Day: March 24, 2021

Nuwe sentrum open op Malmesbury

Die De Korenvlij-sentrum open hierdie week sy deure. Die winkelsentrum, met talle nuwe toevoegings vir die Swartland, is die breinkind van Oryx Growth se Jaco Cilliers.

Die nuwe huurders in die sentrum het talle openingsaanbiedinge beskikbaar vir inkopiegangers.

Michaellie – ‘n Ma se liefde vir leer

Wat begin het as ‘n soeke na skoene vir ‘n baba se doop, het geëindig in ‘n kreatiewe droom wat bewaarheid is – die geboorte van ‘n nuwe baba, Michaelllies.

Michaellies is die breinkind van Michaelle Smit, ma van drie van Malmesbury.

Met haar en man Emile se seun, Liam, se doop, het Michaelle gaan soek na ‘n paar leerskoentjies vir die kabouter om te dra, maar moes peperduur betaal vir die paar skoene wat net ‘n paar minute aan sy voetjies sou wees.
Dis toe ook net hier wat die idee by Michaelle posgevat het om haar eie reeks te begin en om te probeer om hierdie skoentjies van leer, self te begin maak.

Michaelle was altyd ‘n kreatiewe mens en kan skilder en is ook ‘n kranige fotograaf, iets wat haar twee oudstes by haar geërf het.

“Ek wou die kreatiwiteit laat vloei en ook so ‘n goedkoper alternatief bied vir ander soos ek,” vertel sy.
Sy het die idee egter heeltyd opsy geskuif, want daar was belangriker dinge om op te fokus. Liam is nou net ‘n bietjie ouer as een jaar en haar oudstes is in Graad 10 en Graad 8, so sy het haar hande vol tussen skooltake en huiswerk.
Teen Januarie vanjaar het sy egter besluit dis nou of nooit.

Michaelle stort haar hart in elke paar skoene wat sy van die patroon op die leer aftrek, uitsny, oplyn en aanmekaar stik en verpak.

Vandat die ou dae se “vellies” weer hoogmode is, is dit te sien op talle jongmense se voete en vir Michaelle was die baba-skoentjies iets ekstra-spesiaal en oulik.

“Ek hou nie van ‘n harde sool op ‘n skoen vir ‘n kleintjie wat pas begin loop nie. Harde sole beperk die voetjie se beweging, waar die sagte sool hulle voetjies vrylik en natuurlik laat buig en beweeg.
“Dis die naaste aan kaalvoet wat ‘n kind kan kom en nou met die winter wat om die draai is, is dit die ideale paar skoene vir die nuwe lopertjies onder ons,” vertel sy.

Vir Michaelle is die uitdagendste deel haar tydsbestuur.

“Ek weer meestal op my eie, maar wanneer my seun Thomas tuis is, sal hy help om te sny en hy maak ook die sakkies met die naam van die bestelling en die grootte van die skoentjie.”
Vir haar is dit baie belowend om die eindproduk te sien.

“Om iets vanuit ‘n stukkie ‘off cut’ leer te maak en om dan daarna die fototjies te kry van die outjie of meisietjie met hulle paar Michaellies aan, is geweldig belowend,” vertel sy trots.

Michaelle het het haar patrone aangekoop, maar moes veranderinge aanbring, sodat dit die verskillende tipes voetjies kon pas.
Haar strikdas-patroon het sy egter self ontwerp.
Michaellies word nie net aan die Wes-Kaap-snuiters se voete gevind nie, maar daar is selfs na Pretoria en die Arabiese Emirate gestuur.

“Ek het heelwat kliënte in Upington en Kuruman. Daar is selfs nou ‘n paar op pad na Frankryk.
Wat begin het met twee style, het vinnig gegroei na vier en dit sluit nou ook fopspeen-aanstekers en strikdassies in.
Michaelle beoog om later vanjaar nog ‘n nuwe styl bekend te stel en om ook materiaal met die leer te kombineer om ‘n groter verskeidenheid te kan bied.

Haar dogter, Alexa, het haar eendag gevra wat sy nog altyd wou doen en dit het toe by haar opgekom dat sy op skool graag ‘n mode-ontwerper wou wees.

Volgens haar is haar ma nou op die regte pad en begin sy haar besigheid in sy babaskoene.

Maart-lelies

Die Maart-lelies staan weer vol in blom, selfs in die Paardeberg-omgewing. Die lelies blom vanjaar later as verlede jaar, maar tooi steeds die omgewing in hul sagte pienk en geel.

Sport – Naelbytstryd

Die o.15-krieketspanne van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg en Wesbank Sekondêr op Malmesbury het verlede week kragte gemeet. In ‘n naelbytstryd het Wesbank met een lopie gewen. Foto’s: David Howburg

Dining with Mister D…

Im not one for a go with the flow sort of attitude, but this week we decided to see what all the hype was about in town.
As you round the corner of Voortrekker Road and Sarel Cilliers Street on your way towards the N7, on your left-hand side you will find a quaint and cosy Coffee Shop called ‘Koffie.’

