Angus Pionierveiling:
Twee bulle haal R145 000

Angus Pionierveiling:
Twee bulle haal R145 000

Die Angus Pioniersveiling van BKB Westelike Streek, is Donderdag op die plaas Blaauwberg van Seymor Currie van Joyce’s Angusse aangebied.
Altesaam 19 bulle en 29 vroulike diere is op die veiling te koop aangebied.
Vanjaar is twee bulle vir R145 000 verkoop.
Lot 8 is vir R145 000 aan RC Malherbe van Hertzogville verkoop, terwyl Lot 10 vir dieselfde bedrag aan Burger & Kie van Schweizer-Reneke verkoop is.
Die duurste Rooi Angusbul is vir R86 000 aan Pieter Groenewald van Caledon verkoop.

Die gemiddelde pryse was soos volg:
Swart Angusbulle: R72 692.31
Rooi Angusbulle: R55 333.33
Angus Oop Verse: R26 500
Dragtige Rooi Angus Vroulik: R32 875
Dragtige Swart Angus Vroulik: R33 500
Die afslaer op die dag was Carl Malherbe met ‘n 100% verkoopsyfer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*