Day: October 8, 2021

Verjaarsdag: Blydskap met 101ste vieringe

Saterdag, 2 Oktober 2021,was ‘n baie spesiale dag vir die familie van ouma Katie (Lolla) Leander.
Hierdie jonge dame het haar 101de verjaarsdag gevier en daar was groot blydskap, danksegging asook nostalgie.
Ouma Katie was verras met ‘n heerlike koek, geskenk deur Malmesbury Superspar wat spesiaal afgelewer is deur lede van die Vryheidsfront Plus.
‘n Gebed en salwing is deur pastoor Oswald van der Westhuizen gedoen, waarna almal lustig en uit volle bors vir haar gesing het.
Dogter, Myrtle Leander, noem dat ouma Katie se gesondheid goed daarna uitsien. Sy het geen onderliggende kwale soos hoë bloed of suiker nie, maar word wel geaffekteer deur uitdagings, soos beweging, wat normaal is vir iemand van hierdie ouderdom.
Vir haar kinders, kleinkinders en agter kleinkinders is dit ‘n groot voorreg asook seën om nog hierdie spesiale dag saam met ouma Katie te kan vier.