Darling Cellars maak skoonskip by Veritas

Darling Cellars maak skoonskip by Veritas

Darling Cellars het harte vinniger laat klop toe die uitslae van die pas afgelope Veritas kompetisie bekendgemaak is.

Met twee dubbelgoue en een goue medalje, het Darling Cellars weereens bewys dat daar rekening gehou moet word met hierdie wynkelder aan die Weskus.

70 Dubbelgoue medaljes is vanjaar in die kompetisie toegeken en slegs 7 kelders is met twee dubbelgoue medaljes beloon.

Die dubbelgoud-pronkstukke is toegeken aan die Lady Ann Darling 2019, ‘n witwyn-versnit van sauvignon blanc en semillon, asook vir die Winemakers’ Selection Bukettraube 2020. Waarskynlik die eerste keer in die geskiedenis van Veritas dat ‘n bukettraube ‘n dubbelgoue medalje verower.

Bukettraube is huidig ‘n baie skaars kultivar en volgens SAWIS inligting is daar slegs 43.60 hektaar in Suid Afrika beskikbaar.

Darling Cellars is een van baie min kelders wat wel hierdie kultivar bottel.

‘n Goue medalje is toegeken aan die Gustus Shiraz 2018, terwyl die Old Bush Vines Chenin Blanc 2019 en die Gustus Sauvignon Blanc 2019 elk met ‘n uitstaande silwer medalje beloon is.

Darling Cellars ontvang ook nog ‘n verdere 6 silwer medaljes en 3 brons.

Volgens Pieter-Niel Rossouw, Darling Cellars se hoof wynmaker, is hy en sy span verheug oor dié groot eer.

“Ons weet hoe belangrik Veritas is, nie net vir ons om ons wyngehalte te meet teenoor dié van ander produsente nie, maar ook omdat dit oor en oor bewys is dat die wynverbruiker daardie Veritas-plakker as bewys van gehalte beskou.”

Die Plattergids vir 2021 se graderings is ook onlangs bekend gemaak en Darling Cellars se Old Bush Vines Cinsaut 2018 en Old Bush Vines Chenin Blanc 2019 ontvang albei 4½ sterre.

Daar is ook 8 ander wyne met 4 sterre beloon.

Darling Cellars se uitstalkas loop oor met medaljes en trofeë daar is groot dankbaarheid vir die sukses behaal in hierdie andersins moeilike jaar.

Die hele reeks wyne is te proe en te koop by Darling Cellars se proelokaal waar ligte maaltye ook bedien word.

Die wyne kan ook aanlyn bestel word by https://shop.darlingcellars.co.za

Vir meer inligting en besprekings, skakel 022 492 2276 of stuur ‘n e-pos na info@darlingcellars.co.za

Besoek ook www.darlingcellars.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*