Coetzee pak Kilimanjaro vir jeug

Coetzee pak Kilimanjaro vir jeug

‘Abandoned Kids’ is ‘n nie-winsgewende organisasie wat van stapel gestuur is deur Daniel Coetzee met die doel om kinders wat verwerp is of in moeilike, en uitdagende omstandighede groot word te motiveer en aan te moedig.
Hy noem dat ons jeug dikwels die pad byster raak omdat daar geen rol modelle of positiewe invloede in hul lewens is nie.
Ons jeug is die toekoms en daar moet meer aandag asook tyd in ons jong mense belê word.
Baie jong mense word in moeilike omstandighede groot en staar dikwels hulself blind daaraan.
Hulle glo daar is geen hoop en hulp en gee dan moed op.
Coetzee noem dat met hierdie projek sal hy graag in samewerking met ander beleggers asook donateurs, daardie stigma wil verwyder.
Hy wil programme in plek sit wat kinders wat verwerp is of uit minder bevoorregte agtergronde kom sal help om ‘n positiewe en opbouende ingesteldheid te hê.
Dit kan geskied deur die ontwikkeling van hulle talente asook om te fokus op die belangrikheid van kennis.
Om hierdie projek asook die programme in plek te sit het hy natuurlik die nodige befondsing nodig.
Daniel het dus met ‘n bewusmakingstaptog begin, waar hy van dorp tot dorp stap, om mense bewus te maak van sy organisasie asook dit wat hy graag wil vermag.
Hy beoog om sy staptog in Kilimanjaro af te sluit. Sy roete kan gevolg word op https:/www.facebook.com/daniel.coetzee.5836
Mense wat belangstel en graag ‘n donasie wil maak kan met hom in aanraking kom by 078 448 2489.
-Leonita Coutts

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*