As you enter the door of ‘Koffie’ you are greeted with the smell of freshly baked goods, it was just after 7am and there were a few people in front of us, we were all assisted very quickly, once we indicated that we would be sitting down to enjoy our order we ushered to the tables at the front of the store overlooking the Main road where we could discuss the days business ahead and also watch Malmesbury getting ready for the day ahead.

The counter is filled with freshly baked goods, from Chocolate Brownies, Cheesecakes, Muffins, Tarts and Quiche to name a few.

We had just started chatting when our order arrived – a Cappuccino, Hot Chocolate and a Chocolate Brownie to share (2020 stress has taken its toll), served with a freshly baked chocolate cookie with accompanies all the coffee orders.
Its not everyday that one gets to enjoy a sit down and coffee with a good friend and colleague!

With the first sip of our coffee and bite of the chocolate brownie all our worries and stress seamed to just disappear, you can taste the love that the coffee and brownie were made with, its not just a recipe to the staff that they need to follow!

There are daily specials that are created in the ‘Koffie’ kitchen for you to enjoy with your coffee as well as daily meals that can be ordered to enjoy in the comfort of your own home, all this while you catch up on mails while connected to the free wifi.

We were served by Celeste and Nikita who made us feel so welcome, as we left we were greeted and told “Ons sien julle definatief weer!” And that you most definitely will!

Our score for ‘Koffie’ – definitely Five Stars!


Koffie is open – Monday to Friday from 7am till 5 pm and Saturdays from 8am till 1pm
You can contact ‘Koffie’ on 066 255 9066 or visit them on Facebook @koffiemalmesbury

Joyce’s Angus

Joyce’s Angus Stoet nooi alle telers (beide stoet en kommersieel) en belangstellende partye vriendelik uit om ons Rooi en Swart Angus Bulle, asook die dragtige Kommersiële Verse te kom besigtig.

Hulle is tans in hulle kwarantyn kampe en hulle aanpassings fase het begin.

Bulle en verse kan besigtig word te Wolwedans Plaas, Klipheuwel vanaf 1 Maart 2021. Indien u besoek wil afle, kontak gerus vir Willem “Worsie” Swart (072 143 6114) om u besoek te bevestig.

Ons Angus Pioniers veiling vind plaas op Donderdag 27 Mei 2021 te Blaauwberg Plaas, Melkbosstrand.
Op aanbod sal wees:

  • 20 x top kwaliteit Rooi en Swart Angus Bulle met goeie fenotipe, super genetika en uitstekende teelwaardes.
  • 20 x Rooi en Swart Kommersiele Angus Verse, bevestig om te kalf Julie en Augustus, van geregistreerde Rooi Bulle.
  • 15 x Swart Kommersiële Tweejaar oue verse, geteel uit geregistreerde Bulle en gereed om te teel.
  • 40 x goed gemarmeerde, A-Graad Angus-osse, geteel uit geregistreerde Bulle.

Wanneer jy dit oorweeg om ‘n geregistreerde Bul te koop, doen jou navorsing vroegtydig.

Damvlakke

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap, het die afgelope week van 74.5% na 75.4% gestyg.

Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste voorsiener van water, het vanaf 68.4% na 68% gedaal.

Die dam was verlede jaar dieselfde tyd 59.3% vol.

Van Wyk het vars uitkyk op die lewe

Adelle van Wyk (47) is ‘n vars Swartlander en ewe vars skrywer. Sy het die een skryfprestasie ná die ander behaal sedert sy skaars twee jaar gelede met ‘n vaart weggespring het agter die toetsbord.

Aan die einde van 2019, ná ‘n leeftyd van 36 jaar op Vredendal, het sy die sprong na Malmesbury gemaak om “nader te kom aan waar die dinge gebeur”, soos sy dit stel. En hoewel die grendeltyd kort na haar intrek wel ‘n paar deure toegeklap het, het dit nie haar skryfspoed laat afneem nie. Sy het in die afgelope twee jaar reeds twee kortfilmdraaiboeke, ‘n vollengte filmdraaiboek, vyf kortverhale (waarvan twee gepubliseer is), drie radiodramas, ‘n verhoogteks en ‘n teks vir ‘n slimfoon-filmopname geskryf.

“Ek glo nie in skrywersblok nie”, gesels sy oor die rand van ‘n pienk melkskommel. “Ek dink as ‘n mens glo dat elke woord wat jy tik, perfek en publiseerbaar moet wees, dan voel jy later daar is ‘n blok, want die woorde wil net nie reg uitkom nie. Maar ek leef volgens die leuse ‘don’t get it right, get it written’. ‘n Mens is nie ‘n professionele skrywer as elke teks wat jy skryf ‘n film word of elke rits paragrawe ‘n boek op ‘n rak word nie. Jy skryf professioneel as jy gedissiplineerd skryf en as jy juis besef: soms gaan jy akkies skryf, en dis oukei.”

