Month: July 2021

Damme raak vol

Die damvlakke van die watervoorsieningskanaal van die Wes-Kaap staan tans 97.5%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 83.8% vol. Die Bergrivierdam is 104.6% vol en die Theewaterskloofdam 102.2%. Foto: Samuel Walters

Nuwe sentrum open eersdaags

Die Swartland se gemengde ekonomie, die hernude belangstelling in plattelandse verblyf en sedert die Covid-pandemie, het die opsie om vanaf die huis te werk asook die beskikbaarheid van ‘waarde vir geld’ eiendom, opnuut die fokus gevestig op ontwikkelingsgeleenthede wat in die kleiner dorpies rondom die Kaapse Metro, opgesluit lê.
Die nuwe winkelsentrum op Riebeek-Wes, met Shoprite/Usave as ankerhuurder, het ongeveer agt weke gelede begin met konstruksie.
Die projekbestuurder is Riaan van der Heever van Kasteel Konstruksie. Riaan is ‘n veteraan wanneer dit kom by die druk wat gepaard gaan met die vereistes en verpligtinge van projekte van so ‘n skaal.
Sy vakkennis is onverbeterlik en sy ervaring van soortgelyke hoogs tegniese ontwerpe, maak hom ideaal geskik vir die bestuur van hierdie projek. Sy reputasie vir eerlikheid asook kwaliteit vakmanskap loop hom vooruit.
Die sentrum wat strek oor 2 vlakke, beslaan 1600m2 en sluit huurruimte vir agt winkels, asook twee kitsbanke in.
Voorsiening vir toiletgeriewe en voldoende parkering word ook gemaak.
Ideaal geleë, op die hoek van Voortrekker- en Hofstraat, is dit sentraal tot die ekonomiese aktiwiteite en verkeersroetes van die dorp.
Die ontwikkelaar maak spesifiek voorsiening vir ‘n apteek, waarvoor daar in die Riebeekvallei, klaarblyklik, ‘n werklike behoefte bestaan. Aptekers word aangemoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak.
Plaaslike ekonomiese groei is die sleutel tot werksgeleenthede.
‘n Kompeterende kommersiële omgewing sit geld terug in die verbruiker se sak.
Hierdie klein formaat Usave winkels bied ongeëwenaarde waarde vir geld sowel as maklike toegang tot ‘n reeks finansiële dienste.
Alhoewel die milde reën, die afgelope twee maande, ‘n invloed op konstruksie gehad het, beoog die Usave-sentrum, in Riebeek-Wes, om teen einde Augustus sy deure op die dorp oop te maak vir besigheid.

Passie oorskry alle verwagting

Meals In A Box… ‘n inisiatief wat vroeg aan die begin van grendeltyd deur ‘n passievolle entrepreneur van stapel gestuur is, is besig om alle verwagtinge te oorskry.
Werkloos en met ‘n huishouding wat 4 kinders insluit was dit nie maklik nie, en was sy verplig om letterlik en figuurlik uit die ‘box’ te dink.
Dit was egter nie ‘n geval van ‘beginners geluk’ nie, maar wel een van ‘aanhouer wen’, want die passie, ondervinding en kennis is daar.
En wanneer kos maak in jou bloed is, is daar geen keer aan die uitleef van jou droom, selfs wannneer jy verskeie uitdagings moes trotseer.
Die ‘Meals In A Box’ konsep behels die voorbereiding van organiese en gesonde maaltye waarna dit verpak en gevries word voor aflewering. Bestellings kan op ‘n weeklikse of maandelikse basis geskied.
Daar is ‘n verskeidenheid van spyskaarte, insluitend vegetariese disse, tot kliënte se beskikking om hul maaltye van te kies.
Daar is ook ‘n eksklusiewe spyskaart net vir kinders en moenie van die heerlike smoothies vergeet wat met vars vrugte voorberei word nie.
Die pizza-deeg word nog met die hand gerol en dit is duidelik dat daar baie tyd en liefde aan die voorbereiding van disse toevertrou word.
Alles word vars gemaak en wanneer jy so groot geword het, is dit hoe jy dit doen want die spreekwoord sê duidelik: ‘don’t fix what isn’t broken’.
‘Meals In A Box’ versend tans landwyd bestellings wat plekke soos Kwazulu-Natal, Gauteng en Pietermaritzburg insluit.
Daar moes behoorlik naslaan werk gedoen word om die regte verpakking asook metodes te gebruik om bestellings so vêr te kan aflewer.
Maar, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en alles verloop tans seepglad.
Hulle bedank plaaslike koeriermaatskappy, ‘Courier Guy’, vir die uitstekende diens wat hul lewer in die versending van hul produkte.
Die goeie nuus is dat hulle ook vir funksies, soos troues en verjaarsdae, spyseniering doen.
Daar is duidelik nog baie ruimte vir groei, maar fokus op wat huidiglik belangrik is.
Vir enige navrae kan mense hul kontak by mealsinaboxes@gmail.com of 082 089 1089

