Beurtkrag en jou veiligheid

Beurtkrag en jou veiligheid

Jou veiligheid en beurtkrag
Beurtkrag tref Suid-Afrikaners meer gereeld die afgelope jare en dit is juis nodig om dan ekstra veiligheidsmaatreëls te tref om jouself en jou gesin en besigheid veilig te hou.
Linden Ferres van Echo Protected Services het ‘n paar veiligheidswenke met Swartland Joernaal gedeel.
Volgens Ferres het elke alarmstelsel sy eie rugsteun-battery. Dit is egter uiters belangrik om seker te maak dat jou battery nog optimaal funksioneer.
Indien die battery ouer as een jaar is, stel Ferres voor dat dit vervang moet word. Wanneer battery se lewensduur korter raak, sal die alarm nie ‘n sein uit kan stuur na jou sekuriteitmaatskappy se beheerkamer nie .
Met beurtkrag in die nag, is dit van kardinale belang om ekstra veiligheidsmaatreëls te tref.
“Eerstens, sorg altyd dat jy toegang tot lig het. Sorg dat daar by elke uitgang ‘n flits is. So ook by jou bedkassie en sorg dat jou kinders gedurende beurkrag naby jou slaapkamer slaap.
“Gee altyd aandag aan die straat se honde se blaf. Hulle reaksie sal jou ‘n aanduiding kan gee van beweging in die straat.
Is daar iets wat ek kan doen wat sal maak dat ‘n inbreker my huis sal oorsien, omdat dit vir hom net te veel na moeite lyk om by my in te breek?
Verseker. Om honde te hê is n opsie, asook ‘n goeie skoon agterplaas niks waar rondstaan wat ‘n inbreker se oog sal vang nie.”
Wat sal jy aanbeveel vir persone wat alleen woon, of waar ‘n enkel ouer saam met ‘n kind woon, om hulself te beveilig. Watter opsies van beveiliging is daar? Pepersproei? Hoe werk dit?
“Beslis pepersproei. Sluit ook aan by jou buurtwag-groepe.
“Leer kinders om altyd deure gesluit te hou en om vir niemand oop te maak nie. Belê beslis in ‘n alarmstelsel. Met ‘n noodknoppie in kinders se kamers, ook in die hoofslaapkamer. Sorg dat kinders nie vir langer aan ‘n halfuur hulle rekenaarspeeltjies speel met hul oorfone op nie. Iets kan gebeur en dan dra hy/sy geen kennis van wat in die huis aangaan nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*