Day: October 21, 2021

Welgemeend, Lions, kyk na vrede

Die leerders van Welgemeend Primêr buite Malmesbury het onlangs hul kreatiwiteit vrye teuels gegee toe hulle aan die Malmesbury Lions se Vredesplakkaat-projek deelgeneem het. Die leerders het die opdrag gekry om hul idee van vrede uit te beeld. Diegene wat ‘n eerste, tweede en derde plekke behaal het in hul ouderdomskategorieë het elk ‘n kontantprys, geborg deur die plaaslike Lions-klub, asook ‘n anonieme weldoener, ontvang. Fondse is ook bekom deur ‘n tweedehandse televisiestel wat aan die klub geskenk is, te verkoop. Onder is Ruwhan Erentze, die wenner in die Graad 4 tot 7-afdeling, saam met Lion Marina van der Merwe.

Betrekkings

Renjaer

Eudrich Huysamen van Malmesbury het die naweek weer ‘n eerste plek in die 300cc-klas in die Swartland Oval Karting se wedrenne behaal. By hom is sy jongste onderstener, Chris-J (3). Die klub se volgende wedren vind op 30 Oktober plaas en toeskouers is weer welkom volgens die nuwe inperkingsmaatreëls.

Sersant Henry du Randt oor boelie-dedrag en geslagsgebasseerde geweld

Sersant Henry du Randt van die Malmesbury Polisiekantoor het onlangs die jeug van die Jeria Jeugsentrum ingelig oor boelie-gedrag en geslagsgebasseerde geweld. Hy het die jeug gemotiveer om hul skoolloopbane te voltooi en nie by kriminele aktiwiteite betrokke te raak nie.

Phillips oogkundiges reeds 76 jaar tot u diens

Riebeekvallei & Swartland nou ‘n gesogte verkopersmark

Daar is goeie nuus vir huiseienaars in die Riebeekvallei en ander omliggende dorpe wat daarin belangstel om hul eiendomme in die mark te sit. Volgens Damian Krige en Radie Brand van Wykland Riebeek-Kasteel is hierdie streek beslis tans ‘n verkopersmark.
“In die byna 32 jaar wat ek in die eiendomsmark betrokke is as agent het ons ervaring van ‘n verskeidenheid probleme wat kom en gaan. Dink maar aan die laat-tagtigs toe rentekoerse tot oor die 20% gestyg het. Hoë rentekoerse veroorsaak dat sommige eienaars verplig word om te verkoop. Tans ervaar ons ervaar ons egter die mark as positief vir beide kopers en verkopers,” verduidelik Radie Brand.
“Die rentekoers is op die oomblik redelik laag, wat help dat verbande meer geredelik beskikbaar is, veral ook vir eerste kopers. Baie van die huidige kopers wat ons bedien is egter persone wat reeds ‘n eiendom besit, en kies om dit te verkoop om eerder in die pragtige Riebeekvallei te kom vestig.”
Volgens beide Radie en Damian het COVID-19 ook ‘n groot impak gehad op die populariteit van die Swartland-streek as geheel, en Riebeek-Kasteel in spesifiek.
“Die tuiswerk-tendens wat sterker posgevat het tydens COVID-19 en die moderne tegnologie wat dit moontlik maak om oor ‘n afstand te werk gee mense meer opsies. Maar selfs al moet mense gereeld ry terwille van werksgeleenthede tel die goeie paaie in ons omtrek steeds in hul guns,” verduidelik Radie.
Damian Krige is dit eens dat die mark bykans handomkeer verander het na afloop van die COVID-19-grendeltydperk.
“Riebeek Kasteel en in die Swartland-area het baie goed begin doen in die afgelope 5 jaar met al die ontwikkelinge wat plaasvind in die omgewing. Dit het ‘n baie invloed gehad op die mark, en oorgespoel na die vallei en al langs die kus op,” verduidelik hy.
“Voor die COVID-19-pandemie in die prentjie gekom het, was Riebeek-Kasteel en die Swartland-area beslis ‘n kopersmark. Mense in stede en ander digbewoonde areas het egter in die grendeltydperk weereens besef hoe belangrik hul persoonlike ruimte is en hoe nou dit gekoppel is aan hul lewenskwaliteit. Daarom het baie individue en families wat miskien nie van te vore in die Swartland-omtrek sou kyk na woonplek nie, na die ergste van die grendeltydperk verby begin om huise hier te besigtig.
“Van die nuwe huiseienaars van wat nou op Malmesbury en Riebeek-Kasteel bly het dit moontlik gevind om hul finansiële posisie presies dieselfde te hou van waar hulle in stede soos Kaapstad en Johannesburg verkoop het en gekies het om in hierdie rigting te trek sodat hulle die stadiger, meer landelike leefstyl kan geniet maar steeds kan aangaan met hul werk soos van te vore.
“Dinge is beslis stiller hierso, en daar is meer beweegruimte, skoner lug en beter water – dit alles het ‘n baie goeie impak op die mark gehad.”
Lees in ‘n komende uitgawe meer oor hoe die deursnee-koper in hierdie areas oor die afgelope tyd verander het, en hoe die beperkte bouruimte in dorpies soos Riebeek-Kasteel bydra tot die positiewe ontwikkeling van gemeenskap en omgewing as geheel.
Indien jy intussen belangstel om jou eiendom op Riebeek-Kasteel of die res van die streek in die mark te sit, tree gerus in kontak met Wykland Riebeek-Kasteel op info@wyklandproperties.com of 022 448 1232. – Anna-Bet Stemmet

