22 295 – Rekordgetal vir ekspo

22 295 – Rekordgetal vir ekspo

Die kykNET Buite-ekspo is vanjaar met ope arms deur besoekers ontvang wat uitgehonger is vir feeste, samesyn en vars lug – dis nou duidelik as ‘n mens kyk na die getal besoekers wat die afgelope ekspo geniet het.
Vanjaar se geleentheid op die Môreson-plaas buite Malmesbury, het 22 295 mense gelok.
Dit is die meeste besoekers wat dié ekspo nog geniet het.
Volgens organiseerder Marius Opperman van Trio Events, het hulle reeds Vrydag vermoed dat daar groot getalle mense gaan opdaag, want daar was aansienlik meer besoekers die Vrydag in vergelyking met ander jare.
Die ekspo het groot aftrek geniet onder besoekers en stalletjiehouers en het weer iets vir almal gebied.
Van die jongklomp wat gedans het op die ritme van Early B tot die kleinspan wat saam met Lollos en Lettie die litte geskud het.
“Na 2 jaar van geen groot geleenthede, bied ons die eerste groot geleentheid van 2022 in die Wes Kaap aan onder baie uitdagende omstandighede, veral met betrekking tot die Covid-19 protokol waaronder ons moet werk en lok die meeste mense nog ooit na enige van ons geleenthede toe,” vertel Opperman.
Nou beweeg die Trio-span aan na die volgende kykNET Buite-ekspo in Limpopo wat by die Sondela Natuurreservaat en Spa aangebied word van 24 tot 26 Junie.

Trio Events bedank al die borge, besoekers en stalletjiehouers vir hul getroue ondersteuning waarsonder die ekspo nie die hoogtes kan bereik wat dit nou doen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*