Swartland Joernaal

Swartland Joernaal

Month: April 2021

Water vloei na Voëlvlei

Die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap was Maandag op die 68.9%-vlak, waar dit verlede week op 70% en verlede jaar op 55.8% gestaan het.
Die Bergrivierdam was Maandag 68.9% vol. Verlede week het dit op die 72.2%-vlak gestaan in vergelyking met die 67.4% van verlede jaar.
Die Laer-Steenbrasdam het op 56.6% gestaan. Verlede week was die dam 58.4% vol en verlede week was dit 53.4% vol.
Die Theewaterskloofdag was Maandag 73.7% vol waar dit verlede week 74.7% vol was en verlede jaar op 52%.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag op 62.6%, terwyl dit verlede week 62.1% vol was. Verlede jaar was die dam 52.5% vol.
Bron: www.capetown.gov.za

Body alignment practitioner now in Malmesbury

Charné McQuire always preferred a healthy lifestyle. She recalls making calculated decisions, with regards to her health, from an early age, attributing it to her mother.
It was however, only in her late thirties that she decided to take holistic living to a whole other level, by enrolling for a course in body alignment therapy in 2017…
‘Body alignment is the optimal placement of body parts so that the bones are efficiently used, and the muscles would have to do less work, for the same effect.
When muscles are tense, it pulls on vertebrae and skeletal joints and our bones could become misaligned. The build-up of stress in our bodies is a perfect example.
Body alignment therapy therefore stimulates the muscle to relax, as well as heal and unravel the tension stored in deep layers of the muscle tissue’.
… At that time, due to a full-time job and young family, she opted for doing a beginners course, promising herself that she would do the advanced course in the near future.
In 2019 Charné finally took that bold step, by resigning from her job, to pursue her dream. But life usually takes its own course, and is often filled with unexpected surprises, as the year 2020 proved.
With everything being placed on hold again, due to the lockdown, she started doing research with regards to natural medicine. Mostly, because she wanted to use this time constructively.
Her passion for healthy living is so deeply rooted though, that she started a business, ‘Abundant Health’, in partnership with her husband, during this period.
The products, offered by ‘Abundant Life’, only contain natural ingredients and ranges from supplements, essential oils, skincare as well as a range for athletes.
There is thus much truth in the saying: ‘Every cloud has a silver lining’… or perhaps it has two.
Charné recently completed the advanced course in body alignment therapy, as well as her training.
The excitement is evident while she explains what benefits body alignment therapy has, as well as the importance of optimizing our body-and brain communication. As this assists with the healing of the body, and reassures that the body, mind and soul re-connects.
Therefore, it would be truly beneficial to have our bodies aligned on a regular basis.
If you would like to book a therapy session, you can contact Charné on 061 515 8052 between 8am – 5pm, Monday to Friday.
A session will vary between 45 minutes to an hour and costs R250 per session with an additional R100 as a call-out fee.
A permanent studio for therapy is on the cards in the near future.
Charné is currently running a Mother’s Day Special until the 9th of May.
*A body alignment therapy session or a voucher at R199. (The voucher will be valid for 2 months).

