7’s toernooi reg vir aksie

7’s toernooi reg vir aksie

Dis weer tyd vir die jaarlikse Wesbank 7’s wat deur die Wesbank-rugbyklub aangebied word.
Die gewilde toernooi sal op 29 Januarie op die Wesbank-sportgronde op Malmesbury aangebied word.
Anders as in die verlede, sal die toernooi vanjaar slegs op een dag aangebied word.
Die toernooi het in die verlede oor twee dae gestrek.
Die totale prysgeld beloop R50 000, met R24 000 vir die wenner en R10 000 vir die naaswenner.
‘n Plaat- en skild-afdeling sal ook wenners oplewer. Inskrywingsgeld beloop R2000 per klub.
Vanjaar sal 24 spanne deelneem en om ten volle teen Covid19 ingeënt te wees, is ‘n vereiste vir spelers om te kan meeding.
“Covid het die klub lelik getref en daarom moes ons noodgedwonge die aantal deelnemende spanne van 60 na 24 verminder.
“Die klub het wel steeds gevoel om die standaard van die toernooi te behou en juis hierom is die inskrywingsgelde, asook prysgeld, verhoog,” aldus Eduaan Howburg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*