Day: May 26, 2021

Komberse teen die koue

Die winter is besig om sy greep op Swartlanders te versterk, maar op Moorreesburg het die vroue van die VLV-tak ‘n plan gemaak om die ergste koue te stuit. Met hierdie inisiatief kon Moorreesburgers ‘n kombers brei of hekel, of blokkies maak wat dan aan mekaar gewerk is om ‘n kombers te vorm. Die vroue het so gewoeker dat 150 komberse gemaak is. Die inisiatief is deur die Moorreesburg Sakekamer ondersteun en hulle het ook fondse geskenk om die nodige wol aan te koop. Al die komberse het reeds ‘n huis waar daar ‘n warmding benodig is. Die projek was oorspronklik geoormerk vir Madiba-dag, maar met die koue wat nou op Swartlanders is, is besluit om die projek te vervroeg. Indien enige persoon nog ‘n kombers wil skenk of ‘n bydrae wil lewer, kan Anél Hanekom gekontak word by
info@moorreesburgtourism.co.za of 022 433 1072. Foto: Ghida Visser

Fransman bou toep vir Malmesbury

Garth Fransman, boorling van die Swartland en woonagtig op Malmesbury, het sy liefde vir dié Swartlandse dorp, sy mense en besighede, laat posvat in ‘n toep, Malmesbury Find.
Hier word ondernemings gelys en kan inwoners alles waarna hulle soek, op hierdie toepassing vind.
“Vir baie sake-ondernemings,klein en groot, was dit ‘n hectic jaar en ‘n half gewees weens die Covid-pandemie. Ons het gesien hoe sekere besighede hul deure moes sluit weens die impak wat inperkings en die virus op hul besighede gehad het. Dit het gelei dat sommige mense hul eie besighede moes begin en om entrepreneurs te word – just to make ends-meet. Op Malmesbury was dit geen exception,” vertel Fransman.
Hy het ondervind dat baie mense nog nie weet van al die ondernemings op die dorp en die dienste wat hulle bied nie.
In ‘n poging om alle nuwe, asook bestaande besighede op Malmesbury en die Swartland aanlyn te bevorder en plaaslik te ondersteun het hy ‘n nuwe toep ontwikkel genaamd Malmesbury Find.
Die Malmesbury Find-toep maak dit baie maklik om plaaslike besighede te soek en sluit interessante aspekte soos die weersvoorspelling, spesiale aanbiedings, werksgeleenthede, asook plaaslike kennisgewings in.
Om jou besigheid se inligting op die toep gelaai te kry, is gratis.
“Met tegnologie en die lewe wat meer aanlyn raak, is hierdie ‘n reddingsboei vir baie ondernemings. So, ons wil graag teruggee aan ons gemeenskap en op hierdie manier ‘n platvorm skep vir ons plaaslike ondernemings om hulle naam daar buite te kry.”
Programmeering was nog altyd vir Fransman ‘n groot passie en hy het in 2003 aan CPUT in hierdie rigting studeer. Van daar het hy aanlyn kurssusse voltooi soos “database designing, html en web design en android app development”.
“Al die kursusse gesamentlik het my in staat gestel om die Malmesbury Find app te ontwikkel en meer belangriker, om plaaslik te ondersteun.”
Fransman het ook sy eie onderneming, Pytbyte Web and App Development PTY LTD wat plaaslike toepassings ontwikkel.
“Ons het ook die voorreg gehad om Ivy Inyambodza ‘n IT-gegradueerde van Illingulethu en Roydon Onverwacht, gradueerde in menselike hulpbronne van Abbotsdale op te lei met die databasis onderhoud en die laai van data op die databasis wat ons opgedateer hou.
“My vrou, Patricia, het ook baie gehelp om ons te inspireer en nuwe idees gegee en ook dat sy toegelaat het dat ons Saterdae werk en soms tot 03:00 op weeksdae. Ons hoop dat die Malmesbury Find app baie inwoners se fone gaan bereik om baie plaaslike besighede te ondersteun, want ek dink baie sal verbaas wees met die aantal besighede op en rondom die dorp.”
Die app kan gevind word of Google Play Store en in die nabye toekoms op iOS.

