CK spog met SA-kampioen

CK spog met SA-kampioen

Micah Africa van Malmesbury spog nou met die titel as Suid-Afrika se o.13-200m hekkie-kampioen.
Volgens Micah het hy nooit kon droom om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te kon deelneem nie.
“My mikpunt was om by Wes-Boland te kom vir my naellope,” vertel hy.
Micah het aan talle items deelgeneem en gee toe dat sommige van hierdie baie uitdagend was.
Hy het ‘n eerste plek in al sy items behaal op plaaslike en Wes-Boland-vlak.
Met sy insluiting in die Bolandspan, het hy voortgegaan om sy oorwinnings voort te sit.
Waarin hy wel nog meer uitgeblink het, was in die 200m hekkies-item.
“Die kompetisie was baie uitdagend, maar dit was lekker.”
Micah het ‘n goue medalje in die hekkies, die 200m-aflos, en ‘n bronsmedalje in die 200m naellope ontvang.
“Dit was ongelooflik om op TV te kon hardloop.”
Micah is afgerig deur Joshua Freeman en ondersteun deur Elmarie Marais wat hom die korrekte tegniek geleer het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*