Fiks en gesond met Cathleen

Fiks en gesond met Cathleen

“Gesondheid en fiksheid is ‘n leefstyl, maar hoe bly jy positief om hierdie leefstyl ten volle uit te leef.”
So sê Malmesbury se fiksheidsguru, Cathleen Manuel.
“Ek deel graag ‘n paar belangrike wenke,wat jou daagliks kan help.
“Moet nooit jou sukses met n ander se sukses vergelyk nie. Jou liggaam is uniek en presteer teen sy eie tempo.
“Daar is nie ‘n one size fits all- metode nie. Wat vir jou vriende werk mag dalk nie vir jou werk.Leer ken eers jou liggaam,deur dit te doen sal jy verstaan wat goed is vir jou liggaam en wat nie goed is nie. Wat werk vir jou liggaam en wat nie werk nie. Dit hou jou gemotiveerd.
“Dit is jou reis. Niemand anders kan vir jou sê waar dit begin of waar dit ophou nie. Net jy kan hierdie besluite neem vir jouself.
“Wees geduldig met jouself.
“Maak seker die doel wat jy wil bereik en jou leefstyl verandering is realisties en volhoubaar.
“Wees konsekwent: Wanneer dit kom by die bereiking van jou gesondheids- en fiksheidsdoelwitte,is konsekwentheid die sleutel om in ooreenstemming te wees met die positiewe veranderinge wat jy aan jou lewenstyl maak.
“Almal wil alles in ‘n sekonde hê. Dit bring net meer spanning,mismoedigheid, negatiwiteit en dit is die groot rede hoekom die mens terugval in die ou gewoontes waarvan hulle probeer ontslae raak.
“As ons nie deur die op-en afdraandes gaan ,en onsself behoorlik opvoed op hierdie reis nie,sal ons altyd by die beginlyn vashaak,dieselfde herhaal,maklik om foute reg te stel oor en oor.
“Kyk om ‘n leefstyl te bou en nie ‘n tydelike regstelling.”
Cathleen Manuel (Fiksheid Instrukteur en Persoonlike Afrigter) Kontak nommer: 083 787 1232

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*