Dis oestyd in die Swartland
Oestyd het aangebreek en die landbouers van die omgewing is druk besig om die koring van die lande te haal. Daar is ‘n groot verwagting vir vanjaar se oes in die Wes-Kaap, met kenners wat geluide maak van ‘n rekord oesjaar wat moontlik verwag kan word.