Coetzee pak Kilimanjaro vir jeug

‘Abandoned Kids’ is ‘n nie-winsgewende organisasie wat van stapel gestuur is deur Daniel Coetzee met die doel om kinders wat verwerp is of in moeilike, en uitdagende omstandighede groot word te motiveer en aan te moedig.
Hy noem dat ons jeug dikwels die pad byster raak omdat daar geen rol modelle of positiewe invloede in hul lewens is nie.
Ons jeug is die toekoms en daar moet meer aandag asook tyd in ons jong mense belê word.
Baie jong mense word in moeilike omstandighede groot en staar dikwels hulself blind daaraan.
Hulle glo daar is geen hoop en hulp en gee dan moed op.
Coetzee noem dat met hierdie projek sal hy graag in samewerking met ander beleggers asook donateurs, daardie stigma wil verwyder.
Hy wil programme in plek sit wat kinders wat verwerp is of uit minder bevoorregte agtergronde kom sal help om ‘n positiewe en opbouende ingesteldheid te hê.
Dit kan geskied deur die ontwikkeling van hulle talente asook om te fokus op die belangrikheid van kennis.
Om hierdie projek asook die programme in plek te sit het hy natuurlik die nodige befondsing nodig.
Daniel het dus met ‘n bewusmakingstaptog begin, waar hy van dorp tot dorp stap, om mense bewus te maak van sy organisasie asook dit wat hy graag wil vermag.
Hy beoog om sy staptog in Kilimanjaro af te sluit. Sy roete kan gevolg word op https:/www.facebook.com/daniel.coetzee.5836
Mense wat belangstel en graag ‘n donasie wil maak kan met hom in aanraking kom by 078 448 2489.
-Leonita Coutts

Marathan gets green light

With the country’s Covid-19 lockdown regulations easing to adjusted level three, and Canoeing South Africa reinstating its training and competition calendar, the 60th edition of the Berg River Canoe Marathon has been cleared to take place from 5 to 8 August.The much anticipated milestone event was moved from the first weekend of July after the lockdown regulations to combat the third wave of infections were tightened up, and the revised August date was set, pending the easing of regulations as the third wave started to subside.
With the adjusted level three regulations permitting outdoor events with a maximum of 100 people at any one place at a time, and the easing of interprovincial travel out of Gauteng, the event organisers have been able to structure plans to stage the event safely and in full compliance with the prevailing lockdown regulations.
“We had a variety of plans ready to be able to stage the event and comply fully with the specific lockdown regulations, and the adjusted level three restrictions fit into these plans well,” said event director Brandon Macleod.
“In fact the limit of 100 people together at any one time fits in well with our plans, as it enables us to run the race with reasonably sized batches spaced far enough apart to ensure we can enforce the social distancing plans within the level three lockdown limits,” he added.
With the event finally getting the green light athletes that have been holding back on lodging their entries and booking travel and accommodation for the event will be able to start their final arrangements.
He added that the municipalities covering the 240 kilometre route from Paarl to Velddrif had been encouraging and supportive of the various staging plans designed to comply with the lockdown regulations.
“It is going to be a different Berg, as we conform to these unusual times. But critically we are thrilled to be able to make the Berg happen this year,” said Macleod.
“With the paddlers now cleared to return to training and competing, we really want to use this Berg as a signal of hope at the end of a grim few weeks for this country,” he added.
“We have an exceptional field entered and we look forward to the race providing a spectacle that will inspire paddlers and the general public to believe there is light at the end of the tunnel.

