Bottels vir skadu:

Bottels vir skadu:

Karien Weyers, onderwyseres by ‘Better Beginnings College’ op Malmesbury het met die idee vorendag gekom. ‘n Projek waarby almal betrokke kon raak, maar wat terselfdertyd jong leerders kon leer oor die belangrikheid van herwinning en hoe om hulle omgewing eko-vriendelik te maak.Hierdie afdak, wat uit 800 plastiek bottels bestaan, gevul met kleurvolle papier, het bykans 6 maande geneem om te voltooi. Karien noem dat daar groot opgewondenheid geheers het. Dit was vanselfsprekend, met die vooruitsig van ‘n beloning aan die klas wat die meeste bottels sou insamel. Hierdie projek word duidelik as baie spesiaal beskou, aangesien die leerders persoonlik ‘n bydra tot dit gelewer het. Dit sou natuurlik ook nie kon geskied sonder die ondersteuning en bemoediging van die ouers en dié wat die struktuur gebou en aanmekaar gesit het. Die Hoof, Elize Weyers, wil graag almal bedank wat ‘n bydrae gemaak het en is baie trots op al die leerders wat so fluks kon saamwerk.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*