Day: June 20, 2022

Esmé is SA se #1-agent vir Justine

Esmé van Reenen is ‘n vrou met ‘n passie vir mense, dit wat sy doen en haar produk.
Hierdie vrou met die omgee-hart, die sagte stem en goeie opinie oor almal, het haarself oortref en bewys dat sy Suid-Afrika se beste Justine-agent is.
Esmé, wat reeds die afgelope vier dekades hierdie produk op Malmesbury bemark en verkoop, is onlangs aangewys as die beste agent vir die skoonheidsreeks in Suid-Afrika.
Hiermee het sy ‘n heerlike vakansie vir haarself losgeslaan.
Sy het voorheen die nommer 2-posisie beklee, maar nie daarop gefokus om hierdie leer te klim nie.
Esmé, wat onder talle bekend is Juffrou Esmé, die naaldwerkjuffrou van Wesbank Sekondêr, vertel dat hierdie besigheid, soos talle ander, ook sy uitdagings het.
“Dit is soms senutergend as dit kom by geld invorder as die bestellings reeds gelewer is. Ek het al slapelose nagte daaroor gehad. Ek het al so baie gebid vir hulp en leiding, dat ek op ‘n stadium gedink het ek kan nou nie meer vra nie. Ek het ook my trots. Ek het mos darem ‘n vel oor my gesig.”
Esmé, wat gegrond in haar geloof die lewe aanpak, bly altyd positief en streef daarna om die beste diens aan haar kliënte te lewer en so die handelsmerk van Justine te vergroot.
“Dis vir my lekker om met mense te werk. Dis lekker om te sien hoe produkte wat ek vir hulle aanbeveel, hulle help. Of dit nou is om die plooitjies onder bedwang te bring, of om ‘n olie te gebruik wat hulle help slaap.”
Jy sal haar nooit sonder ‘n glimlag sien nie en sy sal altyd vra hoe dit gaan – haar unieke manier.
“Hoe gaan dit met jou skatjie…”

Hello Haval: Meet the Malmesbury team

West Coast College Student takes home bronze in national competition

Deidre Samantha Petersen, West Coast College Vredenburg Campus student, along with 13 other competitors from 7 of the nine provinces in South Africa took part in the WorldSkills South Africa National Competition that was held in Durban from 7-10 June 2022. Deidre showed that she is indeed a ‘torch’ to be reckoned with as she walked away with the Bronze medal, therefore claiming the third place in the welding skill. Her college colleague, Thaakirah Wilkens, took home fourth place.
Say Leon Koopman, Skills expert in the Welding Skill and lecturer at West Coast College Vredenburg Campus: “We as Team WorldSkills Western Cape and West Coast College are indeed very proud of Deidre for this wonderful honour that she has been given to be the third-best in her skill in the country and we too are happy for Thaakirah, who finished fourth.”
The two ladies took part in the Welding Skills Competition and represented the Western Cape WorldSkills Team who took home 11 medals in total. “We are proud of everyone that had the opportunity to show their skills and show that the Western Cape is indeed a Skills Force that will continue to produce skilled and qualified students and add value to the studies of our students,” says Rhazia Hamza: West Coast College Deputy Principal: Innovation and Development and Western Cape WorldSkills Committee Chair.
The WorldSkills International Competition that was scheduled to take place in China later this year has unfortunately been canceled but planning has already begun for the next provincial and national competition that will be taking place in two years.
“I will never forget this experience and would like to thank everyone for their support during the training and the competition in Durban. I have learned so much and know that this experience is something that I can take and build on in the future,” added Deidre.

CAPTION: Thaakirah Wilkens with Leon Koopman (Skills Expert) and Deidre Samantha Petersen (WorldSkills SA Welding Skill Bronze Medal Winner).

