Month: August 2021

Darling Cellars se gunstelinge nou in 2 liter beskikbaar

Darling Cellars bied nou ook hul bekroonde wyne aan in ‘n gerieflike nuwe 2L slimline-boks.
Die nuwe 2L BiB’s (Bag in Box) van Darling Cellars is om tred te hou met die verbruikers se behoefte aan waarde vir geld sonder om afbreuk te doen aan smaak of kwaliteit, teen bekostigbare pryse.
Die nuwe slimline-boks pas ook maklik in die syrakkie van die yskasdeur en die wyn bly ook langer vars (tot 4 weke in die yskas).
Hierdie nuwe 2L BiB’s is beskikbaar by Darling Cellars se proelokaal, Makro, PnP, Spar/Tops en ander onafhanklike drankwinkels teen mededingende pryse

Stand van die damme

Die vlak van die damme in die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap staan nou op 98.9% van die kapasiteit. Dit is ‘n verandering van 0.8% teenoor verlede week.
Die Bergrivierdam was Maandag 100.4% vol in vergelyking met verlede week se 100.2%.
In 2017, tydens die droogte wat die Wes-Kaap ervaar het, was die dam 53% vol.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 91.4% vol, in vergelyking met verlede week se 90.5% en 2017 se 30.3%.
Die Theewaterskloofdam het Maandag die 102.1%-kerf bereik, in vergelyking met verlede week se 101.8% en 2017 se 25.6%.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 92% vol. Dit is ‘n 0.3% styging vanaf verlede week. In 2017 was die dam 23.6% vol op dieselfde tydstip.
Weerkenners voorspel dat ‘n kouefront teen Donderdag die Wes-Kaap sal bereik wat swaar neerslae en moontlike sneeu sal bring.
Bron: www.capetown.gov.za

Entstowwe, maskers en teorieë oor Covid in 2021

Wat is ’n entstof? ’n Entstof word gebruik om jou immuunstelsel te op lei om in die toekoms ’n infeksie te kan hanteer en dit te beveg.
Wat is bevolkingsimmuniteit? Bevolkingsimmuniteit word bereik wanneer baie mense ingeënt is en ’n infeksie dan sukkel om iemand te vind wat kan siek word. Wanneer ’n siekte baie vinnig kan versprei, moet meer mense ingeënt word om bevolkingsimmuniteit moontlik te maak.
Is daar ’n entstof vir COVID-19? Ja. In Suid-Afrika is die eerste twee entstowwe wat beskikbaar sal wees die Johnson & Johnson-entstof en die Pfizer/BioNTech-entstof. Ander entstowwe kan ook gebruik word soos meer bevindinge beskikbaar word. Alle entstowwe is deeglik getoets vir veiligheid.
Oor die entstof
Hoe sal die entstof gegee word? Jy sal ’n inspuiting in jou boarm kry. Sommige entstowwe het twee dosisse nodig wat ten minste drie tot vier weke uitmekaar gegee word vir die beste beskerming (bv. een inspuiting in September en nog een in Oktober). Die Johnson & Johnson-entstof word net in een dosis gegee. Is COVID-19-entstowwe veilig? Alle COVID-19-entstowwe wat gebruik word, is verskeie kere getoets om veiligheid te verseker en is spesiaal geskep om te kyk vir enige algemene neweeffekte en veiligheidskwessies, insluitend die dominante COVID-19-variant in Suid-Afrika, genaamd 501Y.V2. Hierdie toetse het mense ingesluit wat ’n hoë risiko vir COVID-19 het, maar die entstof is nog nie genoeg getoets om veiligheid in swanger vroue en kinders te verseker nie. Meer studies word uitgevoer om uit te vind of die entstowwe veilig is vir swanger vroue en kinders.
Wat is die newe-effekte? Die newe-effekte is pyn en rooiheid in die boarm waar jy ingespuit is, hoofpyn, en om siek, moeg en koorsig te voel. Dit beteken net dat jou liggaam voorberei word om die virus in die toekoms te beveg. Hierdie newe-effekte is gewoonlik erger na een dag en verdwyn binne vier tot vyf dae. Jy kan parasetamol of ’n anti-inflammatoriese middel gebruik as jy moet.
Hoe is die entstof so gou gemaak? Ondervinding met die SARS- en MERSuitbreking (albei deur koronavirusse veroorsaak), vinniger vervaardiging, befondsing vir veelvuldige proewe en reguleerders wat vinniger as voorheen beweeg, het die proses baie vinniger laat geskied. Niks is afgeskeep nie, en die proewe wat veiligheid en doeltreffendheid toets, is net so streng soos dit voorheen was vir ander.
Het ek die entstof nodig as ek al COVID-19 gehad het? Ja, jy moet steeds ingeënt word as jy reeds COVID-19 gehad het of as jy ’n positiewe teenliggaamtoets gehad het. Ons weet tot dusver dat die natuurlike immuniteit wat jy kry as jy COVID-19 gehad het dalk nie sal aanhou nie. Die inenting sal enige reaksie versterk wat jou immuunstelsel in plek stel na ’n vorige koronavirus-infeksie.
Dit is belangrik dat diegene wat wel ingeënt is teen die virus, steeds onderhewig is aan die landswette wat bepaal dat jy in die publiek ‘n masker moet dra wat jou mond en neus bedek.
Al is jy ten volle ingeënt, kan deurbraak infeksies steeds plaasvind. (Bron: westerncape.gov.za)