Big dreams for Lil Mo the dancer

At the age of 6, Moheigurn Cleophas, hurt his right leg so badly in a freak accident, that there was no hope of him regaining the use of it again.


After multiple operations and months in hospital the doctors could repair most of the damage, but believed that he would always walk with a limp.
His parents, Morné and Shireen Cleophas were just happy that he didn’t lose the use of his leg completely.
His mom shares that when they finally removed the cast it was with great anticipation as well as anxiety, because they were prepared for the worst.
It was a great relief though when it seemed that there was no problem with his mobility, but an even greater relief, as well as a shock, when Moheigurn actually started dancing right there, after the doctor removed the cast.
Shireen smiles as she shares this and mentions that he hasn’t stopped dancing since.
‘Little Mo’, as he calls himself, clearly has dancing in his blood. Now age 12, he has taught himself everything he knows, through watching dance videos.
He shyly admits though, that it would be really awesome, if he could get formal training or some form of mentorship in the art of dance.
When asked to show off his dance moves, he lacks no confidence and it is this confidence and dedication that caught the eye of musician and recording artist, Omarion.
Originally from Swaziland, Omarion has been in the music industry since 2007 and studied music at school in Zambia.
He has already collaborated with various artists and this is the fifth music video he has recorded under his record label ‘Masive Music’.
It is evident that Omarion has a strong work ethic and he stresses the importance of education.
He mentions that he plans on featuring Moheigurn regularly in his videos, but also points out that Moheigurn’s first priority, at this moment, is to focus on his schoolwork.
This said, it is quite clear that ‘Little Mo’ has big dreams and with his natural dance ability the sky will definitely be the limit.
The music video, ‘Day by Day’, will officially be released on the 25th of October 2021 on social media platforms.

Beplan vir suksesvolle studietyd

  1. Organiseer jou werksarea
    Wanneer jy ‘n georganiseerde werksarea het, is dit makliker om gefokus te bly terwyl jy studeer.
    Neem die tyd om jou lessenaar te organiseer deur jou notas en skryfbehoeftes prakties op te stel. Dit is ook belangrik om seker te maak dat jy ‘n werksarea kies waar jy regop kan sit.
  2. Maak ‘n studie-skedule
    As jy gebruik maak van ‘n studie-skedule sal dit jou help om seker te maak dat jy nie alles hoef te studeer oomblikke voor ‘n eksamen nie.
    Wees realisties rakende die hoeveelheid tyd wat jy vir jouself allokeer. As jy ‘n skedule maak vir elke module, sal jy agterkom wat jou studie-vaardighede is en so sal dit al hoe makliker raak om te besluit hoeveel tyd jy vir elke vak uiteen moet sit.Dit is nie ideaal om ‘n deel van een vak en dan ‘n deel van ‘n ander te studeer nie, sit eerder ‘n dag uit vir elke vak sover jy kan.
  3. Verhoed Uitstelling
    Dit is baie maklik om een keer iets uit te stel en dan die werk te laat ophoop wanneer dit makliker raak as om op te vang. Gelukkig is daar talle maniere om dit te verhoed:
    Klein doelwitte: Maak seker dat die doelwitte wat jy stel, opgebreek word in kleiner dele wat minder tyd neem om te voltooi.
    Gereelde breke: As jy gereelde rustye neem, sal jy nie voel asof jy hoef te rus terwyl jy studeer nie.
    Produktiewe breke: As jy nie kan help om dinge uit te stel nie, kan jy daardie tyd spandeer op iets produktief en nie betekenisloos nie soos oefening.
  4. Bly Gesond
    ‘n Gesonde liggaam beteken ‘n gesonde verstand. Eet gesond, oefen gereeld, drink genoeg water en kry genoeg slaap sodat jy meer effektief kan studeer.
  5. Beoefen Tydsbestuur
    As jy goeie tydsbestuur kan beoefen, sal jy leer hoe om jou tyd effektief te beplan.
    Die 4 hoofidees rakende tydsbestuur is:
    Stel doelwitte elke dag.
    Voltooi jou dringendste take.
    Stel tyd-limiete vir jou take.
    Volg ‘n soortgelyke roetine elke dag.
  6. Vereenvoudig Jou Werk
    Vereenvoudigde werk is meer verstaanbaar en laat die werk minder uitdagend lyk. As jy ‘n lang hoofstuk sien met baie inligting kan dit maklik wees om entosiasme te verloor.
    Deur die werk te vereenvoudig, sal jy makliker deur moeilike werk kan kom.
  7. Begin Vroegtydig
    Dit is belangrik om vroeg voor ‘n toets of eksamen te studeer. Wanneer jy meer tyd het om te studeer, sal jy deeglik kan leer en minder spanning voel daartydens.
    ‘n Goeie reël is om ‘n studie-skedule so vinnig as moontlik op te stel sodra jy weet waaroor jy skryf en wanneer dit plaasvind.
    So kan jy lank voor jou eksamendatumms gereed wees en genoeg tyd hê om die werk te hersien. Outeur: Simoné Coetzee
    Vertaler: Karla Nortier

