Discount Boards Malmesbury vier 10 jaar

Discount Boards Malmesbury vier 10 jaar

Discount Boards op Malmesbury het die afgelope dekade van krag tot krag gegaan en onder soms uitdagende omstandighede steeds bly groei.

Die winkel het in Julie 2012 begin om ‘n realiteit te word.
“Ons het ‘n mark op Malmesbury raakgesien en binne twee weke het die winkel sy deure geopen,” vertel takbestuurder Ernes van den Heever.
Van den Heever het sy tasse gepak en die pad vanaf Vredenburg na Malmesbury gevat en hom hier gevestig.
Die winkel het op 1 Augustus van daardie jaar sy deure vir die publiek geopen.
Die winkel het 10 jaar gelede in ‘n gebou van 400vkm begin.
Die winkelspasie is gehuur en die voorraad was skaars.
Vandag besit hulle ‘n gebou van 1000vkm en hou dubbel die hoeveelheid voorraad nou aan.
Discount Boards skryf hul sukses en groei toe aan die kliëntediens wat hulle lewer.
“Ons kliënte is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle sou ons maar gesukkel het,” vertel Van den Heever.
Discount Boards bied kompeterende pryse en diens van uitstaande gehalte en hier kan jy alle kasbou-benodigdhede vind.
Die hoogtepunt in die personeel se dag by die winkel is om te hoor hoe tevrede en gelukkig ‘n kliënt by die winkel uitstap.
Die winkel beskik oor 13 personeellede, 10 by die masjinerie en drie verkoopspersoneel.
Besoek gerus die winkel vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 07:30 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 12:00. Kontak hulle by 022 487 2844 of besoek hul perseel in Schoonspruitweg 33.
Stuur ook ‘n epos na ernesv@discountboards.co.za, saberiep@discountboards.co.za, wesleyv@discountboards.co.za met enige navrae.
Discount Boards nooi almal om deel van die verjaarsdagvieringe te wees op 1 Augustus. Heerlike worsrolle sal gebraai word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*