Month: April 2021

Rev Abrahams bids Malmesbury fair farewell

The 10th of April 2021 marked the Revd Canon Craig Abrahams’ 8th year and 1 month anniversary at the parish of St Thomas the Apostle in Malmesbury.
To date, this is the longest period of time that he shared his ministry with a parish. It was therefore laden with a bittersweet undertone, as he officiated and shared his ministry with this parish for the last time on Sunday, the 18th of April 2021.
The Parish of St Thomas the Apostle, Malmesbury wishes to thank him for serving their parish and sharing his spiritual gifts with them.
For unselfishly sacrificing his time to spiritually uplift and guide young and old.
As Father Craig is starting a new chapter in his life, the parish is praying for God’s hand over his spiritual and emotional well-being. Hoping that ‘the road will always rise to meet him’ as in accordance with the well known Irish blessing.

Sport – Krieket

Wesbank Sekondêr het hul top-krieketspelers van die afgelope seisoen vereer vir hul toegewydheid en prestasies gelewer. Brent Julies (links) is aangewys as die beste o.15-speler, terwyl Tiaan Serdyn (regs) as die beste o.19-speler aangewys is.

Superspar Malmesbury open deure na nuwe winkel

Superspar Malmesbury het Donderdag die deure na hul splinternuwe winkel geopen. Die winkel het reeds in die verlede groot sukses behaal en talle toekennings ingepalm.

African Horse Sickness detected in Cederberg

Following the discovery of five suspected cases of African Horse Sickness (AHS) on a farm within the Cederberg Local Municipal area the Western Cape Provincial Veterinary Laboratory confirms that samples from a recent death tested positive for the AHS virus’s presence.
A preliminary outbreak-controlled area which includes the Cederberg Local Municipality has now been established. The borders are:
• An eastern border delineated by the border between the Western Cape Province and the Northern Cape Province.
• A western border delineated by the Atlantic Ocean.
• A northern border following the existing AHS protection zone border

  • from the Atlantic Ocean (between Cape Donkin and Lamberts Bay)
  • crossing the N7 4.5 km south of Trawal and indicated by an AHS controlled area signboard
  • following the Cederberg local municipality border east along the Doring river until the Northern Cape/Western Cape boundary

• A southern border following the Cederberg Local Municipality border.

  • east from the Atlantic Ocean, approximately 14.5km south of Elandsbaai
  • linking to the N7 at the western base of the Piekenierskloof pass
  • following the N7 to the R303 at Citrusdal
  • following the R303 for approximately 19km to the Middelberg mountains to link back to the southern border of the Cederberg Local Municipality and to extend east to the border between the Western Cape Province and the Northern Cape Province.
    No equines (horses, donkeys, zebras) will be allowed to move out of, into, through or within the outbreak-controlled area without a permit issued by the Western Cape Department of Agriculture’s Veterinary Services.
    All forms and permit applications concerning the outbreak controlled area can be obtained and submitted to info@myhorse.org.za.
    Enquiries can be directed to the state veterinarian responsible for the Cederberg municipal area and the current AHS outbreak-controlled area Dr Chanel Lombard on 027 213 3106 or email chanelL@elsenburg.com.

Nuwe gesig vir Superspar Malmesbury

Inkopie ervaring uit die boonste rakke

Superspar Malmesbury is nie ‘n winkel wat jy sommer in elke tweede dorp in die land aantref nie.
Hierdie juweel in die hartjie van die Swartland skitter blink en helder en skop stof in teenstaanders se oë as hulle aan kompetisies deelneem.
Soveel so, dat die winkel al aangewys is as die Superspar van die Jaar in Suid-Afrika.
Dit wil gedoen wees.
Om dit reg te kry, moet die winkel altyd aan die voorpunt van ontwikkeling en vernuwing bly.
Dit is juis hoekom die winkel nou spog met ‘n splinternuwe voorkoms.
Nie net is die voorkoms verander nie, maar daar is ook talle nuwe toevoegings, wat jou inkopie-ervaring by hierdie winkel net nog soveel sal verbeter.
Hierdie is nie net ‘n winkel waar jy inkopies doen nie.
Dit is een waar vriende mekaar raakloop tussen die rakke en aan die gesels raak.
Dit is die winkel waar vreemdelinge ontmoet, waar mense mekaar met ‘n kopknik en ‘n glimlag groet.
Hoekom? Want dis lekker om hier jou inkopies te doen.
Alles is logies georden. Hier vind jy alles onder een dak.
Van sponse om jou voertuig mee te was, tot skryfbehoeftes, sushi, heerlike gaar-disse, koeke, terte, snuisterye, tydskrifte, wol en vele meer.
Hoekom dan verder soek as jy alles onder een dak kan vind by Superspar Malmesbury.
Hierdie winkel op die hoek, soos daar baie keer na hom verwys word, is ‘n baken op Malmesbury.
Dit dateer uit die 80’s en is so plaaslik soos gesnyde brood. Hier het talle inwoners as kinders rondgehardloop tussen die rakke, grootgeword in die stootwaentjie as ma gaan inkopies doen het en hulle besoek vandag steeds die winkel.

