke was en dus was dit maklik om dan vir toetse te leer aangesien ek ‘n liefde vir die vakke gehad het en die werk reeds verstaan het.”
Die pandemie en inperking het haar laaste skooljaar ook ingrypend verander as wat sy verwag het.

“Covid was vir my aaklig! Ek doen nie so goed met verandering nie. Ek het aan die begin gesukkel om my voete te vind, maar toe ek eers in roetine gekom het, het ek mooi aangepas. Dit was nogal moeilik om gebalanseerd te leef aangesien daar geen sport of sosiale geleenthede plaasgevind het nie. Dit was vir my moeilik om positief te bly, maar ek het ‘n kopskuif gemaak en die beste van die situasie probeer maak. Ek het besef dat ek nog beheer oor my eindeksamen het en dit het my hooffokus geword.”
Vanjaar gaan sy MBChB (medies) studeer aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

“Ek sal graag eendag ‘n suksesvolle dokter wil wees en spesialiseer in dermatologie of chirurgie,” sê sy opgewonde.
Haar woorde van wysheid aan 2021 se matriekklas: My grootste wens vir die matrieks van 2021 is dat hulle gebalanseerd sal leef. 2021 gaan nie veel anders as 2020 wees nie. Dit is belangrik om genoeg te leer, gereeld te oefen en om ‘n klein bietjie te sosialiseer ook.

“Ek dank graag die Here. Sonder Sy liefde en genade sou ek definitief nie die eindeksamen oorleef het nie. Dan ook ‘n spesiale dankie aan my ouers, Jannie en Junene vir al hulle ondersteuning.”

HSS se top-leerder:

Bly net oopkop

Louis de Jager van die Hoërskool Swartland op Malmesbury droom groot ná hy onlangs sy matriekuitslae ontvang het.
Louis is die skool se top-leerder met ‘n gemiddelde persentasie van 91%.
Louis is ‘n Malmesburiër in murg en been en het ook sy laerskoolloopbaan by Laerskool Swartland voltooi.
Vanjaar is die jaar wat hy sy graad in Bsc Wiskundige Wetenskappe: Rekenaarwetenskap aanpak.

Volgens hom was dit uiters moeilik en uitdagend om ‘n matrikulant in 2020 te wees, maar tog het dit ook baie positiewe punte vir hom ingehou.
“Die onsekerheid oor alles en die feit dat ons nie ‘n Junie-eksamen gehad het nie, het dinge baie negatief gemaak. Die silwer randjie om die donker wolk was dat ek op my eie pas kon werk, aangesien ons van die huis af moes leer. Ek was dus nooit oorweldig of verveeld nie. Al die sport en gees wat weggeval het, was hartseer, veral aangesien dit ons laaste jaar was, maar ek glo tog dit het ook vir ons almal meer tyd gegee om aan ons akademie te bestee, anders as die tradisionele besige matriek,” vertel Louis.
Louis is dankbaar vir die ondersteuning wat hy uit alle oorde ontvang het.
“Dit het dit vir my maklik gemaak om hard te werk, want ek het meeste van my vakke interessant gevind en daarvan gehou. Ek het ook geweet ek wil aan die einde van my skoolloopbaan kan terugkyk weet ek het my beste gegee.”

Die pandemie het sy tol geëis op talle leerders, maar Louis het ‘n goeie ondersteuningstelsel gehad.
“Vir my was dit meer ‘n geval van wie, nie wat nie. Al my vriende en familie het dit baie meer draaglik gemaak. My familie het vir my die gevoel geskep dat ek nie alleen deur die eksamen gaan nie en ek glo dit is broodnodig dat jy saam met jou vriende in die eksamen ‘n bietjie rus. Dit is beter om ‘n klein bietjie minder te leer en te herlaai, sodat jy meer effektief kan leer. Al is dit ‘n bietjie minder,” vertel hy.

Louis was sport en die gees van die skooljare sy gunsteling.
“Hoërskool Swartland het ‘n gees wat springlewendig is.”
Hy is dankbaar vir almal wat ‘n rol in sy sukses gespeel het. Sy vriende, familie, onderwysers en selfs sy hond, Mitzi.

Sy raad aan die matrieks van 2021: ” Bly oopkop en verwag enigiets. Hulle jaar gaan ver van normaal wees en die eerste ding wat jy moet leer is om nie ontsteld te word deur onverwagse dinge nie. Daar gaan baie wees so jy kort werklik n “bulletproof” houding. Moet ook nie verlore raak in die harde werk en stres nie , maak herinneringe en doen alles wat jy kan, jy het net een matriekjaar. Net omdat dit anders is as ander matriekjare beteken dit nie dat dit minder lekker is nie!”

Nuwe gesig by Swartland Joernaal

Leonita Coutts, nuwe toevoeging tot die Swartland Joernaalspan op ‘n deeltydse basis.

Geensins ‘n vreemdeling as dit by die koerantbedryf kom, aangesien sy destyds vir die Swartland en Weskus Herald geskryf het.
Haar liefde vir skryf asook vir haar gemeenskap is van die sterk punte wat ‘n bydrae gelewer het tot hierdie besluit.
‘n ‘Mense’ – mens wat hou van gesels en haar ‘plat op die aarde’ geaardheid is beslis ‘n groot aanwins.

Gebore en getoë in Malmesbury, maar het haar graad in die regte (B. Juris) in die Oos-Kaap verwerf.

‘ n Diploma in fotografie en in kreatiewe skryfkuns het egter later bewys dat haar hart by die Kunste lê. Ons verwelkom haar by ons span.
Sy is beskikbaar via vonkpos by:
leonita@swartlandjoernaal.co.za

Malmesbury Liefde

Onder die nuutgestigte vaandel van Malmesbury Liefde, onder leiding van Hetta Saunderson van Huiswinkels op die dorp, het sy, tesame met Swartland Toerisme, Swartland Wyn- en Olyfroete en Swartland Joernaal ‘n projek van stapel gestuur om ‘n blykie van waardering teenoor die plaaslike gesondheidswerkers te betoon.

Omgee-pakkies is aan 300 plaaslike gesondheidswerkers oorhandig by verskillende instansies wat deur pandemie bankvas agter hul pasiënte gestaan het. ‘n Spesiale woord van dank aan Spar DC wat binne minute na haar pleidooi 300 pakkies koekies geskenk het om die pakkies mee te vul.

Skoon oudit vir Swartland

Die Swartland Munisipaliteit het pas ‘n skoon oudit van die ouditeur-generaal vir die jaar van 2019/2020 ontvang. ‘n Skoon oudit is ‘n aanduiding dat die munisipaliteit in ‘n goeie finansiële posisie is, met goeie bestuur wat aan die orde van die dag is.