Day: June 8, 2021

M(ê)rkwaardig

Die Swartland is besig om weer in sy groen jas toegevou te word. Die landerye is vol in groen gekleur soos die saailinge stadig maar seker begin kop uitsteek. Die skape, lammers en koeie geniet ook die groenigheidjie onder hulle voete. Foto: Ghida Visser

Hoekom ekstra klasse

Ekstra-klasse vir skoolgaande kinders is iets wat baie ouers soms mee worstel. Moet hulle, moet hulle nie? Watter voordele hou dit vir jou en jou kind in?
Ons het met die kundige op die gebied, Jana Maass, aangeklop vir raad.
Maass bied self ekstra klasse aan en help ook leerders met hul huiswerk.
• Hoekom is ekstra-klasse noodsaaklik gedurende die tydperk van Covid-19?
Leerders het tydens die Covid-tydperk baie meer uitdagings as ooit te vore. Leerders wat skoolgaan op rotasie-stelsel sukkel om hulle werk te doen wanneer hulle by die huis is. Ouers sukkel ook om leerders by te staan met hulle werk, omdat hulle self moet werk. Hulle beskik ook nie altyd self oor die nodige kennis van onderrig-strategieë om leerders te help nie. Ouers wil graag hê dat hulle kinders die nodige ondersteuning moet kry, sodat hulle nie agter raak met hulle akademie nie. Daar bestaan dus ‘n groter behoefte vir ekstra klasse vir leerders.
Ek het hierdie behoefte raakgesien en het besluit om my kundigheid te gebruik as ervare onderwyseres om leerders te help om hulle volle potensiaal te bereik. Ek het in 2018 gegradueer aan Universiteit van Stellenbosch met ‘n B.Ed. in intermediêre- en senior fase.
• Wat moet ouers in gedagte hou as hulle op soek is na ‘n kundige wat hulle kinders kan help met ekstra klasse?
Ouers moet ‘n kundige soek om hulle kinders te help. Hulle moet die persoon vra of die persoon ervaring het om die leerarea te onderrig en wel gestudeer het. Hierdie persoon moet kennis hê van die kurrikulum, ‘n verskeidenheid onderrig strategieë ken en ook weet hoe assesserings van die vakgebied plaasvind.
• Paar studiewenke om te onthou
Aangesien die eksamen om die draai is, is dit belangrik om betyds te begin met eksamen voorbereiding. Leerders skryf tydens die tweede kwartaal oor kwartaal een en twee se werk. Ouers kan leerders help om ‘n studierooster op te stel van watter werk hulle wanneer moet leer. Dit sal veral help om leerders se spanning oor die eksamen te verlaag. Leerders moet ‘n vasgestelde plek hê waar hulle leer en huiswerk doen. Leerders moet gereelde hersiening doen om die werk vas te lê. Hulle kan hulle eie oefen vrae maak om te toets of hulle die werk onthou.
Hulle weet dan watter werk hulle weer moet hersien. Leerders kan gebruik maak van prentjies om die werk te leer of rympies maak om belangrike feite te memoriseer.
Kontak Maass by juffroumaass@gmail.com of 071 4101 361 met enige navrae.

Van der Merwe hang presidentsketting op

Die Malmesbury Lionsklub het Saterdag die president vir 2020 gegroet en die nuwe president vir 2021 ingewy. Marina van der Merwe, wat die klub nuwe lewe gegee het en die ledetal van twee na 21 geneem het, het Saterdag by The Barn op Riebeek-Kasteel die klub se gemeenskapswerk met die gehoor gedeel. Van die organisasies wat deur die klub ondersteun word is Klein Bietjie Liefde, Welgemeend Primêr, Elkana, Jo Dolphin, Tannie Suz en Aandskemering Tehuis vir Bejaardes. Volgens Van der Merwe is sowat 18 200 mense in 2020 bedien, met 87 diensaktiwiteite wat voltooi is. Van der Merwe word opgevolg deur José Braga Borges, ‘n jarelange Lions-lid en ook voormalige president van ander klubs.