Kenner maan oor Covid

Dr Irma Kruger gee raad

Tans is daar ‘n groot gevoel van “COVID-fatigue”. Almal is moeg om van COVID te hoor, maskers te dra en te wag vir ‘n inenting. Tog, volgens wetenskaplike modelering en epidemioloë, kan die land hom staal vir ‘n sogenaamde derde golf van infeksies. Die kommerwekkendste van hierdie nuwe golf van infeksies, is dat dit verwag word om saam te val met die tyd wat die tweede kwartaal vir die skole begin. Dit is ook die tyd wanneer meeste skole terugkeer na die “ou” normaal. Die tyd waar kinders almal saam in die klas, voldag skool gaan. So, hoe nou gemaak?
Die belangrikste is dat die gemeenskap moet besef dat die COVID pandemie steeds nie verby is nie en dat ons nie werklik “COVID-fatigue” kan bekostig nie. Ja, ons almal is moeg van die maskers en hande spuit, maar tog is dit nodig.
Ons weet nou heelwat meer van COVID en dit is duidelik dat kinders wel deur die COVID-pandemie geraak word. Kinders word minder deur COVID geïnfekteer en word minder siek, maar daar kan wel ernstige komplikasies soos multisisteem inflammatoriese sindroom ontstaan in sekere kinders. Daar is ook aanvanklik gedink dat kinders sogenaamde superverspreiders van COVID -19 is, maar nuwe data wys dat daar eerder superverspreider geleenthede is – lang samekomste van groot groepe mense in swak geventileerde areas. Dit bring ons natuurlik terug by skool…
So, hoe beskerm ‘n mens werklik jou kind wanneer die skool weer begin?
Die Centres for Disease Control and Prevention (CDC) beklemtoon dit wat ons reeds weet:

  1. Dra ‘n masker wat oor jou neus en mond pas
  2. Bly ten minste 1.5-meter van mekaar
  3. Was jou hande gereeld met seep en water
  4. Vermy swak belugte areas waar groot groepe mense saamdrom
    Dit beteken natuurlik dat hierdie maatreëls steeds by skole toegepas moet word. Dit beteken dus dat daar vars lug en sirkulasie in alle klaskamers verseker moet word – ja, dit beteken oop vensters al is dit winter. Areas waar daar gereeld aan gevat word, moet gereeld gesaniteer word en kinders moet die geleentheid hê om soveel moontlik hande te was en te spuit. En, natuurlik, maskers. Verder kan ons net wag vir die immuniseringsprogram om momentum te bereik in die hoop om so gou moontlik, soveel moontlik van ons gemeenskap te immuniseer.

Ontmoet Wes-Kaap se Jongboere-finaliste

Jo-andra Cloete Greegory (34)
Alleen-eienaar: Our Poultry Place, Joostenbergvlakte. Hoenderboerdery.
Jo-andra het die besigheid in 2016 sonder enige lenings of toelaes met 100 hoenders in ‘n informele nedersetting begin. Vandag huur sy vyf hektaar grond en verskaf Our Poultry Place 10 000 dagoud kuikens per maand aan opkomende produsente.
Sy sê haar visie is om die voorkeur pluimveeplaas te wees waar alle benodigdhede onder een dak is: van dagoud kuikens tot voer, medisyne en toerusting. Om haar insetkoste te beperk en die omgewing te beskerm, gebruik sy herwinbare materiaal.

Alexander Gibson (31)
Boer op Doornkraal Agri – Witzenberg Vallei, Ceres
Alexander boer die afgelope 10 jaar met 300 ha appels en 110 ha pere en sê hy sal graag vertakkings wil byvoeg om sy risiko te versprei. Die plaas verkoel, verpak en bemark al die vrugte self en volgens Alexander is dit ‘n groot voordeel omdat die produk in hulle hande bly. Hy probeer ook altyd op hoogte van die nuutste en beste praktyke in die bedryf bly en wil graag ‘n groener benadering begin volg, soos om sonstelsels aan te bring en meer aandag aan herwinning te gee.

Derec Giles (38)
Boer op Dwarsfontein, Uniondale.
Derec boer al 20 jaar met groentesaad, volstruise en skape en het ook ‘n vleisbeesvertakking met kruiskoeie wat hy met Sussex-bulle dek. Hy sê sy visie is om elke vertakking optimaal binne goeie bestuur- en bewaringspraktyke te bedryf.
Hoewel die voortslepende droogte in die gebied ‘n impak op sy boerdery het, fokus hy op beter waterbenutting en beter keuses op weidingsaanplantings om die droogtetoestande te bestuur. “Ek moes al baie planne maak om te oorleef en kompeterend te bly, maar ek bly optimisties oor die toekoms. Ek is ‘n aanhouer en hardwerkend wat graag my kennis deel en help waar ek kan,” sê hy.

