Fransman bou toep vir Malmesbury

Fransman bou toep vir Malmesbury

Garth Fransman, boorling van die Swartland en woonagtig op Malmesbury, het sy liefde vir diĆ© Swartlandse dorp, sy mense en besighede, laat posvat in ‘n toep, Malmesbury Find.
Hier word ondernemings gelys en kan inwoners alles waarna hulle soek, op hierdie toepassing vind.
“Vir baie sake-ondernemings,klein en groot, was dit ‘n hectic jaar en ‘n half gewees weens die Covid-pandemie. Ons het gesien hoe sekere besighede hul deure moes sluit weens die impak wat inperkings en die virus op hul besighede gehad het. Dit het gelei dat sommige mense hul eie besighede moes begin en om entrepreneurs te word – just to make ends-meet. Op Malmesbury was dit geen exception,” vertel Fransman.
Hy het ondervind dat baie mense nog nie weet van al die ondernemings op die dorp en die dienste wat hulle bied nie.
In ‘n poging om alle nuwe, asook bestaande besighede op Malmesbury en die Swartland aanlyn te bevorder en plaaslik te ondersteun het hy ‘n nuwe toep ontwikkel genaamd Malmesbury Find.
Die Malmesbury Find-toep maak dit baie maklik om plaaslike besighede te soek en sluit interessante aspekte soos die weersvoorspelling, spesiale aanbiedings, werksgeleenthede, asook plaaslike kennisgewings in.
Om jou besigheid se inligting op die toep gelaai te kry, is gratis.
“Met tegnologie en die lewe wat meer aanlyn raak, is hierdie ‘n reddingsboei vir baie ondernemings. So, ons wil graag teruggee aan ons gemeenskap en op hierdie manier ‘n platvorm skep vir ons plaaslike ondernemings om hulle naam daar buite te kry.”
Programmeering was nog altyd vir Fransman ‘n groot passie en hy het in 2003 aan CPUT in hierdie rigting studeer. Van daar het hy aanlyn kurssusse voltooi soos “database designing, html en web design en android app development”.
“Al die kursusse gesamentlik het my in staat gestel om die Malmesbury Find app te ontwikkel en meer belangriker, om plaaslik te ondersteun.”
Fransman het ook sy eie onderneming, Pytbyte Web and App Development PTY LTD wat plaaslike toepassings ontwikkel.
“Ons het ook die voorreg gehad om Ivy Inyambodza ‘n IT-gegradueerde van Illingulethu en Roydon Onverwacht, gradueerde in menselike hulpbronne van Abbotsdale op te lei met die databasis onderhoud en die laai van data op die databasis wat ons opgedateer hou.
“My vrou, Patricia, het ook baie gehelp om ons te inspireer en nuwe idees gegee en ook dat sy toegelaat het dat ons Saterdae werk en soms tot 03:00 op weeksdae. Ons hoop dat die Malmesbury Find app baie inwoners se fone gaan bereik om baie plaaslike besighede te ondersteun, want ek dink baie sal verbaas wees met die aantal besighede op en rondom die dorp.”
Die app kan gevind word of Google Play Store en in die nabye toekoms op iOS.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*