Raponsie vir Kansa

Genevieve-Jane van der Merwe Josias laat ‘n mens dink aan ‘n hedendaagse Raponsie. Maar in plaas daarvan om haar pragtige, lang hare vir eie aanwins en skoonheid te gebruik, spaar sy elke sentimeter. Drie keer per jaar knip sy haar lank lokke, skenk dit en doen iets besonders daarmee. Dit is haar storie…
Genevieve woon al vir die afgelope 37 jaar op Malmesbury. Hier gebore en getoë, en geliefd onder die wat haar ken. ‘n Klein mensie met ‘n groot hart.
Sy werk in die mediese veld en ken die hartseer wat dikwels met hierdie professie gepaard gaan. Dit is een van die grootste redes wat daartoe bygedra het dat Genevieve vir die afgelope 20 jaar, haar hare aan Kansa skenk.
Sy kom egter uit ‘n familie waar daar geglo word dat meisies nie hulle hare mag knip, terwyl hulle nog besig is om te groei nie. So sagmoedig soos Genevieve is, kan mens uit die staanspoor sien dat sy nou en dan rebels kan wees.
Hierdie rebelsheid het in graad 11 sy kop uitgesteek toe sy besluit het om haar hare te knip vir ‘n skoonheidskompetisie, sonder haar ma se medewete.
Sy het die prys betaal vir daardie ongehoorsaamheid en vertel dat sy dit nooit sal vergeet nie.
Maar dit het natuurlik nie daar gestop nie, want as jy eers een keer geknip het…
Genevieve noem dat sy vir die afgelope 20 jaar al dieselfde haarkapster, Zuri Cummings, beter bekend as Sorya, gebruik.
Met die uitbreek van die Covid-pandemie was Sorya verplig om die deure van haar salon te sluit, maar Genevieve het nie toegelaat dat dit haar terug hou nie. Sy vat toe die pad en ry tot by Sorya.
Sy vertel dat sy dikwels, voordat sy besluit het om haar hare te skenk, met verwondering na haar hoop hare gestaar het.
Sentimeters hare wat net eenvoudig weg gevee en weggegooi word.
Eendag het sy besluit om ‘n ‘ziplock’-sakkie saam te neem en vir Sorya gevra om die ongeveer 30cm lange stuk hare daarin te sit.
Sy het op daardie oomblik nog geen idee gehad wat sy met die hare wil doen nie.
Ná ‘n besoek aan die Rooikruis Kinderhospitaal, met wie sy ‘n noue verbintenis het, het sy besluit om haar hare aan Kansa te skenk.
Eers het sy net ‘n naamlose sakkie hare by ‘n kontakpersoon op Malmesbury afgelewer.
Toe die geleentheid hom voordoen, het sy self na die Kansa-gebou in Observatory, Kaapstad, gegaan.
Daar het sy navraag gedoen oor hoe die proses werk.
Vir die afgelope 20 jaar skenk Genevieve anoniem haar hare aan Kansa. Sy het verkies om dit so te doen en noem dat dit ‘n persoonlike keuse was.
Kansa het vyf jaar gelede besluit dat dié wat hierdie onbaatsugtige skenkings doen ook erkenning moet kry en dus maak sy nou haar naam bekend. Genevieve het geen idee hoeveel pruike al van haar hare gemaak is nie, maar net die wete dat dit iewers in iemand se lewe ‘n verskil maak, is genoeg vir haar.
Soos genoem het sy ‘n sagte plekkie vir die Rooikruis Kinderhospitaal. Dit verskaf groot vreugde aan haar om te weet dat sy verskil in baie kinders se lewens maak. Dikwels is hierdie klein kankerpasientjies geweldig sterk en selfstandig, maar hulle wil so graag net mooi en soos anders kinders lyk.
Genevieve se woorde weerklank in my ore: ‘Rooikruis Kinderhospitaal is soos ‘n katedraal. ‘n Plek wat jou nederig maak en laat besef hoe klein ons as mens werklik is’.
Sy doen ‘n beroep om mense om dit ernstig te oorweeg en dit ook te doen. Ongeag die lengte, die kleur of die tipe hare.

