Damvlakke

Damvlakke

Die damvlakke van die voorsieningskanaal van die Wes-Kaap het Maandag op 75.4% gestaan, in vergelyking met verlede week se 74.5% en verlede jaar dieselfde tyd se 61.4%.

Die Bergrivier se vlak het Maandag op 77.5% gestaan. Verlede week het die damvlak op 74.3% gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 72.2%.

Die Laer-Steenbras is nou 67.2% vol, in vergelyking met verlede week se 68.1% en verlede jaar se 64.3%.

Die Theewaterskloofdam het Maandag op 79.6% gestaan. Verlede week was die dam 78.6% vol en 56.8% verlede jaar op dieselfde tyd.

Die Wemmershoekdam was Maandag 74.6% vol, waar dit verlede week op 74.4% gestaan het. Verlede jaar was die dam dieselfde tyd 59.1% vol.

Die Voƫlvleidam was Maandag 68% vol. Verlede week het die dam se vlak op 68.4% gestaan en verlede jaar op 59.3%.

Bron: www.capetown.gov.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*