Day: March 16, 2021

Malmesbury Toyota SA se #1

Malmesbury Toyota, onder die bestuur van Thom Orchard, het onlangs die toekennings behoorlik ingepalm.

Thom, handelaarshoof, het die presidentstoekenning ontvang in die medium-afdeling as Handelaar van die Jaar. Koos O’Kennedy is ook vereer met die toekenning vir die beste Nuwe Voertuig Verkope in Suid-Afrika in die medium-kategorie. Volgens Orchard sou hierdie toekennings nie moontlik gewees het, as dit nie vir die span van Malmesbury Toyota was nie.

“Elke persoon hier het hul deel gedoen, was toegewyd en het presteer. Hierdie sou glad nie moontlik gewees het sonder hulle nie.” Hier is die drie Orchard-direkteure van Malmesbury Toyota, Thom (handelaarshoof), Robert en Guillaume (werkswinkelbestuurder).

Betrekkings

Bubbles – Malmesbury

Bubbles – A family run business built on principles

Bubbles is a well known local business in Malmesbury and turns a whopping 19 years old this year.
They stock a wide variety of good quality household chemicals, sanitisers and detergents; paper products; hand towels; refuse bags; janitorial equipment, and much more at affordable prices.

Chemicals are available on-tap such as re-use an old container only pay for the contents of the bottle. Not only are you saving money but you will also show kindness to the environment by not adding more plastic to the landfill.
Bubbles also provide a laundry services; dry-cleaning and garment dye service as well as loose rug cleaning.
Bubbles Household Chemicals and Laundromat is the brainchild of two motivated, ambitious and committed entrepreneurs. Established in February 2002, Bubbles Household Chemicals and Laundromat is keen to remind their customers of their humble beginnings as a small family run business built on the principles of honesty, reliability and with the personal relationships at the fore.

The friendly staff of 6 is always ready to help and serve.

Bubbles Household Chemicals and Laundromat is committed to providing the highest quality cleaning chemicals available. They also strive to provide a safe and efficient laundry experience like nobody else, through exceptional customer service, innovative technology, and superior cleanliness.

The Covid19 pandemic taught them to always be prepared for the unexpected.

Visit them at 1 Dr. Euvrard St, Malmesbury or call 022 487 3100.

You can also send them and email on info@bubbleschemicalsandlaundromat.co.za.

Damvlakke

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 75.4% gestaan, in vergelyking met verlede week se 74.5% en verlede jaar dieselfde tyd se 61.4%.

Die Bergrivier se vlak het Maandag op 77.5% gestaan. Verlede week het die damvlak op 74.3% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 72.2%.

Die Laer-Steenbras is nou 67.2% vol, in vergelyking met verlede week se 68.1% en verlede jaar se 64.3%.

Die Theewaterskloofdam het Maandag op 79.6% gestaan. Verlede week was die dam 78.6% vol en 56.8% verlede jaar op dieselfde tyd.

Die Wemmershoekdam was Maandag 74.6% vol, waar dit verlede week op 74.4% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 59.1% vol.

Die Voëlvleidam was Maandag 68% vol. Verlede week het die dam se vlak op 68.4% gestaan en verlede jaar op 59.3%.

Bron: www.capetown.gov.za

Steers & Debonairs

Debonairs en Steers toegewyd aan kliënte tevredenheid

Steers en Debonairs Malmesbury is twee gewilde kitskosrestaurante op Malmesbury.
Sedertdien die 1960’s was Steers toegewyd om die bekroonde ‘Flamed-Grilled’ Burgers en die alombekend aartappel skyfies te bedien aan talle Suid Afrikaners. Steers Malmesbury is een van meer as 600 Steers-restaurante in Suid-Afrika wat vasberade is om ‘n glimlag op elke persoon se gesig te plaas met hul melkskommels, burgers of beroemde aartappelskyfies.

Debonairs Malmesbury is trots om deel te wees van die Debonairs Pizza Suid-Afrika-familie. Debonairs Pizza het nie net die Triple-Decker-pizza na Suid Afrika toe gebring nie, maar hulle was ook die eerste besigheid wat met sukses tuisbly-aflewerings dienste kon verskaf aan hul kliënte in Suid-Afrika. Sedertdien die 1990’s het Debonairs Pizza die voorloper geraak in die pizza-wêreld met hul Triple-Decker, Cram Crust en Real Deal Pizza-aanbiedinge.
Steers Malmesbury en Debonairs Pizza is al doenig in Malmesbury vir amper tien jaar. Debonairs Pizza & Steers Malmesbury het hul kragte saamgespan in 2016 om ‘n ‘combo’ winkel te open in die Prima Sentrum wat geleë is in Voortrekkerweg.

