Month: July 2021

Wiele – Rygenot op sy beste met Nissan se nuwe Navara

Nissan spog met ‘n splinternuwe trekpleister. Een met baie gom wat jou behoorlik gaan trek as jy eers een bestuur het.
Dit is die splinternuwe Nissan Navara.
Hierdie bakkie, wat net sowel ‘n werksesel kan wees, as ‘n luukse voertuig om mee rond te ry, word plaaslik in Suid-Afrika vervaardig.
Geen wonder hy sit so lekker op die Suid-Afrikaanse paaie nie.
Die bakkie is indrukwekkend. Dis eintlik sagkens gestel.
Die bakkie beïndruk. Baie en deeglik.
Met perfekte lyne, ‘n voorkoms wat die koppe sal draai, daardie ruwe voorkoms van ‘n ongeslypte diamant, want hy lyk sommer soos ‘n rowwe bulletjie van buite.
Maar maak die deur oop, klim en en jy ontmoet ‘n gesofistikeerde, goed afgewerkte voertuig met al die luukshede waarna jy kan smag.
Die model wat ek gelukkig genoeg was om te bestuur, spog met leersitplekke met stiksels wat dit afrond. Die stiplekke is ook so ontwerp, dat dit ry-moegheid teenwerk. So, jy besef nie eens hoe ver jy gery het, as jy nie op die ritmonitor kyk nie.
Die sitplek is verstelbaar, sodat enige beenlengte gemaklik en gerieflik hul plek kan vind.
Die kontroles op die stuurwiel maak dit veilig, want nooit hoef jy jou hand van die stuurwiel te lig as jy die musiek wil harder maak, of ‘n oproep wil beantwoord nie.
Met ‘n groot-skerm radio, met meer funksies as die meeste slimfone, is hierdie rowwe bulletjie tegnologies gevorderd.
Die oomblik wat jy die aanskakelaar-knoppie druk, hoor jy die sagte brul vanuit die enjinkap.
Hy roep jou eintlik om te gaan ry.
En wat ‘n rit is dit nie.
Of dit nou grondpad of teerpad is, die gerief en gemak is een en dieselfde.
Om elke hoek en draai klou die bande aan die teer.
Die kilometers vlieg verby, sonder dat jy besef hoe ver jy al van die huis af is, want hierdie binneruim is gerieflik.
Baie gerieflik met baie spasie.

Jy kan vir ewig ry, sonder om moeg te word.
As jy krag nodig het, sit net jou voet neer en ‘n ekstra brulletjie ontsnap, die kap sak en jy skiet vorentoe.
Daar is selfs sensors in die kantspieëltjies wat jou waarsku dat daar ‘n voertuig in jou blindekol is.
Sodra jy jou flikkerlig aanskakel en daar is ‘n voertuig in daardie baan, gaan die sirene af om jou te waarsku dat dit nie nou die tyd is vir jou om van baan te verwissel nie.
Gerieflik, genotvol, prettig, kragtig en soveel meer.
As jy op vakansie gaan, is die Navara reg om ‘n karavaan te sleep met sy kragtige onderstel.
Hy beskik ook oor sleepwa-wieg-kontrole, so die bakkie moniteer die beweging van dit wat jy sleep. Dit pas dan weer die remstelsel aan om hierdie beweging te hanteer.
Die dubbelkajuit kan tot 1086kg se gewig dra en vervoer.
As jy lus is om die buitelewe aan te durf, kan jy selfs jou kosbare vrag saamneem vir ‘n bietjie pret in die veld, want die ‘utility track’-sisteem verseker dat al jou speelgoed stewig staan.
Die nuwe Nissan Navara is beskikbaar in ‘n 2.5 liter petrol en ook 2.5 liter turbo-aangedrewe diesel enjin. Die petrol enjin beskik oor 118kw, terwyl die turbo diesel enjin 140kw kan uitskop.
Met helder en duidelike tru-rit-kameras, is dit soveel makliker om die groot bul in en uit klein parkeerplekke te stuur.
Die turbo-laaier hierin maak dat die voertuig in ‘n oogwink reageer as jy wel jou voet neersit.
Jy is ook die heeltyd bewus van wat die voertuig doen met die rit-assistent wat voortdurend die petrolverbruik monitor.
Hierdie Navara is beslis een om vir ‘n toetsrit te neem. Jy sal nie spyt wees nie.
Kontak die vriendelike span van JB’s Nissan vandag om jou toetsrit te bespreek.

PRYSE:
NAVARA 2WD – DOUBLE CAB
NAVARA 2.5D SE 4X2 MT DC – R474 000
NAVARA 2.5D SE 4X2 AT DC – R498 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X2 MT DC – R505 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X2 AT DC – R528 000
NAVARA 2.5D LE 4X2 AT DC – R606 000
NAVARA 2.5D PRO-2X 4X2 AT DC – R686 000
NAVARA 4WD – DOUBLE CAB
NAVARA 2.5D SE 4X4 MT DC – R552 000
NAVARA 2.5D SE Plus 4X4 MT DC – R580 000
NAVARA 2.5D LE 4X4 MT DC – R660 000
NAVARA 2.5D LE 4X4 AT DC – R677 000
NAVARA 2.5D PRO-4X 4X4 AT DC – R740 000
NAVARA 2WD – SINGLE CAB
NAVARA 2.5 Petrol XE 4X2 MT SC – R311 000
NAVARA 2.5D XE 4X2 MT SC – R350 000
NAVARA 2.5D SE 4X2 MT SC – 426 000
NAVARA 2.5D LE 4X2 MT SC – R456 000
NAVARA 4WD – SINGLE CAB
NAVARA 2.5D 4X4 SE MT SC – R492 000
NAVARA 2.5D 4X4 LE MT SC – R527 000

