Category Archive : News

Gemengde welslae vir HSS met interskole

Die rugby-, hokkie- en netbalspanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, het die naweek kragte gemeet teen die spannea van Hugenote Hoërskool in die jaarlikse interskole-stryd. Hier is die uitslae:
Rugby-uitslae
14A wen 15-10
14B wen 10-7
15A verloor 25-10
15B verloor 25-5
16A verloor 29-14
16B verloor 7-0
19D wen 31-22
19C wen 15-14
19B verloor 23-14
19A verloor 20-12

Netbal-uitslae
14A verloor 3-19
14B verloor 9-18
14C gelykop 6-6
14D verloor 8-6
14E verloor 6-1
15A verloor 10-23
15B verloor 9-15
15C verloor 19-13
15D verloor 17-10
15 E verloor 4-19
15 F verloor 1-20
16A wen 18-16
16B wen 18-10
16C verloor 9-17
17A verloor 13-17
17B wen 17-9
18c verloor 8-14
Takke wen 25-13
1ste span wen 33-22

Hokkie-uitslae
Dogters:
16B verloor 0-2
16A verloor 1-3
19B wen 1-0
19A verloor 1-2
Seuns:
16B verloor 0-1
16A wen 2-1
19B verloor 0-1
19A wen 3-2

Darling Cellars kraai koning by Jongwynskou

“As een nie kan gaan nie, kan niemand gaan nie”

Die Malmesbury-trompoppies is onlangs as een van die drie beste trompoppiegroepe in die Boland aangewys.
Die jaar se laaste en grootste kompetisie is die nasionale kampioenskappe wat op 3 tot 8 Oktober in Polokwane, Limpopo, plaasvind.
Volgens Jenine Theunissen sal dit vir die groep ‘n groot voorreg wees om hieraan deel te neem, maar dat baie van die meisies nie die toer sal kan meemaak nie, weens ‘n gebrek aan befondsing.
Daarom reik die groep nou uit na die gemeenskap vir hulp.
“Dis vir ons ‘n hartroerend om die prentjie te aanskou hoe opgewonde hulle is, maar ook terselfdertyd hartseer vir die moontlikheid om nie te kan gaan nie.
“As een lid nie kan gaan nie, kan niemand gaan nie en ons het elke lid nodig om te doen wat ons moet doen. Ons vra daarom vir enige donasie, sodat ons hierdie pragtige dorp kan verteenwoordig by die nasionale byeenkoms.”
Vir meer inligting, kontak Jenine Theunissen by 067 015 2096 of malmesburymajorettes@gmail.com.

Betrekkings

Wesbank vs Proteus in derby-stryd

Die rugby- en netbalspanne van Wesbank Sekondêr op Malmesbury speel hierdie naweek hul jaarlikse derby teen die span van Proteus van Atlantis.

ONDERSKRIF: Rugby: Jowayden Fransman, Dewan Booysen, Hendrik Albertyn, Herwil Kriel, Daylin Solomons, Keanu Petro, Latino Taft, Jobin November, Mondré Samson, Clinton Haas, Gernick Filander, Renaldo Damon, Higen Swarts en Renaldo Klaasen. Voor is Cullen Kortjé, Monté Apollis, Sherman Faro – afrigter, Cornell Alexander, Keanan Solomons – afrigter, Richen Pietersen en Timothy Snell. Afwesig: Lyle Solomons, Jordan Alexander.

Netbal: Kirsty Samuels, Marshe Hayne, Corlyn Prins, Kaylin Januarie, Amy Mikkels, Wilfredene Williams en Ricky Williams.

Dirkie Uys oorrompel Jan van Riebeeck

Die spanne van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die naweek teen die spanne van Jan van Riebeeck te staan gekom in vanjaar se interskole. Dirkie Uys se eerste netbalspan het 37-39 verloor, die eerste rugbyspan het met 20-12 gewen, die seunshokkie het met 2-0 die onderspit gedelf en die eerste meisiehokkie het met 3-0 gewen.