Opbouende teepartytjie soos min

Vir Adrian Januarie, of ‘AJ, soos almal hom ken, is geen berg te hoog. Hierdie welbekende geestelike leier en entrepreneur het al baie in sy jong lewe vermag en hou van ‘n uitdaging.
Dit is hoe die idee van sy geliefde ‘High Tea’, oorspronklik, ontstaan het.
‘n Fondsinsamelingsprojek, in die vorm van ‘n teepartytjie, het aan die einde van die dag ‘n lewe van sy eie aangeneem.
Hierdie geleentheid was so inspirerend en opbouend, dat die dames teenwoordig, aangedring het dat hy dit weer moet aanbied.
Dit sal dus op Sondag, 6 Junie 2021,die 6de agtereenvolgende jaar wees dat AJ as gasheer sal optree.
Die ander opwindende nuus is dat dit hierdie jaar by sy eie restaurant, ‘Le Petit Palais’, gehou sal word. ‘Die Klein Paleis’, wanneer mens dit vertaal, het vroeër die jaar sy deure oopgemaak en is reeds ‘n gewilde kuierplek.
Elke jaar nooi AJ sprekers wat ander kan inspireer en motiveer, en hierdie jaar is geen uitsondering. Dit is vir hom belangrik dat die vroue in sy gemeenskap bemoedig word en bewus gemaak word van ‘n groter wêreld daarbuite.
Twee prokureurs, jarelange vriende van die gasheer, sal hierdie jaar hul getuienisse met die kuier gaste deel.
‘n Ekstra byvoeging tot die geleentheid is plaaslike digter, Leonita Coutts, wat een van haar gedigte sal voorlees. Haar motiverende digbundel sal ook beskikbaar wees teen R80 ‘n kopie.
Om deel te wees van hierdie lekker, opbouende kuier geleentheid op Sondag, 6 Junie 2021 vanaf 12h00, kan u AJ kontak by die volgende nommers: 078 366 0012 of 061 881 5281
Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ‘n drie-gang maaltyd in. Elke gas sal ook ‘n klein geskenkie ontvang.

How an insecurity became a strength

After being left in financial ruin by her second husband, Samantha Samuels (44), had no other alternative, but to find an additional source of income. As a single mother she had to quickly find her feet, despite feeling like an emotional wreck.
It was during this journey, that she had to face her fears and overcome all the insecurities that previously held her back.
As a sales representative, Samantha always had to look her best.
Meeting clients and doing sales pitches was the norm. The one thing that, however, often sabotaged her confidence, was her hair. Struggling to keep it in place and maintaining that professional look.
Already suffering from a low self esteem and the constant worry of having to find an extra income, lead to her anxiety levels increasing.
While on social media one day, she stumbled upon an advertisement about brazilian hair treatments.
This piqued her curiosity and she decided to do more research.
Finding that a brazilian hair treatment was a semi-permanent hair smoothing method, done by temporarily sealing a liquid keratin and a preservative solution into the hair with a hair iron.
*This treatment creates a protective layer around each strand of hair, effectively diminishing frizz, sealing the cuticle, and protects it against external damage.
When Samantha read this, she immediately realized that this might be the solution to her constant hair dilemma.
Little did she know how costly and time consuming it would actually be when doing it through salons that specialized in this. Yet, the results were worth it.
Motivated to find a cheaper way of doing it, she bought the products needed and started doing her own hair.
Time and patience were on her side, and after a few months she also started doing brazilian hair treatments for family and close friends.
They were all impressed and in 2015 she decided to do this on a part time basis, as an extra income.
Within a year Samantha was so busy, and had built up such a huge client base, that she could quit her day job and do this full time.
To provide her with additional knowledge, as well as the necessary credentials, she did an extensive hairdressing course at ‘Hair Aid Academy’ in Parow. She, however, only specializes in hair treatments.
Her passion for this is evident, and is proven by the fact that she travels and provides this service, in the comfort of your home.
This perk has proven to be an attraction and it compliments her reasonable price structure.
Recently she also added after care products as well as top of the range heat styling equipment to her résumé.
She laughs when reflecting on how an insecurity motivated her and eventually became a strength.
Samantha has a natural love for interacting with others and when given the opportunity, she will try to motivate and encourage. She has also provided training for many young girls already, in the form of apprenticeships.
Helping them to eventually become independent and self-sufficient. For more information or to book an appointment with Samantha you can contact her on: 073 237 4801 or 078 859 6996

