Adam Lategan

Adam Lategan

Met sy Bybel en kitaar kon hy berge versit

Terwyl in gesprek met sy dogter, Denielle, was dit baie duidelik dat oom Adam ‘n groot leemte gelos het.
Deur die jare het hy deur baie lewens storms gegaan, maar hy het geglo dat dit God se manier was om hom te vorm. Net soos die pottebakker die klei gevorm het.

Adam Johannes Lategan is gebore op 30 Augustus 1950 en was een van 15 kinders. ‘n Groot en hegte familie met kinkels en kabels soos enige ander familie.
‘n ‘Mense’-mens wat gelewe het vir sy kinders, familie en Godsdiens.
Deur die loop van sy lewe het hy in baie mense se lewens ‘n verskil gemaak en was hy aktief by die gemeenskap betrokke.
Een van die vele plekke wat hy dikwels besoek het was ‘The Haven’ (Nagskuiling).
Daar het hy mense bemoedig deur die woord van God met hulle te deel.
As ambagsman was hy betrokke by Lategan Bouers, maar was ook vir 24 jaar en 83 dae ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens.
Denielle vertel, met ‘n vonkel in haar oog, dat hy gehou het van aksie.
Na sy aftrede het hy dikwels, oor naweke, die familie uitgehelp by Swartland Hulp en Begrafnis Dienste.
Iets wat hy gewoonlik baie na uitgesien het. Altyd reg met ‘n grappie en advies vir dié wat dit benodig.
Die res van sy Saterdae was egter toegewy aan kinders, kleinkinders en sy kitaar.
Musiek een die mediums waardeur hy hom kon uitleef en sy boodskap kon oordra.
Laaste, maar nie die minste nie, was sy liefde vir sy gemeente in Chatsworth, waar hy sy bediening gedoen het.
Die kerk en die werk van die Here was vir hom ‘n passie, en hy was tot en met sy sterfte deel van ‘House of Praise Ecclesia’.
Verskeie insae is deur hom gelewer in die Chatsworth gemeenskap.
Die bou van ‘n nuwe kerk vir sy gemeente, een van die projekte wat hy, tot kort voor sy siekbed, nog by betrokke was.
Denielle noem dat die kerk binnekort ingehuldig gaan word.
Dit is duidelik dat, met sy goeie sin vir humor en geduld van Job, hy ‘n spesiale plek in baie mense se harte gehad het.
Die leemte wat hy laat is groot, maar so ook sy nalatenskap, en met sy God en kitaar kon hy berge versit.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*