CK-rolbalspan klou aan hul tweede plek in liga

CK-rolbalspan klou aan hul tweede plek in liga

Wat ‘n groot wen moes wees raak toe ‘n verlore kans om die voorlopers te word.
Gordonbaai se manrolbalspan kom onderstreep net hoekom hulle die toon aangee in hulle afdeling van die WP Vlag-kompetisie.
Ter versagting is die feit dat Rainier van Zyl ongelukkig moes onttrek weens ongesteldheid en Jehan van Niekerk nie beskikbaar was nie.
Dit het ongelukkig ‘n invloed op die ritme binne span verband as gereeld veranderinge aangebring moet word.
Die span van Daniël Griebenauw, Marius Huysamen, Lodewyk Lesch en SG Basson verloor die eerste stel 5-7, maar byt die stang goed vas om die tweede gemaklik 6-2 te wen.
In die derde stel loop niks reg nie en is die enigste ligpunt die 2 skote wat hulle op die laaste skof optel om met 2-13 afgestof te word. Hulle verloor dus 13-22 en kry 1 punt vir die stel wat hulle gewen het.
Roux Vermeulen, Brian Howell en Paul Rossouw wat sy eerste proesel Vlag-liga van die seisoen beleef, en Jeff Petersen loop op ‘n stadium 19-12 voor, ná hulle die eerste stel 5-7 verloor na ‘n swak begin deur 4 skote op die eerste skof af te staan.
In die tweede pas hulle goeie druk toe en wen 11-5 net om in die laaste stel 5-9 te verloor en sodoende met 21 elk gelykop te speel vir 2 punte op die punteleer.
Dit danksy Roux wat met die laaste bal die opponente se partytjie bederf deur die skoot te kry. Die 3 punte hou Malmesbury nog in die tweede posisie met 2 spanne wat 5 punte agter hulle lê en die span in 5de plek 6 punte agter.
Saterdag reis hulle na Durbanville vir hulle laaste wedstryd met ‘n loslootjie in die laaste rondte.
Dit gaan weer ‘n groot uitdaging wees met Daniël wat nie beskikbaar is nie.
Die span in die WP Driespel het hulle 2de wen vir die seisoen behaal toe hulle vir WP Krieketklub in hulle agterplaas gaan pak gee, deur 9-3 te wen.
Deon Bosch, Tia Petersen en Kobus Vermeulen wat sy debuut vir Malmesbury maak, maak skoonskip deur al drie stelle te wen met 5-2, 5-2 en 9-5.
Altus Myburgh, Henfré Brand en Zelda Jordaan het ‘n swak begin deur 1-10 deur die eerste stel te swoeg, maar hou kop en wen die ander twee stelle 7-3 en 9-5 om naelskraap 17-18 te verloor.
Die hartseer van die wedstryd was toe 17-14 op die laaste kop 17-18 word, met Altus-hulle wat 9-1 voor was.
Die eindtelling dus ‘n verdienstelike 36-27.
Saterdag speel hierdie span weg teen Bergvliet.
Nes die vorige naweek kom die son toe Sondag op met Roux en Lodewyk wat Meadowridge toe reis om verder hulle staal in die WP Pare te gaan wys. In ‘n taai stryd klop hulle ‘n span van Edgemead 24-21 op die laaste nippertjie, na die telling 21 elk na 20 skofte was.
Maar dit het nie aan drama ontbreek nie.
Na 5 skofte loop hulle 12-0 voor, na 13 skofte 17-9, na 17 skofte 17 elk, gee toe 4 af en besef daar is moeilikheid. Maar Lodewyk kry ‘n tweede asem en plaas sy opponent onder geweldige druk wat direk daartoe lei dat hulle wen en hulle tussen die laaste 32 spanne bevind.
Maar helaas, in die volgende wedstryd word hulle neuse behoorlik in die gras gevryf deur 2 puik spelers van Mowbray, wat met 27-8 wen.

  • Roux Vermeulen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*