Goedgedacht palm weer toekenning in

Goedgedacht palm weer toekenning in

Vanjaar se Landbouwerker van die Jaar-kompetisie op streeksvlak was weer ‘n naelbytstryd, maar op die ou end het Sergio LaMeyer van Goedgedacht die louere ingeoes.
Altesaam 25 landbouwerkers het aan hierdie kompetisie deelgeneem.


In die algemene werker-afdeling het Matthew Pietersen van Chalala Farms as die wenner uit die stryd getree, gevolg deur Jerieve Lambrecht van Franki’s Vineyards en Herman Makiet van Môrelig in die derde plek.
In die afdeling vir trekkerdrywer van die jaar het Johannes van Schalkwyk van Wynkeldershoek die trofee ingepalm.
In die afdeling vir administratiewe personeel het Natasha du Toit van Franki’s Vineyards as wenner uit die stryd getree, gevolg deur Elsebee Faroa van Wynkeldershoek en Juanita Liedeman van Goedgedacht.
Die beste voorman is Joseph Jacobs van Slimsun, gevolg deur Hendrik Goliath van De Hoop en Benjamin Booysen van Paardebosch.
Sergio LaMeyer is die wenner van die afdeling vir junior bestuur, gevolg deur Frederick Nero van Rooidraai en Jan Heynse van Kloovenburg.
Die beste presterende plaas het gegaan aan Goedgedacht en die werknemer met die meeste potensiaal is Clifton Julies van Paardebosch.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*