Month: December 2021

Desember in die Swartland

Dis Desember in die Swartland en dit beteken warm somersdae, lang warm nagte, skoolvakansie en Kersfees. Hierdie groepie Laerskool Dirkie Uys-leerders is reg vir die langverwagte vakansie en is oorgehaal vir die feesseisoen. Hier is Henko Marais, Renesmay Green, Aiden Pedro, Calvin Maarman, Marjoleen Koch en Ivanka Vosser.
Foto: Ghida Visser

Uitblinker:

JP Truter van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het uitgeblink by vanjaar se Wes-Boland Eisteddfod. Hy het vyf medaljes ontvang en ook die trofeë as die Beste Akteur. Hy is ook die pryswenner van die hoogste punte in ‘n afdeling.

Betrekkings

Nog ‘n skoon oudit vir SM

Die Swartland Munisipaliteit het verlede week die nuus ontvang dat hulle ‘n negende skoon oudit deur die ouditeur-generaal toegeken is.
Hierdie is vir die 2020/2021 finansiële jaar.
Dit het gevolg na die maandelange oudit-proses wat deur die ouditeur-generaal se kantoor uitgevoer is en waaraan alle munisipaliteite moet voldoen en onderhewig is aan.
Volgens die munisipaliteit is hulle volgehoue prestasie in hierdie verband, bewys van hul toegewydheid aan ‘n skoon, verantwoordelike en deursigtige regering.
“Dit dien verder as bewys dat Swartland een van die bes-bestuurde munisipaliteite in Suid-Afrika is, met ‘n voortgesette toewyding aan uitnemendheid en dienslewering aan al die inwoners van die Swartland.
‘n Skoon oudit beteken nie dat ons perfek is nie. Dit is wel ‘n duidelike aanduiding dat ons begroting bestee word in die belange van die gemeenskap en dat die nie vermors word op onrealistiese planne en projekte nie. Ons streef daarna om ons diens te te verbeter en om beter te doen vir ons inwoners.”
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, het munisipale bestuurder Joggie Scholtz, asook Mark Bolton en al die personeel van die munisipaliteit bedank vir hulle volgehoue harde werk en toewyding.
Volgens Cleophas het elke persoon in die diens van die munisipaliteit bygedra tot hierdie skoon oudit en kan hulle trots wees op hulle harde werk en bydrae tot die gemeenskap van die Swartland.

De Beer reg om moue op te rol

‘n Vrou met murg in haar pype en die geloof van ‘n mosterdsaadjie … dít is ons onder burgemeester, Anet de Beer.
Sy is gebore in Durban waar ‘n groot deel van haar kinderjare afgespeel het, maar was bevoorreg om in verskeie plekke regoor Suid-Afrika te woon.
Anet het egter kom wortelskiet in Malmesbury, en woon al vir die afgelope 18 jaar hier.
As ‘n ma van drie kinders verstaan sy die uitdagings wat vroue (getroud of ongetroud) daagliks moet trotseer met die balans wat gehandhaaf moet word tussen werk, huis en hul persoonlike lewens.
Sy noem dat dit egter baie belangrik is om tyd te maak vir jou gesin.
Om jou kinders te leer om selfstandig en verantwoordelik te wees met die regte waardes, sodat hulle altyd respek vir hulself en ander sal hê.
Vroue moet onthou dat hulle sterk, passievol, vreesloos en kosbaar is.
Hulle is die drywers van verandering in hul gemeenskappe en moet dus hul stem hef en voluit leef.
Met die deursettingsvermoë en stille krag wat vroue besit kan hulle selfs dit wat onmoontlik lyk, oorkom.
Die nuwe amp wat Anet beklee het egter nie sonder harde werk en opofferings gekom nie, en een van die opofferings wat sy moes maak is tyd vir haarself.
Omdat sy die gemeenskap dien en hulle verteenwoordig moet sy ten alle tye beskikbaar wees.
Sy noem dat sy dikwels geterg word oor haar selfoon wat konstant in haar hand is.
Maar dit is belangrik om nou en dan jou batterye te herlaai, en dit doen sy wanneer sy die kans kry om bietjie weg te glip plaas toe, sodat haar siel weer kan asemhaal.
Die volgende vyf jaar as onder burgemeester gaan uitdagend wees, maar Anet was nog nooit bang om haar moue op te rol en skouer aan die wiel te sit nie.
Sy noem dat daar baie is wat sy wil aanpak en wil vermag, solank dit net ‘n positiewe impak tot gevolg sal hê.
Beloftes gaan sy nie maak nie, behalwe om te belowe dat sy altyd haar beste sal probeer.
Dus, sal sy fokus op klein goedjies wat ‘n groot verskil kan maak … daarna kan sy probeer om berge te versit.
Soos Charles Dickens gesê het: “A small key will open a heavy door…”