Tussen Debonairs & Steers Malmesbury is daar 26 werknemers wat toegewyd is om die hartklop van Debonairs & Steers Malmesbury te wees.

Wat maak jou onderneming uniek en hoekom moet kliënte terugkeer na jou perseel?
Opsies, opsies opsies!

By Debonairs & Steers Malmesbury kan jy bykans enige iets bestel. Tussen hierdie twee winkels kan ‘n kliënt enige iets bestel vanaf roomys tot ribbetjies. “Dit is een van die min plekke waar Pappa ‘n gebraaide-hoender, Mamma ‘n Something Meaty Pizza, Boetie ‘n King Steer Burger en Sussie ‘n ‘Brat-Pack’ Kiddy meal met ‘n melkskommel kan bestel.”

Wat het jy as sakelui uit die beperkings van Covid19-inperkings geleer en aangepas?
Debonairs & Steers Malmesbury is nog steeds sterk en optimisties na ‘n ongelooflike moeilike jaar. Ons is baie trots dat, ten spyte van al die terugslae, ons steeds werk kon verskaf aan al ons werknemers tydens die Covid19-inperking. Die inperkings het ons geleer om aanpasbaar te wees. Dit het ons ook geleer hoe ver ‘rock-bottom’ eintlik is en dat daar altyd hoop is as jy bereid is om hardwerkend en toegewyd te wees om jou doel te bereik.
Ons het ook geleer dat ons die beste kliënte het waarvoor ‘n besigheid kon vra. Ons is ewig dankbaar vir hul ondersteuning.

Sake-ure
Monday- Tuesday 10:00 – 21:00 • Wednesday – Saturday 10:00-22:00 • Sunday 11:00 – 21:00
Kontakbesonderhede • Debonairs Malmesbury • 022 482 1915
Steers Malmesbury • 022 487 2333 • Adres: Voortrekkerweg, Prima Sentrum

Sport – Malmesbury Gholf

Gholf vir liefdadigheid:

Die Golfers for Good-organisasie het Saterdag die 10de nabootsing van die bekende Ryder Cup op Malmesbury-gholfbaan aangebied. Hier het die kranige gholfspelers hul slag gewys en so geld ingesamel vir organisasies wat ‘n verskil in die lewe van Malmesbury-inwoners maak.

Alle fondse wat op die dag ingesamel is, sal dan aan hierdie instansies oorhandig word. Die Destroyers het vanjaar met die louere weggestap as die beste span op die dag.

Hillview

Marulaboom en Viljoen Retief was Saterdag op Malmesbury by Hill View te sien. Hier is Wildebeest-brandewyne ook te proe aangebied. Hier is Michael Toua, Viljoen Retief, Eugene Vos en Werner van Lill (eienaar).

Seeff Malmesbury

Seeff Malmesbury vaar goed ten spyte van inperking

Die verkope van eiendom op Malmesbury, slegs sowat 70km vanaf Kaapstad, het die afgelope jaar goed gegroei, ondanks die inperking weens die Covid-19 pandemie.

Volgens Pierre Germishuys, prinsipaal van Seeff Eiendomme op Malmesbury, waar daar ongeveer 30 000 inwoners is, is 76% van kopers tussen 20 en 50 jaar oud terwyl 67% van verkopers tussen 40 en 65 jaar is.
Seeff Swartland is in November 2004 geopen en was destyds by Voortrekkerweg 123 gesetel. Vandaar het die tak na 18A Rainierstraat geskuif, waar dit vir etlike jare die mense van die streek bedien het. Die tak het as die Swartland en Namakwaland se hoofkantoor gedien tot dit by Latjieskloof Beleggings aangesluit het en die perseel in 2018 na 95A Voortrekkerweg geskuif het.

“Myns insiens is daar hoofsaaklik drie faktore wat verkope hier op die dorp stimuleer. Die belangrikste is dat Malmesbury se eiendomme goeie waarde vir geld bied. Dan is die dorp se ligging ten opsigte van Kaapstad en die Noordelike voorstede met vinnige toegang via die pas voltooide N7, ideaal. Dit is naby genoeg om daagliks na werksplekke en inkopiesentrums in sowel Kaapstad as die noordelike voorstede te reis.
“Die historiese lae rentekoerse, die laagste vir die afgelope 50 jaar, is ook ‘n groot positiewe invloed op die eiendomsmark en help dat voornemende kopers makliker huise kan aankoop.”

Die dorp het sowat 8300 wooneenhede en die afgelope jaar is daar 180 eiendomme vir ‘n totaal van R178 miljoen verkoop. Die gemiddelde prys van residensiële eiendomme was sowat R990 000. Van hierdie transaksies was 56 erwe teen ‘n gemiddelde prys van R475 000, terwyl die gemiddelde prys van wooneenhede R1 270 00 was. Die hoogste prys was R4.5m. Sowat 45% van kopers maak gebruik van verbande waarvan die gemiddelde waarde R1 270 000 beloop.

