Genène Homan hou haar brein vars en fiks

Genène Homan hou haar brein vars en fiks

Genène Homan het onlangs aangesluit by die familie van Mossie Begrafnisdienste. Nie net as personeellid nie, maar as verloofde van Jacques Mostert, seun van Mossie.
Genène is ‘n Vrystaat-boorling en het twee susters. Sy het aan die Hoërskool Sarel Cilliers matrikuleer en het aan die Noordwes Universiteit BBA Rek-studeer en haar graad in 2007 voltooi.
Haar en Jacques se paadjies het gekruis en hulle het in Februarie 2021 verloof geraak. Sy en haar dogter het in Mei vanjaar na Malmesbury verhuis om by die Mostert-gesin aan te sluit.
Genène is die administratiewe klerk van Mossie Begrafnisdienste.
Sy het nog altyd daarvan gedroom om in ‘n baie besige omgewing te werk, al is haar werk nou baie rustiger as waaraan sy gewoond is.
Sy soek altyd iets om haar hande mee besig te hou.
Haar dag begin vroegoggend, as die hoenders nog slaap, sodat sy haar dogtertjie betyds by die skool kan aflaai, groet en haar werksdag begin.
Die gesegde wat by haar vassteek is “Every breath is a reminder of life”.
“Ek glo dat solank ons kan asem haal, ons dankbaar moet wees vir wie ons is en wat ons het. My lewensreis tot dusver was nie maklik nie, maar ek is dankbaar vir elke stukkie swaarkry, want dit het my gemaak en gevorm wie ek vandag is.”
Genène is gek na volwasse inkleur. Wanneer sy kans kry om te ontspan, dan neem sy ‘n boek en kleur in.
“Dit help my om binne die oomblik te bly en vir ‘n kort rukkie af te skakel. Dit help my ook om verskillende dele van my brein te gebruik, soos logika en kreatiwiteit en natuurlik hou dit my brein gesond,” vertel Genène.
Sy raai ander vroue aan om in hulself en hul vermoeë te glo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*