Doves open deure

Doves open deure

Doves Malmesbury en Moorreesburg is twee splinternuwe ondernemings in die Swartland wat eersdaags hul deure vir die publiek oop maak. Doves, wat ‘n ou bekende in die streek is, was vir ‘n wyle weg, maar is terug om die gemeenskap van diens te wees.

Die Malmesbury-tak open op 15 Oktober, met Moorreesburg wat kort op sy hakke volg. Konsessie-eienaar, Jacques Casteling, is opgewonde oor die uitbreiding en nuwe moontlikhede. Saam met hom aan stuur van sake is Willie de Kock.

By die Malmesbury-tak is Sharnette Pienaar (bestuurder) die vriendelike gesig wat kliƫnte begroet, met Albert Nel op ontvangs.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*