Bradley trap 200km vir niere

Bradley trap 200km vir niere

‘n Jaar van vele was 2020 en vir baie ander wat dit n jaar van misnoeĆ« en ongeluk was, was dit vir my ‘n besonderse jaar.
Baie mense ken my storie en weet dat ek in 2013 gediagnoseer wees is met kroniese nierversaking wat my lewe heeltemal ontspoor het.
Ek het beslis nie opgegee nie en het aanhou veg en uiteindelik na sewe jaar op die waglys, ontvang ek ‘n nieroorplanting in November 2019.
Dit is n jaar later en ek doen baie goed en baie van dit het ek te danke aan die gemeenskap wat altyd by was en goeie ondersteuning was vir my en my gesin, maar wat die meeste gehelp het was natuurlik die fietsryery.
Ek het laat in 2018 verslaaf geraak aan die stokperdjie, want ek het aanvanklik net begin ry om my hartklop en bloeddruk te reguleer en ek sou nooit kon dink dat ek so ‘n diep liefde vir dit sou ontwikkel nie.
Dus het ek besluit om my nuwe lewe te benut ten volle en terug te gee en help waar ek kan.
Met dit genoem, beoog ek om 5 Desember 2020 200 kilometers te ry met my fiets. Dit sal my eerste dubbele honderd wees.
Hiermee wil ek fondse insamel vir die Cape Kidney Association sodat hulle kan voort gaan met hul werk om pasiƫnte met nierversaking in minder bevoorregte situasies te kan help.
Ek ry op die dag vanaf Malmesbury na Klipheuwel, daarvandaan Paarl toe verby Hermon en deur die Riebeekvallei tot Moorreesburg en terug Malmesbury toe.
Ek nooi u en vra u om in u harte te kyk en my teen R10 per kilometer te borg.
Alle fondse sal sorg dat ‘n gesin oor die Feesseisoen iets op die tafel kan sit.
Ondernemings is meer as welkom om ook ‘n paar kilometer te borg of donasies te gee.
Meer besonderhede sal volg oor die volgende twee weke.

Vir enige navrae of donasies kontak asseblief vir Bradley Arendse by 079 606 3688.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*