Stand van die damme

Die damme in die voorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap was Maandagmiddag 74.5% vol in vergelyking met verlede week se 69.8% en verlede jaar se 53%.
Gedurende 2017 was die damme op dieselfde tydstip 20.1% vol.
Die Bergrivierdam was Maandag 84% vol en verlede week 76.1%. In 2020 was die dam 65% vol en in 2017 31.4%.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 62.6% vol, waar die dam verlede week die 58%-merk gehaal het en verlede jaar dieselfde tyd 46.5% vol was.
Die Theewaterskloofdam was Maandag 80.3% vol. Verlede week het die dam se vlak op 75.2% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 49.9%. In 2018 op dieselfde tyd was die dam 13.6% vol.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 60.2% vol in vergelyking met verlede week se 58.3% en verlede jaar se 49.8%. In 2018 was dié dam op dieselfde tyd van die jaar 15% vol.
Die reënval wat oor die afgelope week aangeteken is by die Voëlvleidam was 109.1mm. Op 19 Mei het 4mm geval, op 20 Mei 66mm en op 21 Mei 5mm.

Bron: www.capetown.gov.za

The Benefits of Therapeutic Reflexology

Therapeutic reflexology is a holistic complimentary healing therapy, scientifically based and thousands of years old, practiced to bring about balance within the mind, body and spirit. A sense of wellbeing is achieved through an overall feeling of physical, mental, emotional and spiritual wellness. In this state an individual can experience a positive attitude, joy of life, a relaxed calm state and clearer thought processes. Achieving these experiences can be a challenge for most people in today’s fast-paced and stressed environment. Sometimes a little help is needed to boost this sense of wellbeing and this is where therapeutic reflexology has been shown to be very beneficial.
Through the stimulation of reflex points on the feet, which map the organs, organ systems and body parts of the whole body, reflexology can improve overall well-being. This treatment stimulates the circulatory system which assists the flushing out of toxins and thereby increasing energy levels. The immune system is boosted and therefore becomes more efficient at fighting harmful invaders. A state of deep relaxation is experienced through the calming of the nervous system which also promotes healthy sleep patterns. Recovery time after injury is improved due to increased blood flow to the area and the removal of lactic acid. Mood is improved due to the ‘happy hormones’ being released which promote a happy and relaxed state of being.
The human body was wonderfully designed to heal itself. Through the regular practice of therapeutic reflexology, one can experience improvement in most health challenges.
A reflexology treatment includes advice on nutrition, exercise and relaxation techniques to further enhance a sense of well-being.

To experience the health benefits of therapeutic reflexology please contact Meryl Green on Cell: 082-3264555 – Practice in Malmesbury.

Winterpromosie nou by Spec-Savers

Spec-Savers Malmesbury bied professionele oogsorg en -produkte teen bekostigbare pryse.
Optometris Keihara Sindhrajh en haar vriendelike span nooi jou uit om ons opwindende Winterpromosie te benut, met jou keuse van ‘n gratis raam ter waarde van tot R1500, óf afslag van tot R1500 op lensverbeteringe, soos Blou Lig-beskerming en Climate Eyes veranderlike tintlense.
Om vir die fantastiese promosie te kwalifiseer, moet jy bloot vir ‘n omvattende oog-ondersoek en ‘n voorskrifraam en -lense betaal.

BLOU LIG-BESKERMING (Lensverbetering)
Spec-Savers se Blou Lig-beskermingslense verminder die skadelike uitwerking van digitale oogstremming wat aangerig word deur die elektroniese skerms van toestelle soos TVs, rekenaars en selfone, en LED-beligting.

Wat is Blou Lig?
Blou Lig is ‘n natuurlike komponent van sigbare lig wat orals voorkom. Die son is verreweg die grootste bron van blou lig, maar dit word ook deur kunsmatige ligbronne soos jou selfoon en rekenaar vrygestel. Blou lig bestaan uit goeie en skadelike blou lig.