Swartland Support and Funeral Services daar om jou by te staan

By Swartland Hulp- en Begrafnisdienste groei en vernuwe hulle steeds. Hulle het onlangs uitgebrei deur nuwe voertuie tot die vloot te voeg.
Swartland Hulp- en Begrafnisdienste was die eerste in die omgewing wat die ‘verby-ry-begrafnis’
plaaslik aangebied het.
Volgens Cedric van der Westhuizen van Swartland Hulp- en Begrafnisdienste, was veranderinge broodnodig, want die onderneming se stoorfasiliteite het te klein begin raak. By die nuwe stoorfasiliteit beskik hulle oor ruimte vir 50, in pleks van die 12 wat hulle in die vorige stoorplek kon hanteer.
“Ons streef om te alle tye ‘n professionele diens aan die gemeenskap en publiek te lewer en te verbeter op kwaliteit dienslewering.
“Alle eer aan die Here, want dit is net Sy genade wat vir ons oorvloedig is. Ek glo in die Bybel wat sê dis saliger om te gee as om te ontvang.
Hoe meer ek gee en terugploeg in die gemeenskap, hoe meer seën die Here die besigheid.
“Groot dank aan al die geestelike leiers wat vir ons elke dag bid.
“Spesiale dank aan my vrou, kinders en familie vir hul onbaatsugtige ondersteuning. Baie dankie aan my personeel en naweek span vir hulle opoffering en bydrae,” aldus Van der Westhuizen.
• Besigheidsure: 8:30 tot 16:30
• 24/7 op bystand vir enige sterfgevalle
• Kantoor: 022 486 4735
• Selfoon: 072 540 6785

Malmesbury Lions samel fondse in vir liefdadigheid

Die Malmesbury Lions-klub het Vrydag ‘n fondsinsamelingsdans in die Malmesbury-stadsaal aangebied. Hierdeur het hulle fondse bekom vir hul diensprojekte op Malmesbury. Die aand is moontlik gemaak deur borgskappe deur Benita Bester, Darling Cellars, Swartland Wines, Babylons Peak, Tyremart, Pick n Pay Malmesbury, Ella Bella Salon, Tomis Abottoir, AR24, Swartland Auctioneers en 10Rand50. Die klub het deur kaartjieverkope, ‘n wyn- en vleisveiling en lootjies ongeveer R40 000 ingesamel.

