Build it Malmesbury vier 15 jaar

Build it Malmesbury vier 15 jaar

Build it Malmesbury vier vanjaar hulle 15de verjaarsdag.
Onder eienaarskap van Tertius Viviers het hierdie besigheid homself gevestig as een van die welbekende name in die Malmesbury-area en gaan steeds van krag tot krag.
Volgens Viviers streef Build it Malmesbury, wat deel van die SPAR-groep is, na kliënte tevredenheid deur middel van uitstekende diens, kwaliteit produkte en lae pryse so vêr moontlik.
Build it Malmesbury het op 31 Mei 2007 sy deure op Malmesbury in Abattoirstraat geopen, met slegs 14 personeellede en twee afleweringsvoertuie.
Vier jaar later, op 3 Mei 2011, het hulle na Bokomoweg verhuis wat baie meer sigbaar en toeganklik vir die mark was.
Nou, 15 jaar later, het Build it Malmesbury ‘n personeelspan van 42 en beskik oor verskeie afleweringsvoertuie – klein, medium en groot, om aan hul kliënte se afleweringsbehoeftes te voldoen.
By Build it Malmesbury sal jy ‘n volledige reeks boumateriaal en hardeware vind. As jy opsoek is na ‘n unieke item, of een wat nie groot aanvraag geniet nie, kan jy steeds by Build it Malmesbury aanklop. Jou item sal gevind, bestel en afgelewer word, in meeste gevalle sommer in ‘n dag of twee.
Nie net is hulle ‘n boumateriaal- en hardeware-verskaffer nie, jy kan ook aanklop vir dienste soos bouplan-ontleding asook finansiering verskaf deur Real People Persoonlike Lenings.
Hierdie gewilde eenstop-diensverskaffer het die afgelope 15 jaar talle pryse losgeslaan. Dit getuig van hulle hoë standaarde, kliënte tevredenheid en hulle goeie diens. Build it Malmesbury het al verskeie jare die Ladder-of-Success-pryse verower. Dit sluit ses eerste pryse in, asook ‘n tweede en ‘n derde plek. Die gesogte eersteprys word jaarliks toegeken aan die top 15 Build it-winkels landswyd.
Hulle moet aan ‘n verskeidenheid van standaarde voldoen, soos deur die SPAR-groep bepaal. In 2021 het Build it Malmesbury die prys ontvang as “Regional-store-of-the-year” vir die Wes-Kaap/Namibië-streek wat uit 67 takke bestaan.
Die besigheid is ook voorheen deur die Malmesbury Sakekamer aangewys as Diensverskaffer van die Jaar en het ook verskeie kere in dieselfde kompetisie tweede en derde plekke behaal.
Die pandemie was vir Build it Malmesbury, soos baie ander besighede, ook ‘n groot terugslag.
Gelukkig is hulle in ‘n besigheidsektor wat sorteer onder vlak 4 en het die inperking hulle gelukkig net vir vyf weke geraak tot 1 Mei 2020 toe hul weer met besigheid kon voortgaan. Build it Malmesbury is trots om deel te wees van ‘n groep wat vir die afgelope drie jaar beklee is met die nommer 1 posisie as grootste bouhandelgroep in Suid-Afrika.
Build it Malmesbury sien daarna uit om in die toekoms verder tot die gemeenskap se diens te wees en bedank ook al hul kliënte vir hul lojale ondersteuning. Hulle is ook besig, onder leiding van Viviers en sy span, met die oprigting van ‘n nuwe Build it-tak op Yzerfontein en beoog om hul deure in Oktober vanjaar te open.
Besoek Build it Malmesbury in Bokomoweg 55 (oorkant JB’s Nissan), Maandae tot Vrydae vanaf 07:30 tot 17:00 asook Saterdae 08:00 tot 13:00 of kontak hulle by 022 482 1345 of stuur ‘n e-pos aan mburybuildit1@telkomsa.net.
Build it Malmesbury nooi u uit om gebruik te maak van hulle spesiale verjaarsdagpromosie wat geldig is vanaf 25 Mei tot 8 Junie 2022.
Kom loer in vir groot winskopies, verrassings en pryse om te wen op Saterdag 4 Junie 2022 waar hulle, hulle 15de verjaarsdag met baie pret gaan vier!

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*