Floris Steenkamp (38)
Boer op Kromfontein, Koue Bokkeveld
Floris boer al vir 19 jaar en is die afgelope sewe jaar die produksiebestuurder op Kromfontein waar appels en pere verbou word. Hy het in 2006 ook sy eie grond by Sutherland gekoop waar hy met basterooie boer.
“Daar is twee goed wat ek verstaan, dit is ‘n vrugteboom en ‘n skaap. Altwee praat met my en ek verstaan hulle,” sê dié bestuurslid van Bewaringslandbou Wes-Kaap. Sy visie vir die toekom is juis om bewaringslandbou as deel van ‘n holistiese, volhoubare en winsgewende boerdery-opset tot voordeel van hul werkers, die natuur en sy gesin te bedryf. “Alle take wat ek aanpak, probeer ek op die regte tyd, met die regte hulpbron op die regte manier te doen,” sê Floris, wat ook lid van die Koue Bokkeveld Veiligheidsgroep is.

Kleinjan Teubes (30)
Boer op Versig, Vredendal
Kleinjan is al vir 11 jaar bedrywig met droogdruiwe, wyndruiwe, groente en steenvrugte en is hoofbestuurder van die plaas. In 2017 het hy ook twee hektaar nektariens aangeplant wat tans baie positief lyk.
Die droogte in die Matzikama-distrik het ook ‘n impak, maar Kleinjan sê hy gaan alles wat hy in die droogte geleer het, verder toepas. “Ek soek altyd geleenthede waarop ons kan kapitaliseer, soos die grond wat ek in die droogte gekoop het en wat homself ‘n jaar later betaal. As jy die keuse maak om suksesvol te wees, moet jy die wil hê om dinge te maak werk,” sê hy.

Malmesbury Kwekery gee raad…veranderde tuinmaaktendense

Oor die afgelope 54 jaar het tuinmaak deur baie verskillende fases gegaan en nog steeds verander dinge so wanneer ek terugkyk dan is ek eintlik verstom.

Tydens die sestiger en begin sewentiger jare was sukkelente die mees populêre plante, dit het bestaan uit vetplante, kaktusse en aalwyne.
In daardie tyd het tuiniers nog nie so baie struike en saailinge (blomplantjies) geplant nie. Tuine was groot, een deel met baie vrugtebome, ‘n ander deel was die groentetuin, soms was daar ‘n groot grasperk met ‘n paar blombeddings rondom en ‘n roosbedding het die tuin afgerond.
Die hele tuin was in reghoeke of vierkantige blokke uitgelê met sementpaadjies tussenin wat met randsteentjies afgerond is.
Hier en daar was daar ‘n groot boom, hibuskusse en bougainvilleas was ook redelik populêr. In hierdie tyd was die algemene houers vir stoep- en huisplante, kleipotte en was bome en struike in kwekerye nog in leë blikke geplant, voordat die eerste plastieksakkies hul verskyning gemaak het.
Vanaf die middel-sewentigs was daar ‘n groter aanvraag vir meer bome en ‘n wyer verskeidenheid struike, groot en klein.
Huisplante het ook meer in aanvraag begin kom soos wat tuiniers begin het om klein binne-tuintjies te skep. In dié jare was asbespotte en houers baie gewild, daar was ‘n groot verskeidenheid fatsoene en vorms, potte wat lyk soos ‘n swaan of reuse skoen-, ‘n gholfbal- of vaatjie-posbus en nog vele ander interessante patrone.
Tot en met hierdie tyd het die Wes-Kaap ook oor geen groothandel kwekerye beskik nie, alle plante is van elders in Suid-Afrika af ingebring met die treine, eers in die laat sewentigs, begin tagtigs het die eerste groothandel-kwekers begin om plaaslik plante te voorsien aan die kleinhandel-kwekerye.
Gedurende die tagtigs en negentigs het daar ‘n groter vraag ontstaan na kleipotte wat vanaf die Oosterse lande ingevoer is.
Daar was ‘n wye verskeidenheid van kleure in klei, “saltglased” en geglasuurde potte. Hier was die patrone en vorms eindeloos.
Tuine het ook begin om ‘n gedaante verwisseling te ondergaan, groot erwe is onderverdeel, die sementpaadjies is opgebreek en beddings het meer vloeibare lyne begin kry.
Met die groot bome wat in tuine meer skadu begin gee het, het tuiniers begin soek na plante en struike wat in koelte kan groei, Clivias, Hydrangeas, Katjiepiering, ens. In hierdie tydperk het blomplantjie saailinge al hoe meer gewild begin word en die aanvraag het geweldig gegroei, in so ‘n mate dat ‘n paar kwekers net hierin gespesialiseer het.
Soos die tyd aanstap, het water duurder en skaarser begin word.
Tuiniers het meer “kompak” begin tuinmaak, meer inheems begin plant en nou begin die sukkelente plante ook weer in aanvraag kom. Met elke droogte tydperk raak houers (potte) meer gewild, daar word meer klippies in tuinuitleg gebruik en paadjies word met plaveiblokke uitgepak of hulle gooi perske- of appelkoospitte.
Daar word al meer van deklaag gebruik gemaak om water te bespaar. Grasperkte word kleiner of verdwyn, so die kinders en Wagter weet nie meer waar om te speel nie.
Ja so sal tuinmaaktendense bly verander soos die tyd aanstap en tuiniers moet aanpas by omstandighede.
Lekker tuinmaak, ons gesels weer op 26 Mei 2021.