Kwekery-kundiges gee raad oor Boomplantmaand

Dit is alweer September en tradisioneel vir ons Boomplantmaand.
Vir vanjaar (2021) is die volgende bome gekies as boom van die jaar:
1) Vachellia Karroo “Soet Doringboom”
2) Portulacaria Afra “Spekboom”
Indien jy nie een van hierdie spesies kan vind nie, plant enige boom van jou keuse en wat aan jou spesifieke omstandighede en behoeftes kan voldoen. Ons moet onthou die hoofdoel van bome plant is om ‘n groen fabriek daar te skep wat die baie koolsuurgas kan omsit in suurstof en sodoende laat ons ‘n groen voetspoor na.
Wanneer jy ‘n boom (of selfs ‘n groot struik) moet kies om te plant, is daar ‘n paar dinge waarna jy moet kyk:
Hoe groot gaan die boom word. Het ek genoeg plek? Daar is baie bome om van te kies, party groei;
• dun en piramidaal,
• groot en rond
• hoog mat ‘n plat kroon (bv. Doringbome).
Is die boom immergroen of bladwisselend want dit gaan ook bepaal of dit aan jou behoeftes sal voldoen. Indien jy skaduwee in die somer soek en son in die winter (soos bv. voor ‘n venster of skuifdeur wat Noord front) dan sal ‘n bladwisselende boom perfek wees.
Op ‘n grasperk is ‘n bladwisselende boom ook ‘n beter keuse, sodat dit die meeste winterson kan deurlaat, omdat die meeste grasperke nie in skaduwee suksesvol groei nie.
Hoe gaan die boom se wortels die onmiddellike omgewing beïnvloed? Daar bestaan ongelukkig geen waarborg vir enige boom se wortel-groei nie. Boomwortels groei eerstens agter water aan.
Begin deur die plantgat van die boom reg voor te berei, want dit is die boom se fondament (kom kry by die kwekery ‘n pamflet met al die inligting). Gee die boom genoeg water waar dit geplant is, anders gaan hy dit elders met sy wortels soek.
Voorspoed met die uitsoek van jou spesiale boom, lekker tuinmaak. Ons gesels weer 29 September 2021.
Tuingroete en geniet Lentedag!!
George Retief

Kelder klink ‘n glasie

Die voorloper van die Riebeek Valley Wine Co, Die Van Riebeek Wynboere Kooperatiewe Maatskappy Ltd, later ook bekend as Riebeek Cellars, het op 12 Augustus hul 80ste bestaan gevier. Die maatskappy is op 12 Augustus 1940 gestig deur nege wynboere van die omgewing, met Jakob Stephanus Naudé Bruwer en later met PJ Venter aan die stuur van sake. Die eerste algemene jaarvergadering is op 9 Desember 1942 gehou en gedurende Oktober van 1943 is die stoor vergroot om sowat 1.5 miljoen liter wyn te kan berg. Foto: FB – Riebeek Cellars Collection

Tennisster:

Aiden Cupido van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die afgelope naweek deelgeneem aan die Cavaliers Sportsmans Warehouses-tennistoernooi en het die eerste plek in die seuns o.16-afdeling behaal.

Klein begin met groot potensiaal

Dit het begin met ‘n gedagte, maar toe die twee susters uiteindelik hulle koppe bymekaar sit, het dit ‘n werklikheid geword.
So vertel Theresa Beukes, nadat sy lank geworstel het met die idee om ‘n besigheid te begin.
Aangesien haar suster, Elizabeth Goemas, 30 jaar se ondervinding in die kleremaakbedryf het, was dit vir haar logies om op iets soortgelyks te fokus. En dit is hoe die twee susters uiteindelik begin het om skoolklere te maak.
Die besigheid, bekend as ’Kleinbegin’, het in November 2020 die lig gesien.
Aan die begin was dit maar stresvol, aangesien nie een van hulle twee enige besigheidsondervinding gehad het nie.
Dit was egter ‘n nuwe uitdaging, waarvoor hul kans gesien het en was dus bereid om te leer.
Elizabeth (Libba) noem dat dit ook ‘n seën is dat hulle twee mekaar so goed aanvul.
Terwyl Theresa fokus op bemarking, fokus sy op die produksie, en elke dag leer hulle iets nuuts by mekaar.
Die susters spreek ook dankbaarheid uit oor die merkwaardige groep mense wat vir hulle werk.
Tans word skoolklere gemaak op aanvraag deur ouers en sluit dit meeste van die plaaslike skole in, maar hulle het ook onlangs ‘n kontrak los geslaan met ‘n skool in Darling.
Die dames is trots wanneer met verwysing na skoolklere dit alles vanaf rokke, sweetpakke, blazers tot en met reënbaadjies insluit.
En alhoewel skoolklere hulle primêre fokus is, is hul nie tot dit gebonde, en het hulle reeds vir ‘n hele paar plaaslike besighede items gemaak.
Elizabeth noem dat kwaliteit vir hulle uiters belangrik is, sowel as bekostigbaarheid.
Die doel is om kliënte tegemoet te kom, veral gedurende hierdie uiters moeilike ekonomiese tydperk.
Daar is nog baie ruimte vir groei, maar vir eers vat hulle dit net een tree op ‘n slag.
Vir enige navrae kan hulle vir Theresa Beukes of Elizabeth Goemas onderskeidelik kontak by 073 140 0440 of 074 658 5155.