Tuinkenners gee raad oor fynbosplante in jou tuin

Die fynbos-plantgroep is baie groot en bestaan uit duisende spesies van verskeie plantfamilies. Ek wil vandag ‘n bietjie gesels oor die fynbos-familie, wat hoofsaaklik bestaan uit: protea’s, speldekussings (Leucospermum), tolbosse (Leucadendrin), boegoes ens.
Dan is daar ook nog die “blushing bride” (Seruria) en die stompies (Mimetes) spesies. Daar is ook die uitheemse soorte soos die “Waratah” en “Geraldton Wax plant” van Australië wat ook baie gewild is. Hierdie is almal plante (struike en bosse) wat baie mooi blom (meestal van Mei tot November) en wat ook as snyblomme gebruik kan word.
Die eerste en belangrikste vir al hierdie tipe plante is die regte grond. Dit moet goed kan dreineer en indien jou tuingrond dalk ‘n bietjie kleierig is, plant hulle teen ‘n helling of maak sulke bulte (mounds) met jou tuingrond sodat die ekstra water kan wegloop. Die plantgat moet sowat 50 x 50cm by 50cm diep wees en die grond wat jy daar uithaal, word met ‘n lekker klomp kosmos gemeng. Moenie enige beenmeel of superfosfaat byvoeg nie, want die fynbosplante hou nie daarvan nie.
Die gat word weer opgevul met die grondmengsel tot op die diepte van die plante wat jy wil uitplant, daarin sal pas. Verwyder die houer versigtig om die wortels van die plant, plaas in die plantgat, gooi nog van die lekker mengsel om verder op te vul en trap stewig vas.
Baie belangrik is om nie die plante se wortels te versteur nie, want dan is jy gewaarborg dat dit sal vrek. Gooi die vars geplante struik goed nat, sodat die wortels kan vassak. Verkieslik moet jou tuingrond suur wees (‘n pH van minder as 7), maar indien dit nie moontlik is nie, kan jy by jou kwekery ‘n grondmengsel koop wat presies vir hierdie plante gemeng is.
Onthou dat wanneer jy jou fynbos ens natmaak, moenie oorhoofse sproeiers gebruik nie. Maak hulle net op grondvlak nat. Wanneer jy water gee, doen dit deeglik en wag tot die grond eers goed afdroog voordat hy hulle weer natmaak. Wanneer die plante te nat is (veral gedurende die warm somermaande), kan hulle maklik wortelvrot opdoen en dit is gewoonlik ‘n doodvonnis. Alles in ag geneem, is dit nie so moeilik om die fynbos-familie te laat groei nie, net ‘n bietjie “TLC”.
Sommige tuiniers sal dalk hul fynbos-tuin met ‘n deklaag wil bedek, deur boombas of houtspimters of selfs dennenaalde te gebruik. Wees versigtig hiervoor indien jy enigsins weet dat daar termiete (rysmiere) in jou tuin-omgewing is. Hulle kom agter die dooie plantmateriaal aan en op die ou end vreet hulle jou plante op. Bedek eerder die grond rondom en tussen die plante met ‘n lekker lag goeie, deeglik gekomposteerde kompos, maar moenie die stamme van die plante begrawe nie, dit kan op die lange duur nadelig wees.
Hierdie plantgroep verkies ‘n sonnige area in jou tuin en sal nie na wense groei indien hulle in baie skadu staan nie. Verder verkies hulle ook lekker vars lug, so daar kan maar ‘n windjie waai om hulle af te koel. Wanneer jou plante nog baie jonk is en jy is dalk bang dat die wind hulle sal breek of die wortels loswoel, pak die jong plante vas met ‘n paar klippe om die plant te ondersteun. Die klippe sal ook sommer die oorywerige tuinhulp weghou met sy vurk en graaf, wat grond om die plante wil loswerk. Onthou, moet dit nóóit doen nie, hierdie plantgroep (en ook alle ander fynbos) haat wortelsteuring!
Dan, ten laaste, kom ons by voeding. Moenie kunsmis (korrels of wateroplosbaar) gebruik nie! Indien jy die kompos-deklaag gedoen het, is die plante al klaar redelik gevoed, Jy kan later, wanneer die plante ‘n bietjie groter is, wel ‘n paar handevol “all purpose” tussen hulle strooi, maar ook nie te veel nie, klein hoeveelhede op ‘n gereelde basis, een keer per kwartaal.