Swartland Skou gekanselleer

In ‘n brief wat begin met “Aan al ons skouvriende” is dit die week aangekondig dat vanjaar se Swartland Skou op Moorreesburg gekanselleer is.
Uit die pen van skoupresident Jacques Bester is die boodskap oorgedra dat daar te veel onsekerheid heers en dat die gemeenskap se veiligheid eerste gestel word. Daarom die besluit om die skou vanjaar te kanselleer.
“Swartland Skou het met die jare ‘n baie hoë standaard daar gestel en is trots op wat ons deur die jare vir ons borge, vertoners, uitstallers en gemeenskap daar kon stel.
“In ag genome met die derde vlaag Covid-epidemie en vlak 2-inperking, onsekerheid en veiligheid van ons gemeenskap, is daar na baie beraadslaging en alle moontlikhede in ag geneem, besluit om voorlopig nie 2021 ‘n skou aan te bied nie.
“Ons wil u egter verseker indien daar enige verligting is, ons die besluit sal heroorweeg en u op hoogte hou.
“Ons wil u hartlik bedank dat ons jaar na jaar op u samewerking kan staatmaak, want sonder u ondersteuning is dit nie vir ons moontlik om ‘n skou van so ‘n hoë gehalte aan te bied nie. Besoek ons webblad www.swartlandskou.co.za vir beoogde aktiwiteite wat beplan word.”

Splash for racers

Perfect weather, awesome stages and great rallying made the CPMCC Porterville Rally one to remember! If only for the fact that CPMCC President, Robert Marle, had celebrated his birthday leading into the event.
In fact, somehow doubt whether Owen Jones and Aden Bredenkamp will ever consider another event better as the young combination stepped up to the top of the podium on debut in their 454 CPMCC S4 Subaru Impreza WRX STi 4×4 Turbo 2.0.
They could not have picked a better event on which to shine as Maj Pule Maloka, No 2 of the SAAF Silver Falcons Team 84, opened proceedings with an impressive solo aerial display in a Pilatus PC7 MkII from Central Flying School Langebaanweg. When the Starting Order appeared the 19 strong entry had shrunk to 17 teams but they had veteran (retired) controls Lance and Rosemary Maytham releasing them from the Porterville showgrounds.
Unexpectedly the very first retirement from the event was pre-event favourites for overall victory, Llewellyn Jones and Christophé Pichon, in their CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Imprza WRX STi 4×4 Turbo 2.0 when the clutch cried enough shortly after leaving the start control on Special Stage 1.
No problem as Shaun Jones and Jason Thorpe upheld family honours by leading the event in their Advanced Asphalting 424 CPMCC S5 Subaru Impreza 4×4 Turbo 2.0 with John and Weston Peiser in hot pursuit in their Speed Pro Cycling 425 CPMCC S5 Subaru Impreza GT 4×4 Turbo 2.0. Special stage one was all about commitment and the challenging 17.39km Heuningberg route certainly set the scene for a magic duel at the front of the field as just two seconds separated the Scoobies.
Paul-Hendrik Franken and Lloyd Brady an impressive third in the Franken Motorsport 125 CPMCC S5 Volkswagen Polo Vivo GT 1.0 Turbo with Seraaj and Ziyaad Amlay making their intentions clear with fourth fastest time in the Ramlay Builders 457 CCMCC S3 Volkswagen Golf MkIII GTi 2.0 8v. Keenan Sassman and Ian Thebus fifth fastest in the returning Howard Centre Motors 413 CCMCC S4 Toyota Corolla RXi 1.8i with Owen Jones and Aden Bredenkamp sixth quickest on the opening stage.
Erin Joshua and Ibraheem Amlay sadly also had to retire the “new” 462 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6i on the opening stage when all four bolts sheared off the reight front hub. Fortunately no serious damage but their day was done.
Middelpos presented the remaining fifteen teams with another challenging 15km of sweeping, fast and flowing instructions and thankfully all managed to complete the stage. Rupert and Pieter van Zyl however decided to park their Hollandse Motor Specialist 405 CPMCC S3 Volkwagen Polo 2.0 8v for some 25 min whilst trying to coax the fuel pump into action again.
John and Weston Peiser took the fight to their opponents by winning the stage by three seconds, moving into the overall lead by one with Keenan Sassman and Ian Thebus slotting the S4 Corolla into third overall.
A brief visit to the service park at Porterville showgrounds had team heading back to Heuningberg where Shaun clawed back seven seconds form John Peiser with Owen Jones slipping into third overall. The “Four Cousins” Seraaj and Amlay and Riyaan and Yaseen Amlay disputing fourth spot with Winston Neethling and Lyle Marais creeping closer in the sweet sounding Howard Centre Motors 428 CCMCC S5 Nissan Sentra 2.0 4×4. Winston endured failing wipers and a spin on stage one and from SS2 there was intermittend drive to the front wheels but SS3 really got his attention when the brake pedal hit the floor. Going into the second half of the event the car only had rear wheel drive.
Well, it simply had to be special stage 4 that shook up the field. Owen Jones gave his dad, Shaun, a serious wake-up call by winning the stage by six seconds whilst John and Weston Peiser extinguished an oil fire under the bonnet of their Scoobie. Seraaj amazed by still heading Riyaan in the Four Cousins Challenge but Winston was coming closer with the acciDent Guru 469 CPMCC S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v of Paul van Wyk and Tania Vermaak also starting to find good rhythm.
Sakkie van Zyl and Henry Köhne retired for a second successive event when their rapid Shatterfix 477 CPMCC S2 Volkswagen Golf MkI 1.6i ran out of rear shockabsorber oil whilst the rapid Corolla of Keenand Sassman and Ian Thebus sheared the driveshaft bolts. Kevin Calvert and Brian Hoskins also forced to retire their KC Transport 436 WPMC S3 Volkswagen Golf MkI after the freshly installed 2.0 8v engine set all it’s horsepower free.
Patrick Vermaak
083 701 8116