Betrekkings

Middelpos receives funding

With much excitement, the Greenhands Community Food Garden project in Stompneus Bay on the West Coast and Middelpos Farm near Malmesbury received the news that the Western Cape Government will be funding their respective projects in this current financial year.
Petronella Ponie of the Greenhands Community Food Garden Project says that the project will provide Stompneus Bay with an affordable, nutritious and sustainable food source.
Ponie says: “It has been hard work to get the garden established. Our volunteers are mostly women. They have been fantastic. Through their hard work, we have been able to plant our first vegetables and take the first step towards food security.”
Minister Meyer, who handed over seedlings, and gardening equipment to the project, said:
“This partnership between the Western Cape Government and the community of Stompneus Bay improves access to nutritious food and improved food security. In addition, the Greenhands Community Food Garden Project will provide a sustainable source of food to the community.”
The grant funding provides for irrigation, fencing, water tanks, garden tools and production inputs such as seedlings, fertilizer compost and a container for storage purposes.
The Middelpos Farm is 60ha in size and has 13 families who are the direct beneficiaries of the produce on this farm.
Current farming activities include olives, Shiraz grapes, vegetables, agro-processing, and other arts and crafts aimed at project sustainability and skills transfer.
Grant funding from the Western Cape Department of Agriculture allows for establishing an agro-processing plant, improved mechanization and production inputs for vegetables.
“Ultimately, both these projects are about providing sustainable livelihoods and dignity through agriculture to the participants,” says Meyer.

Times up for renewals

Motorists with expired vehicle discs and driving licences are warned that the grace period for renewals stops at the end of August. And, the Automobile Association (AA) warns, government has indicated that no further extensions will be considered, putting even more pressure on motorists who haven’t yet renewed these documents.
But, says the AA, while time is up for motorists to renew these documents, time is also up for government to fix the renewal system. It again calls on government to find lasting solutions to the renewal problems, noting that the failure of people to renew these documents is mainly due to the broken system they are forced to use, instead of their unwillingness to do so.
The extensions that end on 31 August cover two periods.
The first extension covers the period from 26 March to 31 May 2021 and covers the following documents which expired during that time:
Vehicle licence discs
Temporary permits
Roadworthy certificates.
The second extension covers the period 26 March 2020 to 31 December 2020 and covers the following documents which expired during that time:
Learner’s licences
Driver’s licences
Professional Driving Permits
The AA says that despite the grace periods granted for the renewal of licences and discs, many people have failed to renew these documents, through no fault of their own.
“Government acknowledges that there are problems at the Driving Licence Testing Centres (DLTCs) which renew these documents. Yet, despite this, no further extensions will be considered, meaning people are at the mercy of a broken system. These problems persist and will continue to persist until government takes a bold decision to replace ‘not repair or revamp’ the current IT systems along with increased human resources at DTLCs,” says the AA.
The AA notes that even though people have a willingness to renew their licences or discs, many are faced with excessively long queues caused by reduced staff at DLTCs, who often work with limited resources.
“We have received many emails and calls from the public complaining that computers, printers and eye machines are not working at the DLTCs. Reduced staff numbers makes the situation worse. In Gauteng the inability of many to access booking slots via the online booking system exacerbates their frustration,” says the AA.
The Association says the inability of many to renew their documents will, sadly, force many to drive with expired and invalid discs and licences because they don’t have choice.
“People need to be mobile for a number of reasons ‘work, children, emergencies. If people can’t renew their documents because the system isn’t working, they will not stop using their vehicles, they’ll use them with invalid documents. It’s as simple as that.
“We have said time and again that the current operations of the DLTCs need to be expanded, that the private sector must be roped in to assist, and that all current system across the country must be replaced. Failure to implement even one of these recommendations will result in continued poor service delivery to the motoring public,” concludes the AA.