Groot potensiaal vir koring en kanola

Groot potensiaal vir koring en kanola

Die  gematigde  lenteperiode  wat  die grootste gedeelte van die Wes-Kaap hierdie seisoen geniet het, is duidelik sigbaar in die opbrengspotensiaal van die oes op hande. Wat die kanola betref wil dit voorkom asof daar ongekende opbrengste gerealiseer word.
Hierdie waarneming is veral sigbaar in die droër gedeeltes van die streek (Darling, Aurora, Vredenburg) wat ‘n relatiewe kort seisoen beleef het. Aanvanklike skattings het aan die begin van die seisoen getoon dat dit ‘n gemiddelde seisoen beloof om te wees.
Alhoewel die streek baie onlangs begin stroop het en daar nog baie hektare is om geoes te word, is die aanduidings dat dit die opbrengste van 2018 vêr kan oorskry.
Dieselfde situasie geld vir die middel Swartlandstreek. Die oes van kanola het ook maar pas in aanvang geneem, maar  reeds  is dit duidelik dat goeie, moontlik rekordoeste, verwag kan word. Die koel weer wat tans beleef word kan meehelp in die rypwordingsproses en
kan voordelig wees vir opbrengs en kwaliteit.

Wat koring betref is daar nog baie min geoes, maar dit wat wel gestroop is toon dieselfde tendens as by die canola naamlik goeie opbrengste wat ‘n mens herinner  aan  die oesjare van 2016 en 2018. Sommige produsente is verstaanbaar bekommerd oor die moontlike negatiewe inpak wat reën aan die opbrengspotensiaal/kwaliteit van die oes mag doen. Die voorspellings dui egter daarop dat min indien enige reën vir die onmiddelike periode voorspel word. Die gerusstelling kan ook gegee word dat staankoring min indien enig deur vog benadeel word.
Platgesnyde koring kan egter  benadeel word indien daar genoeg reën val wat die grondvogstatus kan verhoog en wanneer daar min of geen wind is om spoedige afdroging te bewerkstellig nie.
Die hawer en kuilvoer opbrengste was hierdie seisoen duidelik in ‘n klas van hul eie met ongekende opbrengste in beide graanoes en nat massa.

1 Comment on "Groot potensiaal vir koring en kanola"

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*