Tuingroete
George Retief

Nuwe begin in nuwe perseel vir Mossie Begrafnisdienste

Mossie Begrafnisdienste verskuif na ‘n splinternuwe perseel en bied nou ook ‘n omvattende diens wat ‘n kapel sal insluit.
Mossie Mostert, eienaar van Mossie Begrafnisdienste is baie opgewonde oor die skuif en ook die nuwe toevoeging tot die dienste wat hulle bied.


Nege jaar gelede, op 31 Maart 2012, het Mostert die kantoor van Doves Malmesbury verlaat om op pensioen te gaan, maar het vier maande later op 14 Augustus 2012 sy eie onderneming, Mossie Begrafnisdienste, in Truterstraat 6 op Malmesbury begin.
Ses jaar later, ná hulle hul babaskoene ontgroei het, het die onderneming na Pleinstraat 3 geskuif – die voormalige kantore van Doves Malmesbury.
Waar hulle aanvanklik in Augustus 2012 afgeskop het met ‘n personeel van 2, het hulle uitgebrei na 3 in November van daardie jaar en op 1 Februarie 2014 het sy seun Jacques, by die onderneming aangesluit.
Vandat Jacques by die onderneming is, het Mossie Begrafnisdienste ook begin om hul eie programme en boekmerkies te maak.
Jacques het ook in 2018 ‘n balsem-kursus voltooi, wat deur die NFDA aangebied is.
In 2020, met die koms van Covid-19, het die tradisionele begrafnis skielik plek gemaak vir ‘n nuwe alternatief. Een waar minder mense die diens kon bywoon, waar familie gesoek het na ‘n kleiner perseel en waar ekstra dienste soos die beeldsending van ‘n diens, die lig gesien het.
“Ons moes met al die nuwe reëls en regulasies anders begin kyk na begrafnisse en verassingsdienste. Daar het ‘n groot behoefte ontstaan vir ‘n perseel waar ‘n klein groepie mense kan afskeid neem. Dus was en is daar steeds ‘n behoefte vir ‘n kapel.”
‘n Kapel was nog altyd deel van Mostert se visie vir die onderneming – selfs voor die intree van die Covid19-regulasies.
Ná beplanninge, moontlikhede en skuiwe, het ‘n perseel hom voorgedoen wat ideaal geskik is om van Mostert se droom ‘n waarheid te maak.
Die perseel in Dr Euvrardstraat 21, voorheen die kerkgegou van die Coram Deo-gemeente, was beskikbaar en perfek geskik vir dit wat Mostert nog al die jare wou hê.
Mossie Begrafnisdienste verhuis dan van einde Mei na hierdie nuwe perseel, waar hulle hul bestaande en ook nuwe dienste sal bied.
Hierdie droom is nie oornag bewaarheid nie, maar het harde en toegewyde werk gekos Mostert is dankbaar vir die ondersteuning wat hy en die onderneming vanuit die gemeenskap ontvang.
“Eerstens wil ek ons Hemelse Vader al die eer gee vir Sy groot genade en voorsiening. Dan wil ek ook langs hierdie weg vir al ons kliënte in die Swartland, asook ons geestelike leiers en mediese personeel, bedank vir al die ondersteuning oor die afgelope agt en ‘n half jaar. Sonder julle sou ons nie kon vermag nie en ons eer julle daarvoor,” vertel Mostert opgewonde vanuit sy kantoor.
Mossie Begrafnisdienste bied die volgende dienste: Verwydering, berging, diens, programme, boekmerkies, beeldsend en vele meer.
Teen ‘n minimale koste kan ‘n maatskappy ook op die TV-skerm in die ontvangs hul onderneming adverteer en kliënte oor die hele Wes-Kaap word deur Mossie Begrafnisdienste bedien.
Hul leuse is nie verniet “Dienste met ‘n verskil” nie.
Mossie Begrafnisdienste verhuis vanaf 1 Junie na Dr Euvrardstraat 21.