By Swartland Hulp- en Begrafnisdienste is dinge aan’t gebeur

Nie net het die begrafnisondernemer se naam na engels oorgeskakel nie, maar die kenteken-kleure het ook verander.
Hulle het ook verder uitgebrei deur nuwe voertuie tot die vloot te voeg.
Swartland Hulp- en Begrafnisdienste was die eerste in die omgewing wat die ‘verby-ry-begrafnis’ plaaslik aangebied het.
Volgens Cedric van der Westhuizen van Swartland Hulp- en Begrafnisdienste, was veranderinge broodnodig, want die onderneming se stoorfasiliteite het te klein begin raak.
By die nuwe stoorfasiliteit beskik hulle oor ruimte vir 50, in pleks van die 12 wat hulle in die vorige stoorplek kon hanteer.
“Covid-19 het ‘n groot finansiële implikasie, nie net vir die besigheid gehad nie, maar ook vir die hele land, wat onder die pandemie gebuk gegaan het. Ons as begrafnisondernemers moes uit ons begroting ‘n groot ‘hap’ vat om regulasies in plek te sit en te verseker dat ons personeel en kliënte beskerm word deur die pandemie,” vertel Van der Westhuizen.
“Ons streef om te alle tye ‘n professionele diens aan die gemeenskap en publiek te lewer en te verbeter op kwaliteit dienslewering.
“Alle eer aan die Here, want dit is net Sy genade wat vir ons oorvloedig is. Ek glo in die Bybel wat sê dis saliger om te gee as om te ontvang. Hoe meer ek gee en terugploeg in die gemeenskap, hoe meer seën die Here die besigheid.
“Groot dank aan al die geestelike leiers wat vir ons elke dag bid.
“Spesiale dank aan my vrou, kinders en familie vir hul onbaatsugtige ondersteuning. Baie dankie aan my personeel en naweek span vir hulle opoffering en bydrae.
• Besigheidsure: 8:30 tot 16:30
• 24/7 op bystand vir
enige sterfgevalle
• Kantoor: 022 486 4735
• Selfoon: 072 540 6785