Hoekom?
Eenvoudig – dis lekker en gerieflik en bekend.
Deur die jare het Superspar Malmesbury gedaanteverwisselinge ondergaan om by te bly by die tyd.
Nou is daar nuwe rakke, nuwe yskaste, nuwe naamborde en nuwe toevoegings.
Al stap jy deur die volgepakte rakke wat nou ‘n bietjie anders lyk, ervaar jy steeds die huislike en gemaklike atmosfeer van dit wat Superspar Malmesbury jou kan bied.
Dit is vriendelikheid, diens met ‘n glimlag, gehalte produkte teen bekostigbare pryse, ‘n wye produktereeks en soveel meer.
Hul slaghuis sal die mond laat water met hul vleissnitte en hulle is glad nie bang om nuwe produkte uit te toets en aan kliënte te bied nie.
Die varsgebak se reuk verwelkom jou as jy by die agterdeur instap.
Die winkel verwelkom jou by die voordeur en groet jou met ‘n wuif as jy uitstap.
Eienaar Des Moller en sy wen-span van Superspar Malmesbury staan reg om die gemeenskap te dien en om kliënte te ontvang, sodat hulle ‘n inkopie-ervaring uit die boonste rakke kan geniet.

Damvlakke in die Weskaap

Die totale daminhoud van die damme in die Wes-Kaap se voorsieningsnetwerk, staan tans op 71.2%.
Dit het gestyg van verlede week se 71.8% en verlede jaar se 56.7%.
Die Bergrivierdam is nou 73.5% vol, in vergelyking met verlede jaar se 67.8%.
Die Laer-Steenbrasdam se vlakke is nou by die 60%-merk, waar dit verlede jaar dieselfde tyd op 57.2% gestaan het.
Die Theewaterskloofdam is nou 75.9% vol. Verlede week het die damvlak op 76% gestaan en verlede jaar op 52.8%.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, is nou 63.2% vol en was verlede jaar dieselfde tyd 53.3% vol.
‘n Paar warm dae word vir die res van die week voorspel met die kwik wat vandag by die 35 grade celsius sal draai, môre by 32 en Vrydag by 33.
Dit sal ook ‘n warm naweek wees met 36 grade celsius voorspel vir Saterdag en 34 vir Sondag.

Sport: Bester breek SA-rekord vir stap

Stap: Hierdie atlete van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die afgelope naweek aan die ASA Atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem en geskitter tussen al die ander deelnemers. Emma Hartley het in die o.16-afdeling in die 5km stap ‘n derde plek ingepalm. Tercia Adams het in die o.16-afdeling deelgeneem en ‘n derde plek in die 1500m hindernis behaal. Christiaan Bester, o.18, het in die 10km stap die eerste plek behaal en ook ‘n nuwe SA-rekord opgestel. Talita du Bruyn het in die o.16-afdeling ‘n vierde plek in die 5km stap behaal.

Sport: Keanan draf uit vir Tekkies-span

Almal is bekend met die gesegde, ‘waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg’…
Wel, dit is hierdie gesegde wat opkom tydens ‘n geselsie met Keanan Solomons, 20 jarige rugby speler van Malmesbury, wat onlangs gekies is vir CPUT se Varsity Shield Span of ‘Tekkies’ soos hulle beter bekend staan.
Keanan is ‘n kranige jong speler. Sy liefde vir die sport kan gemeet word aan al die toekennings wat hy, tot dusver, in sy jong rugbyloopbaan verwerf het.
Dit kom dus as ‘n skok wanneer hy noem dat hy eintlik verbied was om rugby te speel, nadat hy op 7 jarige ouderdom sy heupbeen gebreek het.
Die dokters het dit destyds baie duidelik gemaak dat hy nooit weer in enige sport sou kon deelneem nie.
Maar sport is egter in sy bloed en op 11 jarige ouderdom wou hy met alle mag rugby speel. Sy ma, Ursula Solomons, het geweier, maar Keanan was vasberade.
Op 11 jarige ouderdom het hy vir die eerste keer in ‘n sewestoernooi gespeel waar hy ook as speler van die toernooi aangewys was.
Die koeël was deur die kerk en Keanan het sy passie gevind.
In Graad 11, op 17 jarige ouderdom, was hy die jongste speler wat as kaptein vir Schoonspruit Sekondêr se A-span uitgedraf het.
In matriek het hy weer geskiedenis gemaak toe hy twee agtereenvolgende jare die FNB Classics, as kaptein, vir die skool gewen het.
Na matriek het Keanan by CPUT begin studeer en tussendeur vir Wesbank Rugbyklub se sewesspan gespeel om ondervinding op te doen. In 2020 was hy benoem as die beste voorspeler by die De Doorns-toernooi.
Die Covid-pandemie het egter sport aktiwiteite gekelder, maar toe SARVU onlangs die groen lig gee het Keanan weer volstoom met proewe by CPUT begin.
Behalwe talent het wilskrag, deursettingsvermoë asook harde werk by gedra tot hierdie mylpaal wat hy bereik het.
Dit was dus ‘n groot teleurstelling toe Keanan twee weke gelede sy knie beseer het en weens die besering moes terugstaan vir die 1ste ‘bubble’ van die toernooi.
Hy hoop en vertrou dat hy vir die 2de ‘bubble’ gereed sal wees.
‘Tekkies’ se eerste wedstryd was op Loftus Versfeld in Pretoria, en was gebeeldsend op 12 April 2021 op Supersport 211.