“Nog ‘n rede vir ons sukses is dat Seeff Eiendomme ‘n groot, bekende en sterk handelsmerk is wat volle ondersteuning aan die takke lewer. Ons personeel is deeglik opgelei en ons het al die nodige toerusting en vaardighede om ons kliënte op professionele wyse te kan bedien. Dit het veral tydens die inperkingstyd gegeld en bygedra tot ons suksesse van die afgelope jaar. Ons kon ander maniere vind om eiendom te verkoop sonder om ons huise te verlaat,” het Pierre gesê.

Superspar Malmesbury

‘n Inkopie-ervaring om te onthou
Superspar Malmesbury is een van die bekende bakens van Malmesbury. Of jy nou dorp in of dorp uit ry, jy sal die bekende handelsmerk sien. Nie net dit nie, dit is ook ‘n rigting-aanwyser vir talle.
“As jy by die verkeerslig kom, dan sit Spar aan jou linkerkant, draai daar op.”
By Superspar Malmesbury kan jy seker wees dat jy altyd net die beste diens sal vind.
Vir eienaar Des Moller is hierdie die belangrikste deel van dit wat die winkel en sy personeel bied.
“Kliëntediens is vir ons dit waarop ons roem. Ons sal altyd sorg dat ‘n kliënt ‘n aangename inkopie-ervaring het en dat hulle vind waarna hulle soek,” sê hy.

Superspar Malmesbury het al talle gedaanteverwisselinge ondergaan en is nou ook besig om aan gewerk te word, juis sodat die inkopie-ervaring nog beter kan wees.

Superspar Malmesbury bied ‘n groot verskeidenheid produktereeks aan, juis sodat die koper opsies het om van te kies.
Hier sal jy ook mededingende pryse vind en waarde vir jou geld kry.
Superspar Malmesbury het ook al talle kere in die verlede weggestap met die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-trofee, juis omdat kliëntetevredenheid vir hulle van onskatbare waarde is.
As jy inkopies moet doen, iets moet kry vir aandete, kruideniersware wil aankoop, opsoek is na ‘n lekkerruik-dingetjie vir jou voertuig, hout wil koop om te braai, skryfbehoeftes na opsoek is, kan jy seker wees dat jy by Superspar Malmesbury alles sal vind wat jy benodig.

Om deur die rakke van dié winkel te wandel, is soos ‘n ontdekkingstog, want in elke rak vind jy iets nuuts. Iets wat jy nie gedink het ‘n kettingwinkel sommer sal aanhou nie.
So hou Superspar Malmesbury sy kliënte gelukkig en tevrede.

Dit is dus glad nie vreemd dat hierdie winkel al aangewys is as die beste Superspar in Suid-Afrika nie. Hul slaghuis het ook al talle toekennings ingepalm en is elke jaar een van die gunstelinge in die gesogte Clever-toekennings.
Besoek Superspar Malmesbury in Voortrekkerweg 80 of kontak hulle by 022 482 1147.

Weskus Brandweer

Weskus-dienste 90 blus vure in seisoen

Gedurende die somer maande is daar dikwels ‘n toename in veldbrande en vir die Weskus Brandweer- en Reddingsdienste was dit ‘n besige brandseisoen. Die brandweerdiens, onder die jurisdiksie van Weskus Distriksmunisipalteit, het tussen November 2020 en Februarie 2021 meer as 90 brande in die streek help blus.
Om die brandweerdiens aan die publiek te verbeter het die Weskus Distriksmunisipaliteit sy vloot van brandweervoertuie uitgebrei met die toevoeging van twee nuwe vierwiel-aangedrewe bakkies. Hierdie voertuie sal die bestaande vloot by die Clanwilliam en Vredendal brandweerstasies aanvul.
Die Brandweerhoof van Weskus Distriksmunisipaliteit, Bertus Senekal, wil een en elkeen bedank wie die brandverbod, wat tot 31 Maart 2021 ingestel is, eerbiedig het.

Tydens die verbod tydperk mag geen beheerde brande plaasvind nie. Selfs individue met brandpermitte sal vervolg word indien hulle nie by die reëls hou nie. “Dit is uiters belangrik dat ons met die publiek saamwerk om brande te voorkom. Die mense wat die brandverbod eerbiedig help om die werkslading op die brandweer personeel te verlig sodat ons op meer kritiese werk kon fokus,” het die brandweerhoof gesê.

Wanneer ‘n brand uitbreek word die publiek versoek om so gou as moontlik die brandweerdiens te kontak deur die noodnommers 022 433 8700 of 10177 te skakel.