Karnaval:

Swartlanders het Saterdag karnaval gehou op Malmesbury en besoekers kon kies en keur tussen talle verskillende pret-items.

Sinethemba wys ondersteuning

Sinethemba op Malmesbury het verlede week ‘n staptog gehou om te help met die bewusmaking van die 16 dae van aktivisme teen die geweld teen vroue en kinders wat vanaf 25 November tot 16 Desember jaarliks gevier word. Ondersteuners en borge, asook die personeel van Sinethemba, het hieraan deelgeneem. Foto: David Howburgh

Swartland Classic vol aksie

In vanjaar se Swartland Classic wat op die Malmesbury-gholfbaan gespeel is, was die uitslae soos volg: D Ross en C Rinkwest 46, K Liebenberg en J Louw 46, J Basson en A Vlok 45. Die dag was ‘n samespel-stableford. Foto’s: David Howburgh

Why sunscreen

We’ve grown up with white stripes across our face, just because our mothers got hold of us before we stepped foot outside the door. But, there is method to this madness. Here are five reasons why sunscreen is of the utmost importance.
It Protects Your Skin from UV Rays: The depletion of the ozone layer has increased our risk of sun damage from harmful UV rays. Sunscreen blocks these rays, greatly reducing the likelihood of sunburn. Look for products like those from Goddess Garden with an SPF (Sun Protection Factor) of at least 15 (some doctors recommend nothing below 30), and use each and every day. For full body coverage you’ll want to apply about an ounce.
It Lowers Your Skin Cancer Risk: Skin cancer is the most common form of cancer in the United States. According to the Centers for Disease Control and Prevention (CDC), 71,943 people were diagnosed with melanomas of the skin in 2013, and 9,394 of these cases were fatal. By applying sunscreen each day, you cut your risk of contracting skin cancers in half.
It Prevents Premature Aging of the Skin: Sun damage from UV rays causes photoaging of the skin, which is characterized by a thick, leathery look; discoloration; and a breakdown of collagen, which contributes to lines, sagging and wrinkles. Studies show that those below age 55 who apply sunscreen regularly have 24 percent less chance of developing these signs of aging than those who don’t.
It Helps Maintain an Even Skin Tone: Sunscreen helps prevent discoloration and dark spots from sun damage, helping you maintain a smoother and more even skin tone.
Your Chances of Skin Cancer are Higher if Your Hair is Red: Scientists used to think the reason for this increased risk was due to the fair skin tone of redheads. In 2013, however, researchers discovered the MC1R gene mutation which creates red hair and fair skin. This mutation also creates a cancer causing pathway which, when exposed to UV radiation, promotes a genetic propensity towards cancer. Source: https://ehe.health/blog/always-wear-sunscreen/

Die gala is aan

Die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het verlede week hul jaarlikse swemgala aangebied. Joe Bester en Emily Liebenberg was die victor en victrix ludorum. By hulle is Aimee Liebenberg. Foto: Ghida Visser