Geniet jou fynbos-tuin.
George Retief

Kleinedal Aftree Oord: Slegs een eenheid nog beskikbaar

Die Kleinedal Aftree Oord op Moorreesburg is so gewild onder kopers, dat slegs een eenheid nog beskikbaar is.
Die oord bied die beste geleenthede vir die wat die lewe in die natuurskoon verkies buite die stedelike areas. Dit is geleë in die hart van die Swartland op Moorreesburg.
Hierdie dorp is ook bekend as een van die veiligste en skoonste dorpe in die land en is ook baie sentraal geleë. Dit bied ook talle buitelug-aktiwiteite om aan deel te neem.
Die professionele span van Kleinedal bied puik ontwikkelingsdienste aan hulle eienaars en vra slegs R300/pm heffing vir onderhoud binne die ontwikkeling.
Uitstekende mediese dienste word ook aan die oord gelewer. Maaltye op versoek is ook beskikbaar. Volgens ontwikkelaar Bruwer de Jager, spits hulle hulself toe om eenhede van hoë gehalte te lewer en is daar slegs een eenheid beskikbaar. Die erwe se grotes is almal net bo die 500vkm en elke eienaar het die voorreg om sy eie veilige ingangshek te hê. So word die privaatheid van die eienaars in ag geneem. Kleinedal is bekend vir integriteit en die omgee wat die span vir hul inwoners het.
“Ons het besef dat daar ‘n groot tekort aan meer bekostigbare opsies vir bejaardes in die Wes-Kaap is en het dus die voorreg om ons nuwe turn-key titel-eenhede te lewer vanaf R1.47miljoen, alle kostes insluitend. Dit sluit hoë standaard afwerkings in.” By Kleinedal word alles behou op eie titel en eenhede kan ook aangewend word vir goeie kapitaalgroei en vir ‘n vaste huurinkomste as eienaars verseker wil wees van ‘n veilige “neseier” vir die toekoms.
Vir meer inligting, kontak die plaaslike MSc Eiendomsontwikkelaar, Bruwer De Jager, by 082 928 4743. Volg ook Kleinedal Aftree Oord op Facebook.

Register to vote

Sterfgeval

Wiele: JAC se T8 voeg luukshede en bekostigbaarheid saam

Toe ek hoor dat ek ‘n padtoets moet doen met ‘n voertuig genaamd JAC, het ek nie geweet wat om te verwag nie.
Ek het immers nie die naam geken nie en nie geweet wat om te verwag nie.
Is dit Jaq? Is dit Jack? Is dit JAC? Wat is dit?
James Oliver, die vriendelike en hulpvaardige bestuurder van MyRide Malmesbury, het my vinnig ingelig dat jy die bakkie kan noem net wat jy wil, maar dat hy lekker bestuur, is ‘n feit.
En dit het ek ook al te goed besef toe ek die bakkie om die draai sien kom.
JAC is relatief nuut in Suid-Afrika en MyRide het die geleentheid aangegryp om met hierdie handelsmerk hul produkreeks uit te brei.
Maar, terug na die T8.
Dis ‘n bakkie.