Is daar iets soos “goeie” blou lig?
Ja! Goeie blou-turkoois lig verbeter ons gemoedstemming en kognitiewe prestasie. Dit reguleer ons slaap/wakker-siklus, en laat ons wakker, waaksaam en bedrywig voel.

Kan “goeie” blou lig skadelik word?
Ja! Skadelike blou-pers lig word aangedui as die mees skadelike blou lig. Langtermyn blootstelling aan skadelike blou lig kan jou retina permanent beskadig en retinale veroudering bespoedig. Oormatige blootstelling aan skadelike blou lig kan tot oogstremming bydra.

CLIMATE EYES (Lensverbetering)
Ons veranderlike tint, Climate Eyes, bevat bekostigbare lenstegnologie, wat gebruikers die gerief verleen van voorskriflense wat outomaties tussen lig en donker verwissel, na gelang van ligtoestande in die gebruiker se omringende omgewing.
Dit beskerm jou oë teen die son se skadelike UV-strale en is ideaal vir brildraers wat nie gedurig tussen voorskrifbrille en voorskrif-sonbrille wil wissel nie. Climate Eyes word gereken as ‘n prima fotochromiese lens teen ‘n bekostigbare prys.

WINTERPROMOSIE
Benut vandag nog ons Winterpromosie en trek voordeel uit gratis lensverbeteringe ter waarde van tot R1500. En onthou dat jy kan kies om, in plaas van lensverbeteringe, ‘n gratis raam ter waarde van tot R1500 te kry.
Skakel Spec-Savers Malmesbury vandag by 022 482 1181/2 vir ‘n afspraak, of bespreek aanlyn op www.specsavers.co.za.
Spec-Savers – Vir bekostigbare oogsorg en soveel meer.