Geen punt skei Lillies en Darling

Abbotsdale het Saterdag teen Darling op die Abbotsdale Sportgronde te staan gekom. Albei hierdie spanne word as groot aanspraakmakers vir die ligatitel bestempel en die toeskouers het ’n naelbyt-stryd tussen die twee spanne verwag.
Darling het goed begin met ’n vroeë strafskop deur hul losskakel Earl Lewis. Die blitsige vleuel van Darling, Hubert Cleophas, het ’n agterlyn-beweging van Abbotsdale soos ’n boek gelees, die bal onderskep en sowat 50 meter gehardloop om die besoekers se eerste drie te druk wat ook deur Lewis verdoel was. Ná nog ’n puik strafdoel deur Lewis was Darling 13 – 0 en was die druk op die tuisspan.
Alhoewel Abbotsdale baie balbesit gehad het, het baie van hulle agterlynbewegings skipbreuk gelei met Darling wat verskeie teenaanval bewegings geloods het as gevolg van hierdie ongedwonge foute van Abbotsdale.
Darling was ook baie goed op verdediging. Na volgehoue druk deur Abbotsdale, het Bertrum Gysenberg met ’n strafskop geslaag om die tuisspan se eerste punte aan te teken. Dit was uiters belangrik vir Abbotsdale om binne trefafstand te bly en Lillies se skrumskakel, Eldine Hein, is kort voor rustyd oor die doellyn om die rustydtelling 13 – 8 in die guns van Darling te maak. Na rustyd het Abbotsdale se voorspelers stelselmatig in die wedstryd gekom en dit was veral Gurshwin Swarts, slot, wat telkemaal suiwer lynstaanbal vir Abbotsdale gewen het.
Nadat Darling ’n speler vir 10 minute moes afstaan as gevolg van ’n geelkaart, het Lillies se voorspelers ’n goeie rolmaalbeweging begin en hul haker, Shelton Appolus, het oorgeval vir ’n drie om die telling 15 – 13 te maak in Abbotsdale se guns. Darling se voorspelers het glad nie terug gestaan nie en na ’n rolmaal van byna 15 meter het Darling verwoed aangeval voor Earl Lewis die verdediging geflous het om oor te duik vir ’n verdoelde drie wat die besoekers met 20 – 15 die voorsprong gegee het. Net toe dit lyk of Darling die knoop sou deurhaak, het Draigh Schieroudt die spoedvraat vleuel, Aiden Lawrence, hoek toe gestuur vir ’n drie wat Wiam Syster nie kon verdoel nie.
Dit het die tafel gedek vir 6 minute van spannende rugby met beide spanne wat duidelik nie wou bes gee vir ’n gelykop uitslag nie. Die wedstryd kon enige kant toe gaan, maar die eindtelling van 20 punte elk is ’n ware refleksie van sake. Abbotsdale se spelers, toeskouers en bestuur wens ook beterskap aan Wilton Tango wie mediese behandeling moes ontvang nadat hy en ’n spanmaat met mekaar kontak gemaak het. Wilton sterk tans goed aan. Met hierdie gelykop uitslag bly Abbotsdale egter steeds onoorwonne in die eerste rondte van die Swartland Groot Uitdaagbeker. Abbotsdale speel Saterdag weg teen Villagers Wittewater wie tans slegs een oorwinning op hul kerfstok het.
Villagers Wittewater het Saterdag op hul tuisgrond vasgeval teen ‘n oorgehaalde Good Hopes span. Dinge raak nie maklik vir die span wie sy tuiswedstryde in Piketberg speel en Saterdag behoort Abbotsdale sy wurggreep op die Swartland streek se kampioenskap te versterk deur Villagers Wittewater gemaklik met meer as 15 punte te klop.
Koringberg het Saterdag gasheer gespeel vir Moorreesburg met die buurdorpe se ondersteuners wat reeds deur die week groot gees gevang het voor die derby-wedstryd. Koringberg het van die begin af gewys dat hulle nie gaan terugstaan vir die besoekers nie en het Moorreesburg verrassend op die agtervoet geplaas. Moorreesburg kon in die eerste helfte net nie aan die gang kom nie en moes tevrede wees met ‘n enkele drie deur Emile Baron. Koringberg het Moorreesburg gedomineer met sy inklimspel en goeie hanteerwerk.
Dit was veral die voorspelers van Koringberg Andrew Smit, Jandre De Wee, Robin Jagers en Motlry Albertus wie behoorlik onder Moorreesburg ingeklim het. Hulle het die platform geskep vir die spelskeppers, Lyle Adams en Winston Lee Van Wyk, om die wedstryd te dikteer en het Moorreesburg gereeld aan die raai gehad en welverdiend teen rustyd met 20-11 te gaan water drink. Koringberg het die tweede helfte begin waar hulle die eerste helfte opgehou het en dit was veral Grant Mcdillon en Monrood Diedericks wat Moorreesburg groot kopsorge gegee het op verdediging.
Die spelers van Moorreesburg het egter hul vegterskleed aangetrek en begin terugveg. Dit was veral die plaasvervangers wat die nodige vonk verskaf het. Die Speler van die Wedstryd, Wilhelm Oktober, en Leonardo Linnert het voorlangs Koringberg begin sag maak en het elk ‘n drie gedruk en Jehann Bonn, wie tans onder die voorste driedrukkers in die Groot Uitdaagbeker is, het ook ‘n drie gaan druk om Moorreesburg weer in die wedstryd te bring.
Jehann Bonn het ook ‘n strafskop oorgeklits om Moorreesburg die voortou te gee. Moorreesburg se uithoudingsvermoë was puik en hul fiksheid en kondisionering was ten toon gestel die laaste 20 minute en Koringberg kon net nie byhou met die besoekers se tempo nie. ‘n Drie deur Heinrich Boois laat in die wedstryd het Koringberg finaal gesink en dit het ook die karakter van Moorreesburg na vore gebring en die feit dat die span kalm gebly het was die sleutel tot die 34-42 oorwinning. Moorreesburg sal dus met groot selfvertroue die komende week na Darling reis wie nog nie heeltemal op alle silinders vuur nie, maar wel hulle goed van hul taak gekwyt het teen Abbotsdale.
Die wedstryd behoort vir groot opwinding te sorg en sal ‘n titaniese stryd wees wat albei spanne sal wil wen. Met Darling tans in die vierde en Moorreesburg in vyfde plek, sal nie een van die spanne wil waag nie. Die wedstryd behoort dus naelskraap te wees met Moorreesburg wat vir ‘n groot opskudding sal sorg deur die verdedigende kampioen te klop met minder as 7 punte.