Ja, ‘n bakkie wat jy sommer met die intrapslag kan sien en hoor is reg om te werk. Hy het ‘n groot trek na ‘n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners, maar is ook uniek en anders genoeg, sodat jy vinnig vertroud raak met dit wat JAC wil bied.
Die bakkie se intreevlak-model skop af met ‘n prys van R392 400, wat bitterlik goedkoop is as jy so daaraan dink. Net onder die R400k en dit vir ‘n bakkie?
Êrens is iets te goed om te waar te wees is wat ‘n mens outomaties dink. Maar daardie kinkel is beslis nie in JAC se kabel nie. Wat jy kry is baie meer as wat jy sien!
En was ek nie aangenaam verras met hierdie knaap nie!
Die T8 1.9 Tdi Lux wat ek pad toe geneem het, het ‘n behoorlike brul vanuit die enjinkap.
Die bakkie word aangevuur deur ‘n vier silinder turbodiesel-enjin, wat vervaardig is in samewerking met die Duitste FEV-maatskappy.
Dit beskik oor 100kw en 320Nm-toere en spog met ses ratte wat gemaklik oorskakel.
Wat hierdie bakkie uniek maak, is die luukshede waaroor hy beskik. En dit vir ‘n voertuig wat nie ‘n bank gaan beroof om in jou oprit te staan nie.
Die bakkie beskik oor ‘n raakskerm-radio, bloutand-versoenbaarheid, kontroles op die stuurwiel, spoedbeheer, ‘n konstante opdatering van jou dieselverbruik en vele meer.
Dit is ruim, met meer as genoeg beenspasie vir selfs diegene wat lekker lank is.
Dit spog met kunsleer, wat vir die leek kompleet na opregte leer sal lyk.
Die chroom-afwerking is net genoeg om die idee van luuksheid aan te hits, sonder dat dit jou paaiement die hoogte sal laat inskiet.
Vir ‘n groot bakkie, is die hanteerbaarheid van die T8 verbasend gemaklik en gerieflik en is hy glad nie skaam om ‘n bietjie ekstra te brul as jy jou voet neersit nie.
Nie net dit nie, maar hy relatief lig op dieselfde vir ‘n bakkie en op die langpad het hy ‘n gemiddelde dieselverbruik van 9 liter per 100km getoon.
Die bakkie is spesifiek ontwerp om mee te ding met ander een ton bakkies wat deur Foton, GWM en ander Sjinese-maatskappye vervaardig word. Die T8 stem baie ooreen in grootte met die Toyota Hilux.
Met sy xenon-ligte kan jy verseker wees dat daar nie ‘n donker kolletjie in die pad sal wees wat jy nie sal raaksien nie.
Die ligte verhelder ook oor ‘n skuinste, sodat jy nie aankomende verkeer verblind nie, maar dit verlig die skouer van die pad teen ‘n hoek, sodat jy deeglik bewus is van wat langs die pad aangaan.
Dit, tesame met die rolstaaf, verseker jou veiligheid.
Op ‘n manier voel die JAC na huis. Dit voel soos ‘n bakkie wat jy al jare ken. Jy hoef nie eers die koppelaarbeheer te vind nie. Jy hoef nie te veel knoppe te stel en te draai om gemaklik te wees nie. In die JAC kan jy net inklim, jouself gemaklik maak en die pad onder die bande laat begin rol, want hierdie bakkie is beslis een wat lus is om te ry.
Vir meer inligting, kontak MyRide op Malmesbury by 021 300 6897 of besoek www.myride.co.za. Maak ook ‘n draai by die handelaar op die hoek van Bergzichtstraat en Voortrekkerweg en bespreek jou toetsrit.