Kleurvolle kanola

Die kanolalande is besig om in geel te verkleur en laat die Swartland-omgewing in ‘n geel baadjie. Dié streek is nou ‘n miernes van bedrywigheid, met die Hoërskool Swartland asook Dirkie Uys Hoërskool wat hierdie naweek hul jaarlikse interskole-stryd het teen onder andere Hugenote Hoërskool van Wellington en Jan van Riebeek.
Foto: Wahldo Neethling

Alta Geldenhuys staan stewig vas geanker in geloof

Alta Geldenhuys is ‘n vrou wat haar raakvat ken en staan haar man in die korporatiewe wêreld.
Alta is vandag ‘n mede-direkteur, asook korporatiewe bestuurder van Louw Diggers op Malmesbury.
Sy het haarself aangesluit by die Otto du Plessis Verplegingskollege, Tygerberg, na ‘n jaar aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sy het haar skoolloopbaan aan Paarl Gimnasium voltooi.
Sy is gebore en getoë in Franschhoek.
Alta het in 1998 vanaf Rawsonville na Malmesbury verhuis.
Voor haar pad tot by Louw Diggers gelei het, het sy in die tesourier-afdeling van die Swartland Munisipaliteit gewerk en daarna by ‘n veeartspraktyk vir ses jaar.
Hierna het sy haar by Louw Diggers aangesluit waar sy vandag ‘n anker in hierdie bekende onderneming is.
Alta bestuur die finansiële funksies van die maatskappy, sy bestuur begrotings, stel verslae saam om dan weer aan die senior bestuur te lewer.
Dit is ook haar plig om te verseker dat die maatskappy voldoen aan die nodige regulasies.
“Ná Tobie se skielike afsterwe in Maart 2021, was die uitdagings groot. Gelukkig het ons die wonderlikste span personeel, waarsonder Louw Diggers nie sou kon vooruitgaan nie. Hul welstand is belangrik, sodat ons ons bestaande en nuwe kliënte net die beste diens kan lewer.
“Sonder God se leiding en genade, kan ek nie elke oggend by die kantoor van Louw Diggers instap nie,” getuig Alta.
Alta is getroud met haar “wonderlike” man, Philip en het vier kinders in hul saamgestelde gesin.
Haar motto in die lewe is: “Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.”
Ná ‘n besige dag, probeer Alta af te skakel en net ontspan deur kosmaak en oefen.
Sy is ook nou betrokke by kerkaangeleenthede, asook die Kairos Gevangenisbediening.
“God gee my guns en genade om suksesvol te kan wees in die areas waar Hy my plaas. My vertroue is dus in Hom gesetel, vir my om suksesvol te kan wees oor die verantwoordelikhede wat aan my toevertrou is.”

Genène Homan hou haar brein vars en fiks

Genène Homan het onlangs aangesluit by die familie van Mossie Begrafnisdienste. Nie net as personeellid nie, maar as verloofde van Jacques Mostert, seun van Mossie.
Genène is ‘n Vrystaat-boorling en het twee susters. Sy het aan die Hoërskool Sarel Cilliers matrikuleer en het aan die Noordwes Universiteit BBA Rek-studeer en haar graad in 2007 voltooi.
Haar en Jacques se paadjies het gekruis en hulle het in Februarie 2021 verloof geraak. Sy en haar dogter het in Mei vanjaar na Malmesbury verhuis om by die Mostert-gesin aan te sluit.
Genène is die administratiewe klerk van Mossie Begrafnisdienste.
Sy het nog altyd daarvan gedroom om in ‘n baie besige omgewing te werk, al is haar werk nou baie rustiger as waaraan sy gewoond is.
Sy soek altyd iets om haar hande mee besig te hou.
Haar dag begin vroegoggend, as die hoenders nog slaap, sodat sy haar dogtertjie betyds by die skool kan aflaai, groet en haar werksdag begin.
Die gesegde wat by haar vassteek is “Every breath is a reminder of life”.
“Ek glo dat solank ons kan asem haal, ons dankbaar moet wees vir wie ons is en wat ons het. My lewensreis tot dusver was nie maklik nie, maar ek is dankbaar vir elke stukkie swaarkry, want dit het my gemaak en gevorm wie ek vandag is.”
Genène is gek na volwasse inkleur. Wanneer sy kans kry om te ontspan, dan neem sy ‘n boek en kleur in.
“Dit help my om binne die oomblik te bly en vir ‘n kort rukkie af te skakel. Dit help my ook om verskillende dele van my brein te gebruik, soos logika en kreatiwiteit en natuurlik hou dit my brein gesond,” vertel Genène.
Sy raai ander vroue aan om in hulself en hul vermoeë te glo.