Werkswinkels: Malmesbury Makers maak Malmesburiërs kreatief

Malmesbury Makers het onlangs die lig gesien en is besig om baie vinnig in gewildheid te groei onder die kreatiewe siele van Malmesbury.
Die konsep van Malmesbury Makers het ontstaan tussen twee vriendinne wat lus was om ‘n kreatiewe uitlaat te kry, maar ter selfder tyd die plaaslike besighede te ondersteun. Hulle het jammer gevoel vir die klein winkels, verskaffers en plaaslike entrepreneurs wat swaar trek ná die gevolge van die Nasionale Inperking weens Covid-19.
Die twee vroue agter Malmesbury Makers, wat kies om nie in die kollig te verskyn nie, beskryf hulself as “inkommers”, maar dat hulle baie vinnig baie lief geword het vir Malmesbury en sy mense.
“Mens voel tuis hier. Dit voel vir jou asof jy ‘n toekoms hier kan bou. Mens wil dus sien hoe jou dorp vooruitgang maak. Jy wil sien dat dit goed gaan met mense en dat die inwoners gelukkig is en hulself kan uitleef.”
Navorsing wys daarop dat kreatiwiteit in kleiner gemeenskappe lei tot veerkragtigheid van die inwoners, beide ekonomies en psigies. Dit word na verwys as “kulturele kapitaal”. Kreatiewe inwoners dra meer by tot die ontwikkeling van hul omgewing en di­t veroorsaak weer samehorigheid in diverse gemeenskappe.
Volgens hulle is Malmesbury ‘n klein dorpie met groot talent, maar gegewe die assosiasie met nywerhede en verwydering van ongerepte natuurlike skoonheid, word die dorp soms misgekyk deur haar eie inwoners as ‘n kreatiewe aktiwiteitsbestemming. Meeste Malmesburieërs is totaal onbewus van die dienste en vaardighede tot hul beskikking, en betaal maklik ten duurste vir diensverskaffers in die Boland of Kaapstad vir iets wat eintlik onder hul neuse gevind kan word.
Malmesbury Makers bied verskillende werkswinkels aan, juis om die plaaslike kreatiwiteit te prikkel en na vore te bring.
Die eerste een het gehandel oor ‘slow fashion’.
Malmesbury Makers wil mense aanmoedig om of plaaslik klere te koop, of self te maak. Elke deelnemer is geleer hoe om ‘n rokkie te maak, sommer sonder ‘n patroon.
Met die stuur van uitnodigings is hulle so vinnig oorval met besprekings, dat hulle moes spring om ‘n werkswinkel saam te stel.
“Gelukkig is die dorp se mense so entoesiasties en hulpvaardig, dat alles so mooi in plek geval het. Perron Fm het vir ons die spasie geborg om die werkswinkel aan te bied, toe ontdek ons vir Nola Dudley, wat ‘n uitstekende instruktrise is, om die sessie aan te bied. ‘n Paar vriendinne het vir ons stikmasjiene geleen en ons het al die benodigdhede vir die werkswinkel plaaslik aangekoop. Alle materiale en benodigdhede is voorsien en die dames moes letterlik net opdaag en begin knip en stik!”
Dit is ook wat Malmesbury Makers met die volgende werkswinkels wil doen: Jy daag net op en ons doen en voorsien die res. Geen ervaring is nodig nie, juis dat die mense kan wys hoe maklik dit is om iets mooi te skep. Malmesbury Makers poog om een keer per maand ‘n kreatiewe oggend aan te bied, van “slow fashion”, tot koekversier en keramiek verf, tot kranse weef en kerse maak. Daar sal iets wees vir almal en hulle wil met elke geleentheid ‘n nuwe plaaslike kundige kry om die werkswinkel aan te bied.
“Daar is beslis geen tekort aan plaaslike kundiges in die Swartland nie!”
Dit is nou belangriker as ooit om die mense, die entrepreneurs, die makers en die skeppers in jou dorp te ondersteun. Malmesbury Makers hoop om die bruggie te wees tussen die inwoners en die kundiges.
Kreatiwiteit kweek ook geleenthede. Ná die eerste werkswinkel was Malmesbury aangenaam verras om te hoor dat daar skielik dames is wat weer kans sien vir klere maak.
“Dit kan lei tot die ontwikkeling van nuwe klein ondernemings, en die ondersteuning van verskaffers in die dorp. Dit lei weer verder na werkskepping.
“So hou ons Malmesbury se geld in Malmesbury en die dorp maak vooruitgang deur die versterking van die intra-ekonomie. Di­t maak ons trots, en dit is hoekom Malmesbury Makers doen wat ons doen.”
Hou gerus Malmesbury Makers se Facebook blad dop vir opkomende werkswinkels en geleenthede.

