Joyce’s Angus

Joyce’s Angus

Joyce’s Angus Stoet nooi alle telers (beide stoet en kommersieel) en belangstellende partye vriendelik uit om ons Rooi en Swart Angus Bulle, asook die dragtige KommersiĆ«le Verse te kom besigtig.

Hulle is tans in hulle kwarantyn kampe en hulle aanpassings fase het begin.

Bulle en verse kan besigtig word te Wolwedans Plaas, Klipheuwel vanaf 1 Maart 2021. Indien u besoek wil afle, kontak gerus vir Willem “Worsie” Swart (072 143 6114) om u besoek te bevestig.

Ons Angus Pioniers veiling vind plaas op Donderdag 27 Mei 2021 te Blaauwberg Plaas, Melkbosstrand.
Op aanbod sal wees:

  • 20 x top kwaliteit Rooi en Swart Angus Bulle met goeie fenotipe, super genetika en uitstekende teelwaardes.
  • 20 x Rooi en Swart Kommersiele Angus Verse, bevestig om te kalf Julie en Augustus, van geregistreerde Rooi Bulle.
  • 15 x Swart KommersiĆ«le Tweejaar oue verse, geteel uit geregistreerde Bulle en gereed om te teel.
  • 40 x goed gemarmeerde, A-Graad Angus-osse, geteel uit geregistreerde Bulle.

Wanneer jy dit oorweeg om ‘n geregistreerde Bul te koop, doen jou navorsing vroegtydig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*