Aan die begin van 2019 het ‘n vriendin gepor dat sy deelneem aan ‘n kortverhaalkompetisie, aangebied deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging. “Dit was die heel eerste keer ooit dat ek my skryfwerk in die publiek aan ander s’n getoets het.” Sy vertel dat sy die verhaal ingestuur het en totaal daarvan vergeet het – tot een aand elfuur toe een van die beoordelaars bel en vra “is jy nog wakker?”. Die nuus daardie tyd van die aand, was dat sy die wenner van die afdeling vir ongepubliseerde skrywers was.

“Ek reken dit is seker maar die oomblik dat ‘n mens vir jouself sê jy moes darem iewers iets reg gedoen het.”

Ná hierdie sukses, waarvoor sy al die pad Bloemfontein toe is om haar trofee en die boek waarin die kortverhaal gepubliseer is, in ontvangs te gaan neem, het sy haar hand gewaag aan RSG/Sanlam se jaarlikse radiodramakompetisie. “Luister, dit was nou ‘n oerwoud om te betree – ek het nie eers geweet hoe die titelblad moet lyk nie, laat staan nog die res van die teks!”

Nogtans het haar eerste poging haar een van die finaliste van dié kompetisie gemaak en was deel van die voordele, dat sy ‘n persoonlike mentor ontvang het, en ‘n gratis slypskool in Seepunt kon bywoon om die teks behoorlik te kan afrond. Sy het wel in daardie jaar nie onder die eerste drie plekke beland nie, maar die besluit was geneem: iewers sou sy nog hierdie kompetisie wen, maak nie saak hoe lank sy sou moes probeer nie.

Kyknet se Silwerskermfees (vir kortfilms) was ‘n volgende droom wat sy graag wou bewaarheid. Dit is ‘n kompetisie wat in fases werk, waarvolgens ‘n deelnemer eers ‘n konsep moet indien. Daarna ‘n voorlegging aan die beoordelaars moet doen asook ‘n draaiboek moet ingee, as hul suksesvol deur die eerste twee fases sou kom.

“Ek weet van regtig talentvolle skrywers wat nie eers verby die konsepfase kon kom nie – maar in 2020 het die beoordelaars al drie my konsepte aanvaar, en ook my ‘pitch’, sodat ek tot by draaiboekfase beland het.”

‘n Kortverhaal vir die US Woordfees se amptelike kortverhaalbundel, het intussen vorm aangeneem en in 2020 kon sy hierdie spreekwoordelike boksie ook af”tick” – sy is opgeneem in hierdie bundel, wat ook jaarliks uitgegee word en wemel van talentvolle skrywers se verhale. “Ek was regtig dankbaar hiervoor, want daar word nie onderskei tussen beginners en ongepubliseerde skrywers en skrywers wat al naam gemaak het nie.” 

“Mense vra vir my hoekom ek so laat in my lewe begin skryf het en my antwoord is dat ek dit letterlik nie vroeër sou kon doen nie. Dalk is ek ‘n ‘late bloomer’. So, dis seker ‘n jammerte in ‘n sin…”.

In 2020 het die tweede probeerslag vir RSG/Sanlam se radiodramakompetisie gevolg. En op 29 November het die oproep gekom: sy was die algehele wenner van hierdie kompetisie wat in 2020 ‘n rekord aantal inskrywings ontvang het.

“Hierdie is regtig ‘n ding waarop ek trots is, want dit is ‘n groot kompetisie. En ‘n mens skiet saam met die groter kanonne, soos ek dit sommer noem.”

Haar verhaal, “Makkie onthou”, ‘n misdaaddrama waarin ‘n hele paar kinkels vir die luisteraar wag, het met allemintige prysgeld weggestap en sal volgende maand op RSG gehoor word. “Een van ons land se top aktrises speel die hoofrol in my drama en dit is sommer vir my deel van die lekkerte van die prys.”

“Ek glo elke mens is gebore met een kern-aanleg wat in sy of haar are loop. Ek glo vas dat, as jy daardie ding ontdek, het jy eintlik die minimum opleiding daarin nodig, want dit is deel van jou DNA. En as jy dit ontdek het en dit nie doen nie, ja, dan doen jy jouself ‘n onreg aan.

Waarmee is sy tans besig? “Glo dit of nie, maar ek het ingeskryf vir ‘n kortfilmkompetisie wat deur ‘n filmmaatskappy in Hollywood aangebied word. Dit het beteken dat ek moes wegbeweeg van my geliefde Afrikaans vir dialoog, maar dit was groot, groot pret. En ek het darem al die groen lig deur die eerste fase gekry, so wie weet wat kan volg?!”

Ons hou duime en tone vas vir jou Adelle. Hopelik gesels ons binnekort weer.