Nuwe hospitaal vir Malmesbury

Nuwe hospitaal vir Malmesbury

Indien alles volgens plan verloop, sal die Swartland eersdaags sy eie privaathospitaal hê op Malmesbury.
Dié hospitaal van die Samaritan-groep sal oor 83 beddens beskik.
Daar is ook onlangs aanpassings gemaak, sodat nog ‘n teater tot die planne gevoeg kan word.
Dit lê nou by die Departement van Gesondheid en moet ook nog deur die Swartland Munisipaliteit goedgekeur word.
Die hospitaal se planne sluit vyf teaters, 83 beddens, intensiewe sorgeenheid, hoësorgeenheid, kraam- pediatriese eenheid, dagsaal, neonatale hoësorgeenheid en meer in.
Die Samaritan-groep staan aan die stuur van hospitale, klinieke en versorgingsoorde vir verswakte persone asook diegene met dimensie.
Dit is nog onduidelik wanneer grondwerke sal begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*