Atletiekkliniek vir Swartlanders

Atletiekkliniek vir Swartlanders

Die jaarlikse atletiekkliniek wat by die Hoƫrskool Swartland aangebied word, word weer op 30 Januarie by die skool aangebied.
Die doel van die kliniek is om atletiek as sportsoort te bevorder en om afrigting en voorligting deur ervare, gekeurde, uitgesoekte vlak 111-afrigters te bied.
Die volgende items sal aandag geniet: Naellope, middelafstande, verspring, hoogspring, hekkies, gewigstoot, diskus en spiesgooi.
Kostes beloop R60 vir atlete en R150 vir afrigters.
Kontak Freek Stander by 084 5119 230 of Elmarie Marais 084 517 4692.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*