Malmesbury Museum needs your help

The Parish of Swartland was founded in 1745, on the recommendation of the Commissioner van Imhoff, on the farm of the Widow van der Westhuizen but it was not until about 1800 that the land surveyor, J W Wernich drew up a plan for the sale of five plots below the site of the present day Moederkerk . The town was given its present name in 1829 by the Governor of the Cape SirLowry Cole, who was the son-in-law of the Earl of Malmesbury in England.
Jewish traders or smouse are believed to have visited the town in the late 19th century. After the Russo-Turkish War of 1877 many Jewish families, fleeing persecution, made their way to South Africa specifically from Lithuania and Latvia. And so began a long and fruitful association between the Jewish immigrants and the local Gentiles in Malmesbury and the farming community of Dutch settlers.


The first Malmesbury Hebrew Congregation appears to have been formed about 1900. By 1906 the congregation began collecting money for a synagogue and Max Goldman drew up the plans for the building situated on 1 Prospect Street. The foundation stone was laid on 11 November 1911 by Abraham Katz and Benjamin Olswang. The words ‘How Goodly are Thy Tents O Jacob’ are inscribed in Hebrew on the archway above the front door of the Museum together with the Star of David.
In the early days most of the Jews in the well-established community of Malmesbury were general dealers, fresh produce dealers, and some were still smouse servicing the outlying farms. Later they bought land and became successful poultry and dairy farmers. These immigrant Jews were hard working and determined to make a living and contribute to their new country. Thus they set up jewellery shops, tailoring businesses, and garages, ran cafés, bars and bakeries.
In 1971 it was decided to dissolve the Malmesbury Hebrew Congregation and in 1974 Dr Leon Goldman purchased the synagogue and transferred it to the then Malmesbury Municipality with the proviso that it be used for cultural purposes only.
The Museum as we know it today is the result of the dedication of the Cultural Committee of Malmesbury . Fundraising was started as far back as 1989 in order to fund the layout of the Museum. The planning of the displays and the division of the interior into various sections was done by the architectural firm Malherbe and Rust from Paarl. On completion the Museum was formally opened on 10 October 1991 by the Mayor Clr Klasie Rust. The section dedicated to the Jewish pioneers was officially opened by Julius Kretzmar on 12 August 1994. In the same year the building was declared a National Monument (classified today as a Provincial Heritage Site).
Architecturally it is a fine example with a centrally placed front door and teak windows rounded at the top. The facade is topped by an ornate Cape Dutch Revival gable and inside it is double volume with a gallery.
Today the Museum also houses the history of Malmesbury, Wesbank and Ilinge Lethu and the Dutch Reformed Moederkerk, together with an interesting display of medical and dentistry items donated by the local hospital and the family of the late Dr George Hofmeyer van Zyl. The Kitchen contains items dating back to the 1920’s and there is a reconstruction of an old fashioned General Dealers, which was part of a collection purchased from long time local collector and amateur historian, Trevor Rinkwest. It is full of interesting items recognizable to the older generation, but a great novelty to the children of today. Over the years a clothing collection has been assembled including a black wedding dress. Of special local interest there is a short history of Bokomo and a display of equipment donated by them from their first bakery.
The Museum is administrated by a committee of volunteers and financial statements are audited annually. The building is maintained by the Swartland Municipality, from whom we receive a monthly grant-in-aid. Fundraising for projects etc are the responsibility of the committee. For a small fee members of the public may join as Friends of the Museum.
Please take the time to visit the Malmesbury Museum. It is open on weekday mornings from 9:00 to 13:00 and at other times by appointment.