Ekspo in pylvak

Ekspo in pylvak

Die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap vind binnekort plaas by Môreson Plaas net buite Malmesbury van 25 tot 27 Maart 2022.
Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4×4 mark. Onthou die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.
Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aanboord met die Ford Raptor Ervaring en ook Maniac 4×4, waar die publiek GRATIS saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.
Kom ervaar ook die gewilde helikopter ritte en bekyk die Swartland uit die lug. Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs en moenie vergeet van ons Hankook kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Rooies en sy orkes, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Amoré en Early B!
Kom ry ook GRATIS saam die immergewilde ‘Mnr 4×4’ in sy VW Amarok – André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET. Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie!
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ‘n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunsteling Buffelsfontein brandewyn en nog meer. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos en Lettie verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffer vertonings.
Onthou alhoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top klas buitelewe-produk uitstallings.
Beperkte kampering is beskikbaar op terrein – stuur asb ‘n epos aan admin@moresonmalmesbury.co.za en dan kan ons puik ‘Glamping’ tente bespreek word by ryno@you2camp.com.
Dagbesoeker kaartjies is beskikbaar deur Ticketmaster by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Probeer asb aanlyn kaartjies koop deur Ticketmaster indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal!
Streng Covid-19 protokols sal in plek wees soos vereis om almal te beskerm op terrein. Dagbesoekers hoef nie ge vaksineer te wees teen Covid-19 nie en daar word ook geen negatiewe Covid-19 toetse verlang om toegang te verkry nie.
Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo.co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*