Dr Marx oor vakkeuses

Dr Marx oor vakkeuses

‘n Vraag wat met die eerste oogopslag heel eenvoudig klink, is eintlik nie so eenvoudig nie, want wanneer ons na vakkeuses kyk, moet ons in ag neem watter beroep die leerder eendag wil volg sodat hulle vakkeuses in lyn is met ‘n toekomstige beroep. Daarom raak die vraag dikwels: “In watter rigting wil my kind eendag studeer sodat hy/sy die regte vakke kies vir Graad 10 om sodoende ‘n beroep waarin hy/sy belangstel in die toekoms te kan volg?”.
Om hierdie vraag te antwoord, kyk ons in praktyk na die volgende vier faktore:
(1) Aanleg – kan beskou word as die potensiaal wat ‘n persoon het, en wat hom/haar in staat stel om ‘n spesifieke vaardigheidsvlak te bereik met ‘n gegewe hoeveelheid opleiding en/of oefening. Aanlegte, tesame met ander persoonlikheidskenmerke, soos belangstellings, houding en motivering, sowel as opleiding en onderrig, bepaal die vaardigheidsvlak.
(2) Belangstelling – Watter beroepsverwante belangstellings het my kind? Hierdie inligting word versamel, want dikwels is ‘n leerder goed in sekere vakke, maar die belangstelling is nie noodwendig daar nie. Stel dus jou kind bloot aan inligting oor verskeie beroepe en om blootstelling in die werksomgewing te kry. Daar moet ook onderskeid getref word tussen belangstellings wat die leerder as deel van hul beroep wil uitoefen, en wat as stokperdjie uitgeoefen kan word.
(3) Persoonlikheidstipe – Watter beroep sal by my kind se persoonlikheid pas
(4) Laastens, wat ek graag in my praktyk ook ondersoek, verwys na die waardes wat ‘n persoon as belangrik beskou in die keuse van ‘n toekomstige loopbaan.
Ten slotte, word ‘n beroepskeuse gemaak na ‘n intensiewe periode wat spandeer word om soveel as moontlik inligting oor die onderskeie loopbane in te win deur met mense in die loopbaan te praat, aktiwiteite by die onderskeie werkplekke waar te neem (werkskaduwee), deeltydse werk (prakties), internetinligting en die verkryging van relevante leesstof. ‘n Finale besluit moet gebaseer wees op al die betrokke faktore, en dit behels ook selfkennis.
Kontak Dr Melanie Marx (PhD), geregistreerde berader by 065 979 6686 of stuur ‘n epos na melanie@marxcounselling.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*