Doves open sy deure op Malmesbury

Die Malmesbury-tak van die Doves-groep het Vrydag hul deure na die publiek geopen, met nog ‘n tak op Moorreesburg wat kort op sy hakke is.
Doves se eerste tak is in die vroeë 80er-jare geopen in die Swartland, onder die vaandel van Goodall and Williams.
Die naam het in 2005 na Doves verander.
Weens moeilike ekonomiese tye waarin die maatskappy homself bevind het, moes hulle die moeilike besluit neem om die tak se deure hier te sluit, maar is nou terug en reg om van diens en hulp te wees.
Doves bied talle unieke pakette wat in elke kliënt se behoeftes kan en sal voorsien.
Volgens eienaar Jacques Casteling is hulle polisse ook baie bekostigbaar en dek dit die totale verassing of begrafnis.
Volgens Casteling kan jy seker wees van gehalte diens as jy aan Doves se deur klop en hanteer hulle alle kliënte op ‘n waardige manier en hanteer hulle soos familie.
Doves Malmesbury bied die volgende: begrafnisse, verassings, grafstene, polisse, repatriasie van oorskot na ander provinsies en lande, vars blommerangskikkings, programme, opgrawings asook die balsem van die oorskot.

Kontak Doves Malmesbury by 022 125 0125 of 083 231 1306 van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:30 of Saterdag van 08:00 tot 11:00 of stuur ‘n epos na malmesbury@doves.co.za.
Die Moorreesburg-tak kan gekontak word by 022 125 0132 of 083 231 1306 of stuur ‘n epos na moorreesburg@doves.co.za.

Plaaslike arts opgewonde oor Covid-inenting

Die plaaslike kinderarts, Dr Irma Kruger, is opgewonde oor die koms van ‘n entstof vir kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaar.
Hierdie groep Suid-Afrikaners kan van vandag af registreer op die aanlynnetwerk en aanmeld vir hul inenting.
“Ek moet sê dat ek regtig opgewonde is dat die tieners nou die inenting kan kry. Die afgelope tyd het ons ‘n paar tieners met COVID gehad wat lank siek was en sukkel met moegheid en sogenaamde lang COVID.”
Volgens Dr Kruger is die newe-effekte vir hierdie groep dieselfde as by volwassenes en sluit die volgende in:
• Pyn / swelling by die inspuitings area – meeste mense kry ‘n seer arm
• Hoofpyn
• Spierpyne
• Gewrigspyne
• Moegheid
• Koue koors
• Koors
• Naarheid
“Die beste is maar om ‘n koue lappie op die arm te sit en die arm te oefen. Verder is dit dan simptomatiese behandeling. Dis belangrik om na die inspuitings genoeg vloeistof in te neem. Raar newe effekte sluit in allergiese reaksies en dit is waarom ‘n mens so 15 minute na de inspuitings moet wag voordat jy kan huis toe gaan.
“In die VSA is daar gevalle gerapporteer van hartspier (miokarditis) en hartsak (pericarditis) inflammasie in seuns van 16 jaar en ouer. Ons weet nog baie min hiervan en daar word tans ondersoek hierna ingestel. Dit is belangrik dat die tieners die inenting kry, sodat die skool normaal kan voortgaan, tieners kan terugkeer na sport en ook ‘n meer sosiale lewe kan begin lei.”