Alta Geldenhuys staan stewig vas geanker in geloof

Alta Geldenhuys staan stewig vas geanker in geloof

Alta Geldenhuys is ‘n vrou wat haar raakvat ken en staan haar man in die korporatiewe wêreld.
Alta is vandag ‘n mede-direkteur, asook korporatiewe bestuurder van Louw Diggers op Malmesbury.
Sy het haarself aangesluit by die Otto du Plessis Verplegingskollege, Tygerberg, na ‘n jaar aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sy het haar skoolloopbaan aan Paarl Gimnasium voltooi.
Sy is gebore en getoë in Franschhoek.
Alta het in 1998 vanaf Rawsonville na Malmesbury verhuis.
Voor haar pad tot by Louw Diggers gelei het, het sy in die tesourier-afdeling van die Swartland Munisipaliteit gewerk en daarna by ‘n veeartspraktyk vir ses jaar.
Hierna het sy haar by Louw Diggers aangesluit waar sy vandag ‘n anker in hierdie bekende onderneming is.
Alta bestuur die finansiële funksies van die maatskappy, sy bestuur begrotings, stel verslae saam om dan weer aan die senior bestuur te lewer.
Dit is ook haar plig om te verseker dat die maatskappy voldoen aan die nodige regulasies.
“Ná Tobie se skielike afsterwe in Maart 2021, was die uitdagings groot. Gelukkig het ons die wonderlikste span personeel, waarsonder Louw Diggers nie sou kon vooruitgaan nie. Hul welstand is belangrik, sodat ons ons bestaande en nuwe kliënte net die beste diens kan lewer.
“Sonder God se leiding en genade, kan ek nie elke oggend by die kantoor van Louw Diggers instap nie,” getuig Alta.
Alta is getroud met haar “wonderlike” man, Philip en het vier kinders in hul saamgestelde gesin.
Haar motto in die lewe is: “Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.”
Ná ‘n besige dag, probeer Alta af te skakel en net ontspan deur kosmaak en oefen.
Sy is ook nou betrokke by kerkaangeleenthede, asook die Kairos Gevangenisbediening.
“God gee my guns en genade om suksesvol te kan wees in die areas waar Hy my plaas. My vertroue is dus in Hom gesetel, vir my om suksesvol te kan wees oor die verantwoordelikhede wat aan my toevertrou is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*