Bul vir R90 000 verkoop

Bul vir R90 000 verkoop

Met die afgelope Joyce’s Angus-stoetveiling is 20 bulle, 21 dragtige verse, 15 oop verse en 40 slagosse opgeveil.
Altesaam 42 geregistreerde deelnemers het gebie om die hoogste bod.
Vir die swart bulle was die gemiddelde prys R49 000, vir die rooi bulle R40 250, dragtige verse R22 786 en vir die oop verse R15 450.
Die swart bul wat die hoogste prys behaal het, was Joyce’s Bissie DuP, wat gekoop is deur Albert Enslin van Kroonstad vir R90 000.
In die afdeling van die rooi bulle, in Lot 4, was dit Joyce’s Ben Ten wat gekoop is deur Philip Grobler van Tulbagh vir R48 000, asook lot 8, Joyce’s Cash Is King ET, gekoop deur Danie Louw van Eensgezind vir R48 000.
Die duurste lot verse was lot 21 wat deur Paul Hugo vir R25 500 gekoop is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*