Op Malmesbury het die kleurstof behoorlik gespat in vanjaar se Colour Run ten bate van Kansa.
Ondersteuners het spanne opgemaak en mekaar behoorlik met die verfpoeierballe geklits
- alles vir ‘n goeie doel. Talle plaaslike besigheid het ook ingespring om te help en om die dag
‘n sukses te maak. Die dag het R10 000 vir Kansa ingebring.