Gholf vir buurtwag

Gholf vir buurtwag

Gholf vir buurtwag: Die 2022-weergawe van die jaarlikse Rydercup-gholfuitdaag op Malmesbury, is die afgelope naweek op die lowergroen setperke van dié gholfbaan gespeel. Soos oudergewoonte het die vier spanne, Destroyers, Super Unicorns, Gardonians en Young Tigers weer sake uitgespook. Na die oggend se dubbelspel het die Destroyers die voortou geneem met die Gardonians kort op hulle hakke. Die Destroyers het egter teen die middag sterker deurgekom en in totaal 31.5 punte ingepalm om vir ‘n derde agtereernvolgende jaar die beker te wen. Die dag gaan oor meer as golf en hierdie jaar was die dag ten gunste van Brotherhood Neighborhood Watch van Malmesbury wat hard werk om die gemeenskap van Malmesbury te beveilig.

Foto’s: David Howburgh

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*