Saaityd in die Swartland

Dis planttyd in die Swartland en talle graanprodusente van die omgewing het Maandag begin plant. Op Lammie Louw se Paddavlei is dit ook ‘n miernes van bedrywighede waar hy, saam met Weskus Meganisasie, besig is om te saai.

Sport – Blits

Eudrich Huysamen, ywerige renjaer, het Saterdag by die Swartland Oval Karting se uitdaging ‘n eerste plek behaal in sy afdeling. Huysamen se droom is om eendag professioneel hierdie sport te beoefen.

Sport – Gholf

Gholfkampioen: Die klubkampioenskap van die Malmesbury Gholfklub, het Saterdag op hierdie baan plaasgevind. Peter Willemse het hierdie titel vir die 10de ingepalm. Hier is die naaswenners in die B-afdeling: John Smith 163, wenner in die B-afdeling was Faeez September, wenner van die A-afdeling is Peter Willemse met 143 en tweede was Doppies Coetzee met 155.

Liefdadigheidswinkel open op CK

Die projek, ‘The Gràvitree Charity Shop’, is Saterdag, 17 April 2021, amptelik in Roosstraat by die Alfa Dienssentum (oorkant Wesbank Sportgronde) geopen.
Dit vorm deel van die ‘Effective Living Community Project’ wat al reeds bestaan en daarop gemik is om mense op te lei om selfonderhoudend en ekonomies onafhanklik te wees.
Die liefdadigheidswinkel, wat alles en nog wat sal verkoop, beoog om elke Dinsdag en Donderdag oop te wees vanaf 09h00 tot 15h00.
In samewerking met die ‘Effective Living’ projek, het Dencil Hattingh en Madelé Rinkwest nou ook by die span aangesluit
Hattingh wat onlangs sy boek, ‘It is never too late to be you’, bekend gestel het, beoog om deur middel van jeugprogramme ‘n verskil in jongmense se lewens te maak.
Terwyl Madelé, wat onlangs haar diploma in lewensafrigting verwerf het, die jeug wil oplei en hulle wil toerus vir die lewe.
‘n Markdag sal ook op die eerste en derde Saterdag van elke maand by die dienssentrum gehou word.
Vir enige inligting kan u Yolanda Juries kontak by 072 491 1439 tussen 09h00 en 12h00.


Open chat