Wesbank RVK het Saterdag gasheer gespeel vir Saron RVK met die tuisspan wat steeds hard veg om sy aanspraak op die titel lewendig te hou, deur van die staanspoor te wys hulle is daar vir besigheid. Saron het nie antwoorde vir Wesbank gehad in die eerste helfte nie en puik spel deur die voorspelers van Wesbank met Nathan Solomons aan die spits het gesorg dat die agterlyn baljaar met die bal in die hand. Die terugkeer van die talentvolle Ettiene van Rooyen het nuwe vuur in Wesbank se agterlyn geblaas en hy het onmiddelik sy stempel afgedruk deur drie keer agter die pale te gaan kuier. Reduwaan April het ook ‘n groot impak gehad op die wedstryd en het met sy twee drieë sy totaal op 9 drieë gebring. Saron het goed in die tweede helfte begin en twee drieë gaan druk om die telling 32 – 20 te maak en begin hoop. Wesbank het egter Saron se stert geknoop met ‘n verdere twee drieë om die wedstryd weg van die besoekers te neem. Wesbank reis Saterdag na Koringberg en sal nie die tuisspan onderskat nie. Wesbank behoort nog hul skok nederlaag teen Koringberg te onthou en sal die tuisspan met die nodige respek aandurf.
Die tuisspan is op soek na hul eerste oorwinning en sal baie hard veg om nie die eerste rondte sonder ‘n oorwinning af te sluit nie. Wesbank is egter goed op dreef en begin kry weer ritme na n wisselvallige begin tot die liga en behoort die tuisspan te klop met minder as 10 punte.

In ander wedstryde speel Good Hopes gasheer vir Porterville en die tuisspan sal sy tuisveld voordeel goed wil gebruik om die eerste rondte op n hoë noot te wil afsluit. Good Hopes behoort Porterville met minder as 10 punte te klop. Never Despair, wie hierdie seisoen een van sy beste seisoene beleef, sal ook sy aanspraak op die titel wil lewendig hou deur Saron te klop met meer as 7 punte.
Die eerste rondte kom hierdie naweek tot ‘n einde en die spanne sal weer vir groot opwinding sorg.
• Abri Adonis

Betrekkings

Sportpark geopen

Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais het Woensdag die Malmesbury CARES oftewel die kultuur, kuns, rekreasie, opvoeding en sport-kompleks op Malmesbury geopen. Die gedeelde fasiliteit bied kinders die geleentheid om in ‘n veilige omgewing na skool aan hul sportkodes deel te neem. Hier word ook verskillende kuns en kultuur-programme aangebied.

Robert skiet amper SA-titel los

Robert Moreland van Malmesbury en eienaar van Beef and Barrel-restaurant op Malmesbury het verlede week die WP Visskietspan verteenwoordig by die SA-kampioenskappe.
Hy is op ‘n tegniese punt gediskwalifiseer op die eerste dag.
Op die tweede dag het hy sterk teruggeveg en die dag gewen. Op dag drie het hy ‘n vierde plek behaal.
Oor die algemeen het hy ‘n 16de plek behaal, met slegs twee van die drie dae se punte wat in ag geneem is.
Volgens die organiseerders se puntetelling sou Robert die kompetisie gewen het, as hy nie die eerste dag se punte moes prysgee weens ‘n tegniese fout nie.
Soos ‘n epos aan Robert vanaf Corry Versluis, organiseerder, lui:
“Ons is almal hart verskeur, veral dat as jou eerste dag se resultate getel het, sou jy die 2022 SA Visskiet-kampioen gewees het.
“Aan jou, en veral jou ondersteuners, wil ek net sê die feit dat jy, na ‘n massiewe terugslag, nog steeds gekompeteer het en baie goed vertoon het is ‘n karaktereienskap wat min mense het. Meeste mense sou moed verloor het en tou opgooi. Jy het terug gekom en nog harder kompeteer.
“Ek is ook ‘n keurder vir die SA Protea Visskiet span en daai “never give up” houding is een van die eienskappe waarvoor ons kyk in ‘n duiker.
“Dit is maklik om goed te wees as als goed gaan. Maar ons soek die duiker wat as als verkeerd loop, hulself afstof, en terugkom en veg om so goed te doen as wat hul kan. Ek kan nie help as om aan jou te dink en vergelyk met Winston Churchill ‘We will fight them on the beaches…But we will never surrender’.”
Robert het ook ‘n persoonlike beste verbeter toe hy ‘n 3kg Dagaraad uitgetrek uit!
“Ek wil net graag my waardering en dank uitspreek teenoor elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie ervaring vir my moontlik te kon maak. Dit was ‘n goeie leerskool – nie net op ‘n sportiewe vlak nie, maar ook op ‘n persoonlike vlak.”

Onderskrif: Bo: Robert Moreland van Malmesbury by die SA Visskietkampioenskappe met sy 3kg Dagaraad – ‘n nuwe persoonlike beste vir hom.