Kenners gee raad oor Junie-maand in my tuin

Voor ons by die tuintake kom, kom ons praat eers oor “WAT HET TUINWERK MET STRES TE DOEN”? Elke mens het sy eie manier om met sy stresvlakke te werk.
Sommige gaan draf, ander ry fiets, speel ‘n paar rondes gholf of gaan selfs gimnasium toe. Wat jy ook al doen met jou stres, tuinwerk is ‘n baie goeie terapeut om jou gemoedstoestand te verbeter. Maak nie saak wat jou ontstel het of waarvoor jy keelvol geword het nie, dit bly verbasend wat ‘n bietjie krap in jou tuin aan jou geestestoestand kan doen.
Dit is reeds oor en oor bewys dat tuinmaak wondere vir jou gemoedstoestand doen, om met jou hande in die grond te krap (al is dit met handskoene aan) is die beste manier om jou kop skoon te kry en jou lyf se moeg van al die stres weg te werk. Laastens, vra maar vir enige ywerige tuinier of hulle met stres gepla is, die antwoord sal meestal “nee” wees. Al waaroor hul moontlik mag kla is dalk ‘n seer rug of seer knieë met ‘n breë glimlag op die gesig.
Nou praat ons tuintake; baie mense vra my dat hulle sukkel om die saad wat hul saai of steggies wat hul plant aan die groei te kry, wat doen hul verkeerd. Kom ons begin by die saai van saad, die mees belangrike ding van saad is, JY MOET DIT NIE BEGRAWE NIE!
Wanneer jy saad saai, is die eerste belangrike ding om jou grond reg voor te berei, hetsy direk in die tuin of in saadbakke/kissies.
Direk in die tuin moet jy ‘n deeglike hoeveelheid kompos in jou grond inspit sodat dit wat jy daar gaan saai of plant, mooi kan groei tot blom of oestyd. In saadkissies/bakke gebruik jy ‘n saailingmengsel wat bestaan uit gelyke dele sand, kompos & leemgrond, of hedendaags gebruik ons die palmveen wat jy in blokvorm koop en self voorberei. Geen saad moet dieper gesaai of geplant word as wat die saad se dikte is nie. Dit beteken dat wanneer die saadjie 1mm dik is, dan plant jy dit net 1mm onder die grondoppervlakte, ensovoorts.
By groter boomsade is die gebruik gewoonlik dat die saad net halflyf in die grond ingedruk word met die rug wat nog uitsteek.
Sommige sade moet baie ‘vars’ gesaai word, dit beteken jy kan dit nie bêre vir later nie, waar ander sade kan weer vir baie lank gestoor word teen die regte temperature.
Wanneer jy saad oor ‘n baie groot oppervlak moet uitstrooi, soos byvoorbeeld grassaad of fyn blomsaad, is dit soms baie moeilik om te sien waar het jy nou alreeds gesaai en waar nog nie.
Jy kan die saad meng met effe klam growwe sand, of met growwe mieliemeel.
Dit moet net deeglik vermeng word, anders gaan jy ook nie ‘n mooi eweredige verspreiding van die saad kry nie. Daarna hark jy net liggies die saad in die grond in.
Wanneer ons met steggies werk, is daar ‘n paar dinge om in gedagte te hou. Jy kry sagtehout, mediumhout en hardehout by plante. Sagtehout is die heel jongste groei aan plante en vir die steggies gebruik ons ‘n no.1 hormoonpoeier om beworteling aan te moedig. Mediumhout is vanjaar se groei, maar wat al bietjie meer afgehard is, en daar gebruik ons ‘n no.2 hormoonpoeier.
Hardehout is meestal die dele van ‘n plant wat van die vorige groeiseisoen kom, en hier gebruik ons ‘n no.3 hormoonpoeier. Jy kan jou steggies ook direk in die tuin gaan plant, maar met sommige is dit beter om eers die steggies in ‘n beheerde omgewing aan die groei te kry en dit daarna te gaan uitplant, nadat jy dit eers goed geklamatiseer en afgehard het. Sterkte met die kweekproses.
Laastens, wat is nou op die plantkalender. Die ‘LILIUM BOLLE’ het op die rakke gekom, so kom ons plant die LELIES.
Dan is Gesiggies (Pansy’s) en Violas nou die hoofdis by die saailinge, daar is ook Primulas, Callendula (Gousblom), Dianthus (Grasangelier), Cinerarias en nog vele meer op die tuinspyskaart. By die groente en kruie is daar ook nog ‘n lekker verskeidenheid. Ons het ook ‘n wye verskeidenheid meerjarige plante (veral grondbedekkers ) in die 6 pak houers, om nie eens te praat van al die mooi meerjarige plante in potte nie. Te veel om hier op te noem.
Ons nooi nog steeds die lesers uit om jul vrae aan ons te epos: info@malmesburykwekery.co.za
Lekker tuinmaak en raak so ontslae van al daai stress.
Ons gesels weer 30 Junie 2021.
GEORGE RETIEF

Besoek Salon Shinique vir gespesialiseerde diens

Shinique is ‘n nuwe skoonheidsalon wat by Droomland, op Piketberg ,oopgemaak het.
Die eienaar, Shinica Swanepoel, het haar diploma in Somatologie by Isa Carstens verwerf in 2020 en is uiteindelik, na 3 jaar se studies, ‘n gekwalifiseerde Somatoloog.
Somatologie fokus op die anatomiese en fisiologiese studie van die menslike liggaam, die menslike vel en wat dit alles behels.
‘n Somatoloog is ‘n persoon wat belangstel om ander te help om hul algemene welstand en estetiese voorkoms te verbeter.
Die behandelings wat Shinique aanbied is as volg:
● Laser Hair Removal
● Microblading
● Tinting and Shaping
● Waxing
● Swedish Massages

Shinique spesialiseer in die volgende:
Laser Hair Removal – ‘n mediese prosedure wat ‘n gekonsentreerde ligstraal (laser) gebruik om ongewenste hare te verwyder. Die lig-energie word omgeskakel in hitte, wat die haarfollikels, wat hare produseer, beskadig. Hierdie skade belemmer of vertraag toekomstige haargroei, permanent.

Sport: Swartlanders presteer in gimnastiek

Gimnastiek: Hierdie gimnaste vanuit die Swartland het Saterdag aan ‘n individuele kompetisie deelgeneem in die o.8-ouderdomsgroep. Lijané van Wyk (middel) het ‘n eerste plek behaal, met Mali van Wyk en Chloé Daniels kort op haar hakke. Die drie het aan die Vlak 2-kompetisie deelgeneem.