Entstowwe, maskers en teorieë oor Covid in 2021

Entstowwe, maskers en teorieë oor Covid in 2021

Wat is ’n entstof? ’n Entstof word gebruik om jou immuunstelsel te op lei om in die toekoms ’n infeksie te kan hanteer en dit te beveg.
Wat is bevolkingsimmuniteit? Bevolkingsimmuniteit word bereik wanneer baie mense ingeënt is en ’n infeksie dan sukkel om iemand te vind wat kan siek word. Wanneer ’n siekte baie vinnig kan versprei, moet meer mense ingeënt word om bevolkingsimmuniteit moontlik te maak.
Is daar ’n entstof vir COVID-19? Ja. In Suid-Afrika is die eerste twee entstowwe wat beskikbaar sal wees die Johnson & Johnson-entstof en die Pfizer/BioNTech-entstof. Ander entstowwe kan ook gebruik word soos meer bevindinge beskikbaar word. Alle entstowwe is deeglik getoets vir veiligheid.
Oor die entstof
Hoe sal die entstof gegee word? Jy sal ’n inspuiting in jou boarm kry. Sommige entstowwe het twee dosisse nodig wat ten minste drie tot vier weke uitmekaar gegee word vir die beste beskerming (bv. een inspuiting in September en nog een in Oktober). Die Johnson & Johnson-entstof word net in een dosis gegee. Is COVID-19-entstowwe veilig? Alle COVID-19-entstowwe wat gebruik word, is verskeie kere getoets om veiligheid te verseker en is spesiaal geskep om te kyk vir enige algemene neweeffekte en veiligheidskwessies, insluitend die dominante COVID-19-variant in Suid-Afrika, genaamd 501Y.V2. Hierdie toetse het mense ingesluit wat ’n hoë risiko vir COVID-19 het, maar die entstof is nog nie genoeg getoets om veiligheid in swanger vroue en kinders te verseker nie. Meer studies word uitgevoer om uit te vind of die entstowwe veilig is vir swanger vroue en kinders.
Wat is die newe-effekte? Die newe-effekte is pyn en rooiheid in die boarm waar jy ingespuit is, hoofpyn, en om siek, moeg en koorsig te voel. Dit beteken net dat jou liggaam voorberei word om die virus in die toekoms te beveg. Hierdie newe-effekte is gewoonlik erger na een dag en verdwyn binne vier tot vyf dae. Jy kan parasetamol of ’n anti-inflammatoriese middel gebruik as jy moet.
Hoe is die entstof so gou gemaak? Ondervinding met die SARS- en MERSuitbreking (albei deur koronavirusse veroorsaak), vinniger vervaardiging, befondsing vir veelvuldige proewe en reguleerders wat vinniger as voorheen beweeg, het die proses baie vinniger laat geskied. Niks is afgeskeep nie, en die proewe wat veiligheid en doeltreffendheid toets, is net so streng soos dit voorheen was vir ander.
Het ek die entstof nodig as ek al COVID-19 gehad het? Ja, jy moet steeds ingeënt word as jy reeds COVID-19 gehad het of as jy ’n positiewe teenliggaamtoets gehad het. Ons weet tot dusver dat die natuurlike immuniteit wat jy kry as jy COVID-19 gehad het dalk nie sal aanhou nie. Die inenting sal enige reaksie versterk wat jou immuunstelsel in plek stel na ’n vorige koronavirus-infeksie.
Dit is belangrik dat diegene wat wel ingeënt is teen die virus, steeds onderhewig is aan die landswette wat bepaal dat jy in die publiek ‘n masker moet dra wat jou mond en neus bedek.
Al is jy ten volle ingeënt, kan deurbraak infeksies steeds plaasvind. (Bron: westerncape.gov.za)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*