Day: November 11, 2021

Meerhof ryg toekennings in

Meerhof Wynkelder het ‘n dubbelgoud vir hulle 2020 Meerhof Shiraz/Grenache Noir in vanjaar se Veritas-toekennings ontvang. Links is Jaco Brand, wynmaker van Meerhof Wynelder, by Christo Pienaar (Veritas) en Erik van Rensburg (eienaar van Meerhof Wynkelder).

Welkome hupstoot vir brandweer

‘n Vennootskap tussen Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweerdiens en Santam was ‘n welkome hupstoot vir die streek se brandweerdiens.
Veldbrande en struktuurbrande rig elke jaar miljoene rande se skade aan eiendomme, vernietig plantegroei en bedreig die lewens van mens en dier. Om die beste diens moontlik aan die gemeenskap te lewer is dit uiters belangrik om die nodige hulpbronne en strategieë in plek te hê.
Hierdie vennootskap, van meer as R700 000, sal help om meer effektief as brandweerdiens te funksioneer en sodoende die skade wat brande aanrig te verminder.
Die skenking sluit in:
• Vier staal damme wat by die onderskeie vliegvelde in die Weskus opgerig gaan word om die kapasiteit te vermeerder tydens lugsteun operasies
• Agt volledige ‘bunker suits’ vir nuutaangestelde brandweerpersoneel
• Vyf brandweerwaentjies met 1000lt tenke wat uitgeplaas gaan word in die streek by grondeienaars wat as hoë risiko areas geïdentifiseer is. Dit sal help met spoedige optrede sou daar ‘n brand ontstaan en sodoende brandskade beperk
• Bydrae tot beskermende kleredrag vir EPWP-grondspan wat gewoonlik bystand bied gedurende groot brande.
Volgens Brandweerhoof by Weskus Distriksmunisipaliteit, Bertus Senekal, is dit ‘n welkome bydrae en gaan die ekstra hulpbronne ‘n groot verskil maak in die brandweer operasies in die streek.
“Om ‘n brandweerdiens optimaal te laat funksioneer is duur en kompleks. Weskus Brandweerdiens probeer altyd om die diens wat ons aan die publiek lewer te verbeter, maar die begroting is altyd ‘n groot uitdaging en daarom is sulke vennootskappe baie belangrik vir ons” het Senekal gesê.
Weskus Brandweerdiens het goeie samewerkingsooreenkomste met die plaaslike munisipaliteite, Working on Fire, Cape Nature en die plaaslike Brand Beskermings Vereniging. Met die hulp en samewerking van die publiek kan skade wat brande inhou tot ‘n minimum beperk. Om ‘n brand te rapporteer of die brandweerdiens te ontbied skakel 022 433 8700.

Meerhof skitter weer

Die Swartland se wyne het by die afgelope Veritas-toekennings weer goed gevaar met Meerhof Kelder wat die voortou geneem het.
Blake Family Wines het ‘n silwer vir hulle 2018 Amethyst Cape Blend ontvang en brons vir hulle 2021 Chenin Blanc, 2020 Single Vineyard Malbec en hul 2020 Tourmaline.
Darling Cellars het vir hul 2020 Winemaker’s Selection Sauvignon Blanc/Chenin Blanc ‘n goue toekenning ontvang.
So ook vir hul Wildflower Hanepoot Jeripigo Sweet Dessert Wine.
Die kelder se wyne het ook talle silwer en brons medaljes ingepalm.
Groote Post Vineyards het dubbelgoud vir hul 2021 Sauvignon Blanc ontvang. Hulle het ses toekennings ontvang, onder andere twee silwer en ‘n brons.
Meerhof Wines het ‘n dubbelgoud vir hulle 2020 Meerhof Shiraz/Grenache Noir ontvang.
Hulle het ook twee uitstaande silwer toekennings ontvang, nege silwer en drie brons toekennings.

Ormond het uitgestaan met hul 2015 Ondine Cabernet Franc en hul Ondine Chenin Blanc 2010. Hulle het
ook twee silwer medaljes en ‘n brons ontvang.
Pulpit Rock het dubbelgoud vir hul Brink Family Vineyards Sauvignon Blanc 2021 ontvang.

Hulle Brink Family Vineyards Merlot 2019 het ook ‘n goue toekenning ontvang. Verder het hulle drie silwer en vier brons-toekennings ontvang. Riebeek Valley Wine Co het vir hul Riebeek Cellars Collection Shiraz 2020 ‘n uitstaande silwer ontvang.
Verder het hulle drie silwer en twee brons toekennings ontvang.

Dien:

Die House of Praise Ecclesia het Saterdag ‘n spoggeleentheid in die Malmesbury-stadsaal aangebied, waar die uitnodiging paartjies genooi het om die vlam te hervat in hul verhouding. Van die spesiale gaste wat teenwoordig was, was Jolene Martin en die sanger Karen Kortje.
Foto’s: David Howburgh

DA – Swartland

Kennisgewings – Tenders

Tips on saving fuel

With fuel prices at an all time high, it is probably a good idea to see how you can cut back on your consumption. Here are a few tips to keep in mind.

Give your car some TLC
A well-tuned engine will save a surprising amount of Fuel. And all it takes is some simple maintenance and routine servicing.

Lighten up
Every extra pound or kilo can affect your fuel efficiency. So keep your boot and back seat clear of unnecessary items that can add weight to your vehicle (e.g. golf clubs).

Are you turned on or off?
Idling gets you nowhere, but still burns fuel. As a rule, if you’re in a queue, or waiting for someone for more than 10 seconds, switch off your engine.

Easy does it
The higher gear you drive in, the lower your engine speed is, which can improve fuel efficiency. So always change up a gear whenever your car comfortably can.

Slippery customer
Opening your windows or piling bikes and boxes onto the roof can heavily impact your fuel economy by increasing the drag on the air. Driving faster will also increase the wind resistance you encounter, causing your vehicle to use more fuel.

No drain, no pain
As a rule, anything that puts a drain on the battery will put a drain on your fuel economy – like air conditioning. But worse still is a battery in poor condition. So keep a check on your battery’s health.

Timing is everything
Driving in heavy stop-start traffic is going to negatively affect fuel economy. So if you’re a commuter, avoid the rush hours when you can. You’ll really notice the improvement in fuel consumption.

Open your eyes
Think ahead when you’re driving. Slow down early at red lights, rather than stopping completely, or speed up a bit before you reach the foot of a hill. All these little things can add up to improved fuel economy.

The fuel rule
Not all fuels are the same. Better fuels burn more efficiently and can improve your fuel economy. So always choose one of high quality.

Get pumped up
Correctly inflated tyres are not only safer and last longer. But they will also reduce drag on the road, improving your overall fuel economy.

Source: www.shell.co.za

Lions Malmesbury – Grondboontjiebotter

Die Malmesbury Lionsklub het onlangs weer ‘n besending grondboontjiebotter as skenking ontvang en dit begin uitdeel onder organisasies, skole en ander instansies. Bo is Lion Marina van der Merwe en Lions-president, José Braga-Borges.

Sport – Swartland 7’s

Die Swartland se 7’s-rugbyspanne het Saterdag op Moorreesburg meegeding om die beker in die Boland Swartland-
streek 7’s-kompetisie. Die span van Wesbank Rugbyklub het as oorwinnaars uit die stryd getree. Die span
van Wesbank het teen die span van die Moorreesburg-rugbyklub in die eindstryd kragte gemeet en met 17-0 as
oorwinnaars uit die stryd getree.