Rinkwest-familie groet twee lede

Een van die oudste Malmesbury-families is swaar getref toe die Rinkwest-egpaar wat in Langstraat gewoon het, enkele ure na mekaar gesterf het. Albei het teen Covid-19 gestry.
Ray Rinkwest (56) het Sondagaand in Tygerberg-hospitaal gesterf, terwyl haar man Cheslin (63) Maandagmiddag in die Paarl-hospitaal oorlede is. Hulle laat drie jong volwasse kinders agter.
Cheslin se werkgewer van die laaste 14 jaar, Jaco Cotter, sê oor hom: “Getrou, lojaal, eerlik, vriendelik met ‘n hart van goud. Ches het nooit gekla nie. Hy was n vriend. Ons paadjies het in 2007 gekruis toe hy as buurman vir ons die winkel kom hanteer het. Ek weet nie hoe ons die gat wat hy agterlaat, gaan toekry nie. Ons harte is baie seer vandag!”
Die egpaar se kinders onthou hul ma se liefde vir gedigte skryf, hul pa se vreugde wanneer hy met sy ghitaar begin musiek maak. Sy bure onthou die man wat altyd glimlag en volgens facebook-inskrywings onthou kliënte by Cheslin se werk hom as vriendelik, altyd behulpsaam en ‘n ware ensiklopedie as dit kom by elektriese onderdele.
Cheslin was die derde kind van Arnold en Elizabeth Rinkwest. Sy ouer broer wat steeds in Abbotsdale woon, is die oudhedekenner Trevor Rinkwest. – Sarie Nell

Vision Security nou onder vaandel van Dogs and All

Vision Security stel hiermee al ons kliënte in kennis dat Dogs and All ons alarm en gewapende reaksie kliëntebasis oorneem.
Hiermee wil ons as Vision Security al ons getroue kliënte op Malmesbury en in die Riebeekvallei bedank vir jul getroue ondersteuning oor die afgelope 13 jaar wat ons operasioneel was.
Die woordjie ‘dankie’ is beslis nie genoeg nie, maar ons waardeer elke kliënt se ondersteuning. Dit was ‘n eer om tot u diens te wees!
Ons verseker u dat ons kantore hard werk om die oorname so glad as moontlik te maak met geen onderbreking in u dienste nie.
U sou die afgelope paar dae kommunikasie ontvang het rakende die oorname en indien u met die kommunikasie oorgeslaan is, nooi ons u vriendelik uit om met Sandra kontak te maak by 022 482 2223 vir verdere navrae.
Dogs and All is ‘n bekende handelsmerk in die area met ‘n indrukwekkende infrastruktuur. U kan dus verseker wees van top gehalte diens met die nodige kundigheid om u eiendom veilig te hou.
Meer inligting is op hulle webtuiste beskikbaar by www.dogsandall.co.za

WCDoA to host 9th World Congress on Conservation Agriculture in 2024

Following the recent announcement that the Western Cape Department of Agriculture will be hosting the International Symposium on Irrigation of Horticultural Crops in 2023 in Stellenbosch, another major international congress, The World Congress on Conservation Agriculture, is also heading to Cape Town in 2024.
At the 8th World Congress on Conservation Agriculture held last week in Switzerland, Theodor Friedrich, chair of the bid committee, announced to the 784 delegates from 80 countries that the next congress will be held from 24 – 27 June 2024 in Cape Town.
The announcement follows the successful bid from the South African team consisting of the Western Cape Department of Agriculture, Conservation Agriculture Western Cape, Landbouweekblad (Media 24), and the African Conservation Tillage Network.
This congress will bring together farmers, researchers, industry, and policymakers to our shores.
Commenting on the bid announcement Western Cape Minister of Agriculture Ivan Meyer said that the Western Cape has a vibrant research group focused on Conservation Agriculture (CA) research in the province.
Meyer: “Given that the Western Cape is a significant player in agriculture in South Africa, it is only fitting that the international conservation agriculture congress will be taking place in the Western Cape. CA focussed research is done by the Western Cape Department of Agriculture, the University of Stellenbosch and several commodity groups in a whole range of annual and perennial crops.”
Meyer continues: “The event will afford excellent opportunities to showcase the success of our Department’s work on our grain-producing research farms and in our agricultural sector.”
The Western Cape leads the adoption of CA in South Africa. Today, producers manage 51% of all cultivated open-field crops according to CA principles.
CA is one of the priority projects in the SmartAgri plan, the first provincial sector plan to ensure a resilient agricultural sector in the face of challenges posed by climate change.
“We also have strong leaders in CA production, who will be able to host the practical days and possible post-conference tours. Agriculture is leading the economic recovery in South Africa. We will welcome the world leaders in conservation agriculture to Cape Town and the Western Cape,” concludes Meyer.