Mossie Begrafnisdienste vier 10 jaar

Mossie Begrafnisdienste het Maandag hul tiende verjaarsdag gevier en dié begrafnisonderneming gaan steeds van krag tot krag.
Hulle pas aan, brei uit, bied nuwe dienste, maar die grondslag by dieselfde – deernis vir naasbestaandes wanneer die dood intree.
Mossie Begrafnisdienste is ‘n familie-onderneming, maar met ‘n bietjie van ‘n verskil.
Mossie en sy seun Jacques staan wel aan die stuur van sake, maar Jacques se verloofde, Genene, het onlangs by die groep aangesluit as administratiewe beampte.
Jacques se twee kinders, Melzaan en Caleb, help ook uit met takies, en Mossie se vrou, Marietjie, ondersteun die Mostert-familie in hul daaglikse bestuur van dié onderneming.
Sy oudste seun, Nico, en sy vrou Natasha, is ook op die agtergrond baie betrokke by die besigheid.
Die besigheid het ook onlangs van perseel verander, toe hulle uitgebrei en ‘n meer omvattende diens begin aanbied het. Dit het onder andere ‘n kapel ingesluit. ‘n Dekade gelede, op 31 Maart 2012, het Mostert die kantoor van Doves Malmesbury verlaat om op pensioen te gaan, maar het vier maande later op 14 Augustus 2012 sy eie onderneming, Mossie Begrafnisdienste, in Truterstraat 6 op Malmesbury begin.
Ses jaar later, ná hulle hul babaskoene ontgroei het, het die onderneming na Pleinstraat 3 geskuif – die voormalige kantore van Doves Malmesbury.
Waar hulle aanvanklik in Augustus 2012 afgeskop het met ‘n personeel van 2, het hulle uitgebrei na 3 in November van daardie jaar en op 1 Februarie 2014 het sy seun Jacques, by die onderneming aangesluit. Vandat Jacques by die onderneming is, het Mossie Begrafnisdienste ook begin om hul eie programme en boekmerkies te maak.
Jacques het ook in 2018 ‘n balsem-kursus voltooi, wat deur die NFDA aangebied is.
In 2020, met die koms van Covid-19, het die tradisionele begrafnis skielik plek gemaak vir ‘n
nuwe alternatief. Een waar minder mense die diens kon bywoon, waar familie gesoek het na ‘n kleiner perseel en waar ekstra dienste soos die beeldsending van ‘n diens, die lig gesien het.
“Ons moes met al die nuwe reëls en regulasies anders begin kyk na begrafnisse en
verassingsdienste. Daar het ‘n groot behoefte ontstaan vir ‘n perseel waar ‘n klein groepie mense kan afskeid neem. Dus was en is daar steeds ‘n behoefte vir ‘n kapel.”
‘n Kapel was nog altyd deel van Mostert se visie vir die onderneming – selfs voor die intree van die Covid19-regulasies.
Ná beplanninge, moontlikhede en skuiwe, het ‘n perseel hom voorgedoen wat ideaal geskik is om van Mostert se droom ‘n waarheid te maak.
Die perseel in Dr Euvrardstraat 21, voorheen die kerkgegou van die Coram Deo-gemeente, was beskikbaar en perfek geskik vir dit wat Mostert nog al die jare wou hê.
Mossie Begrafnisdienste verhuis dan van einde Mei 2021 na hierdie nuwe perseel, waar hulle hul bestaande en ook nuwe dienste aanbied.
Dit was nie ‘n droom wat oornag bewaarheid is nie, maar het harde en toegewyde werk gekos Mostert is dankbaar vir die ondersteuning wat hy en die onderneming vanuit die gemeenskap ontvang.
Mossie Begrafnisdienste bied die volgende dienste: Verwydering, berging, diens, programme, boekmerkies, beeldsend en vele meer.
Teen ‘n minimale koste kan ‘n maatskappy ook op die TV-skerm in die ontvangs hul onderneming adverteer en kliënte oor die hele Wes-Kaap word deur Mossie Begrafnisdienste bedien.
Hul leuse is nie verniet “Dienste met ‘n verskil” nie.